SA Grain February 2014 - page 58

Oliesade-oorsig
Markte
Februarie 2014
56
Swak rand ondersteun oliesaadpryse
en beperk winste in lang termyn
– 4 Januarie 2014
DR DIRK STRYDOM, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
In Desember verlede jaar het mnr Ben Bernanke (voorsitter van die
Amerikaanse Federale Reserwe Bank) aangekondig dat die Amerikaanse
stimulus verlaag gaan word. Dit het veroorsaak dat die dollar versterk het
wat weer die verswakking van die rand ingehou het.
Vroeg vanjaar het Bernanke ook aangekondig dat die Amerikaanse
ekonomie goeie groei toon en dat die stimulus met ‘n vinniger pas verlaag
gaan word. Dit het veroorsaak dat die rand/dollar verswak het na R10,80
vir ‘n dollar. Dit is die swakste nog in vyf jaar – dié vlak is laas in Desember
2008 gesien. Die wisselkoers het in ‘n jaar se tyd met soveel as 30%
verswak (
Grafiek 1
).
Vir kommoditeitspryse is dit ‘n goeie teken weens die feit dat ‘n swakker
rand pryse ondersteun (
Grafiek 2
en
Grafiek 3
). Die oliesaadpryse in
Suid-Afrika is relatief goed ondersteun deur die wisselkoers.
In
Tabel 1
kan gesien word dat die plaaslike pryse vir sojabone beide
maandeliks en jaarliks gestyg het. Die plaaslike sonneblomsaadpryse het
op ‘n maandelikse basis gestyg, maar op ‘n jaarlikse basis gedaal. As
gekyk word na die internasionale scenario kan gesien word dat die pryse
vir sojabone asook sonneblomsaad gedaal het.
Dit beteken dat die wisselkoers ‘n merkwaardige rol gespeel het in die
ondersteuning van plaaslike pryse. Nog faktore wat die pryse ondersteun
het, was die nuwe vraag wat geskep is vir sojabone asook die relatiewe
lae voorraad van mielies. Gewoonlik is die tendens dat mieliepryse ander
produkte ook na hoër vlakke trek.
Die wisselkoers se prysondersteuning is ‘n groot positiewe punt vir
plaaslike graanpryse, maar dit het ook ‘n negatiewe kant in die lang
termyn. Insetkoste, onder meer kunsmis- en dieselpryse, word sterk
deur die wisselkoers beïnvloed. Die twee produksie-insette maak deel
van die grootste bydraes tot insetkoste, so hoog as 30% van totale
produksiekoste.
As gekyk word na die prys koste-knyptang kan gesien word dat die
winsmarges al hoe kleiner word. In die laaste dekade was die knyptang
vir kunsmis -2,2%. Dit beteken dat die kunsmiskoste jaarliks met meer
as 2,2% gestyg het relatief tot die produsenteprys van oliesade. Die
verhouding was in die afgelope vyf jaar 8,8% (
Tabel 2
). Diesel het beweeg
vanaf 5,3% tot 4,5% dus raak die knyptang al hoe sterker.
In Tabel 2 kan gesien word dat die koste-knyptang al hoe sterker word
soos wat die wisselkoers verswak. Dit beteken dat die koste-knyptang
nog sterker gaan word weens die stygende insetkoste.
Maandelikse verandering Jaarlikse verandering
Nov 2013 - Des 2013
2012 tot 2013
Wisselkoers
3%
20%
Plaaslike pryse
Sojabone (20 gem)
8%
24%
Sonneblom (20 gem)
5%
-4%
Internasionale pryse
Sojabone VSA
1%
-4%
Sonneblom VSA
2%
-25%
TABEL 1: PRYSVERANDERING INTERNASIONAAL EN PLAASLIK.
SA Graan/
Sasol Nitro fotokompetisie
Bron: Safex
1...,48,49,50,51,52,53,54,55,56,57 59,60,61,62,63,64,65,66,67,...68
Powered by FlippingBook