Background Image
Previous Page  30 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 30 / 52 Next Page
Page Background

Januarie 2015

28

Nuwe strooptegnologie

bied voordele

D

ie Challenger-naam is lank reeds sinoniem met die ongeëwe-

naarde tegnologie en werkverrigting van dié handelsmerk

se ikoniese geel rusperbandtrekkers. Aan die stroperkant het

die Challenger-ingenieurs in Amerika tegnologie ingespan en ‘n

stroper ontwerp wat sorg vir nuwe vlakke van produktiwiteit en

ekonomie.

Challenger-stropers is ingrypend opgegradeer. Die resultaat is

die 500C-reeks, wat nuwe standaarde stel vir kapasiteit en brand-

stofdoeltreffendheid. Die hoofredes hiervoor is die herontwerpte

materiaalinlaat en dorsstelsel asook die nuwe inlynposisionering

van die AGCO Power-enjin.

Sowel die Challenger 540C (Klas 7) as die 560C (Klas 8) se graantenk

hou 12 300 liter en graan word teen ‘n blitsige 159 liter per sekonde

afgelaai – die vinnigste in die bedryf.

Een van die sleutels tot hoë werkverrigting is ‘n gladde vloei van

materiaal na die rotor. Danksy die nuwe, gesegmenteerde in-

voerdrom en herontwerpte multisone-inlaat ontvang die rotor mate-

riaal oor bykans 360 grade om opeenhopings en verstoppings te

voorkom. Dit verbeter kapasiteit asook die beheer van materiaal in

die rotor en konkaafgedeeltes.

Die nuwe enkelrotor is 3,558 m lank en het ‘n elektries-hidrouliese

losdraai- en trufunksie (

rocker and reverser

) wat uit die kajuit

beheer word. Dit het ‘n 180 grade dors- en skeidingsarea en ‘n

tweespoedratkas met rotorsnelhede van 264 rpm tot 1 235 rpm om

vir alle toestande en gewasse voorsiening te maak.

Die 500C-reeks het twaalf modulêre konkaafseksies, wat beteken

dat een persoon maklik en vinnig die individuele konkawe kan ruil.

Twee opsies – groot en klein draadkonkawe – is beskikbaar om

optimale graanskeiding te verseker.

Meer krag, minder brandstof

Die 9,8 liter, sewe-silinder AGCO Power-enjin sorg vir uitsonderlike

brandstofekonomie in vergelyking met ander Klas 7- en Klas 8-

stropers. Teen 2 100 rpm skop die enjin van die 540C en 560C ‘n

indrukwekkende 276 kW en 343 kW onderskeidelik uit. Wanneer

graan in die ry afgelaai word, kan jy staatmaak op ‘n kraghupstoot

van tot 343 kW en 374 kW onderskeidelik.

Brandstofekonomie word verder verhoog omdat die enjin met

90 grade gekantel is om dit in lyn met die rotor te plaas. As gevolg

hiervan is slegs twee aandryfbelde nodig en word die maksimum

krag aan die rotor gelewer. Die kragverlies tussen die enjin en rotor

is minder as 10%. Die enjin se inlynposisionering beteken ook dat

daar nou minder bewegende dele is wat kan slyt en mettertyd ver-

vang moet word. Dit verminder instandhouding asook staantyd.

Ook sorg dit vir ‘n goed gebalanseerde stroper wat buitenge-

woon stil loop en nie skud of vibreer soos dikwels by ander verge-

lykbare modelle die geval is nie.

Slim verkoeling

Die nuwe posisionering van die enjin maak plek vir Challenger se

V-Cool-verkoelingstelsel wat lug intrek vanaf die skoonste deel van

die stroper – sy bokant. Die V-Cool-stelsel het ‘n truwaaier waarvan

die spoed outomaties aanpas om kaf en vuilgoed weg te hou van die

inlaatskerm af.

Die “slim” V-Cool-stelsel meet die omgewingstemperatuur sowel

as die temperatuur van stroperfunksies en werk dan teen die opti-

male snelheid om die enjin behoorlik koel te hou. Dit verminder die

kragvereiste en brandstofverbruik. Omdat die verkoelingselemente

nie gestapel is soos by konvensionele verkoelers nie, word daar

ook geen kaf tussen die elemente vasgevang nie. Dit maak dit feit-

lik oorbodig om verkoelingselemente tydens die oesseisoen skoon

te maak.

Met die toenemende gewildheid van navigasiestelsels, word alle

Challenger 500C-stropers as Autoguide Ready ingevoer. Stropers

kan ook opsioneel toegerus word vir die pas van videokameras

(Video Ready). Tot vier AgCam-kameras kan aangebring word om

moeilik sigbare areas te monitor, wat bydra tot die gerief en veiligheid

van die operateur. Vierwielaandrywing en dubbelvoorwiele is ook

as opsie beskikbaar.

Vir meer inligting of vir ‘n demonstrasie, skakel mnr Robbie Hall by

082 6111 972.

PROMOSIE-ARTIKEL

ROBBIE HALL,

Barloworld Agriculture

‘n Challenger 540C-stroper wys sy

werkverrigting met die oes van koring

in die Overberg. Die 500C-reeks stroop

buitengewoon skoon – by Douglas is

besproeiingsgars met ’n opbrengs van

8 ton/ha teen slegs 0,3%-vermorsing

gestroop.