Background Image
Previous Page  27 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 27 / 52 Next Page
Page Background

25

January 2015

Die tipe kunsmis en hoeveelheid per hektaar

moet dus oordeelkundig toegedien word

om nie kunsmisbrandskade te veroorsaak

nie. In

Tabel 2

word die konsentrasie-effek

van kunsmis op verskillende rywydtes

aangedui.

Waarnemings oor die afgelope paar jare

het wel getoon dat nouer rywydtes onder

gunstige klimaat (goeie reënval) beter op-

brengste oplewer as wyer rywydtes. ‘n Ry-

wydte van 2,1 m wat met ‘n 1 m rywydte

vergelyk is, het oor ‘n driejaar-periode

van goeie reënval, tussen 1 ton/ha en

1,5 ton/ha swakker presteer, teen dieself-

de plantestand. Die verskille tussen 1,5 m en

0,9 m behoort nie so drasties te wees nie.

Gedurende die 2011-seisoen het die weste-

like saaigebiede baie hoë reënval gekry en

dit was opvallend dat die 2,1 m rye (sewe

voete) die natter toestande beter hanteer

het en dat die mielies vinniger herstel het in

vergelyking met die nouer rywydtes.

Gedurende die 2012- en 2013-seisoene

wat heelwat droeër was as 2011, het die

1,5 m rywydtes in die westelike saaigebied

op die droër gronde nie swakker gedoen

as die nouer rywydtes nie. Verminderde

bewerking het ook redelik toegeneem, met

hoofsaaklik nouer rywydtes as die voorkeur

by produsente om so gou as moontlik

stoppels/materiaal/bedekking op die grond-

oppervlakte te kry. Verder is die nouer

rywydtes onder verminderde bewerking

ook geskik vir die plant van gewasse soos

sonneblom en sojabone.

Die volgende belangrike punte moet in ag

geneemword voordat rywydteveranderings

oorweeg word:

Stoppelbestuur en behou (veral op die

sanderige watertafelgronde van die

westelike saaigebied)

Bewerking en spoorverkeerstelsel

Wisselboustelsel

Bemesting

Kultivarkeuse

Onkruid- en plaagbeheer

Kapitale koste van verandering

Opleiding van personeel om die nuwe

rywydtes te verstaan en deeglik te

bewerk

Oorweeg verandering na ander rywydtes,

maar doen dit vir die regte redes en sonder

om enige van die basiese praktyke af te

skeep.

KUNSMIS (KG/HA)

2,1 M

1,5 M

0,9 M

0,75 M

100

2,10

1,50

0,90

0,75

150

3,15

2,25

1,35

1,13

200

4,20

3,00

1,80

1,50

250

5,25

3,75

2,25

1,88

300

6,30

4,50

2,70

2,25

350

7,35

5,25

3,15

2,63

TABEL 2: KUNSMISVERSPREIDING PER 100 M IN DIE BAND (KG) OP VERSKILLENDE RYWYD-

TES (PER RY).*

* Let wel dat die tabel slegs dien as illustrasie. In praktyk kan van die peile nie toegedien word nie as gevolg van

‘n kunsmisbrandrisiko.

1: ‘n Voorbeeld waar 1,52 rywydtes teen 0,75 rywydtes getoets is gedurende die 2013/2014-seisoen.

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie