51
stadium kan groot hoeveelhede anorganiese N ook deur loging verlore
gaan. Vooropgestelde bemestingsprogramme behoort daarom volgens
N-ontledings gedurende die seisoen aangepas te word.
Volgens dr Adriaanse is die manier van monsterneming, die hantering van
die monsters tot by die laboratorium en die laboratoriummetodiek van
kardinale belang om ‘n betroubare ontleding te verseker. Die voordeel
van dié benadering is dat stikstoftoedienings baie beter geoptimaliseer
kan word en die kanse vir oor- of onderbemesting daardeur drasties
verminder kan word.
Bemestingsprogramme word volgens beide sprekers bereken deur
die opbrengsmikpunt te vermenigvuldig met die stikstofverwydering.
Stikstofverwydering kan óf volgens die stikstof in die graan wees
óf volgens die stikstof in die graan plus die droëmateriaal na
gelang van die praktyk wat gevolg word. Die anorganiese stikstof
in die grond en moontlike ander N-krediete word dan van die syfer
afgetrek.
Die anorganiese stikstofinhoud verwys na die netto effek van oorge-
draagde stikstof, gemineraliseerde stikstof en toegediende stikstof
wat in die ammonium- en nitraatvorms in die grond voorkom ná
moontlike verliese. Verskillende grondtipes se stikstoflewerings-
vermoë verskil en afhangend van die vorige oes, organiese mate-
riaalinhoud, bemestingsgeskiedenis en moontlike verliese kan die
anorganiese stikstofinhoude tussen gronde betekenisvol verskil.
Dr Adriaanse het in Suid-Afrika ‘n drempelwaarde van 100 kg
anorganiese N/ha in die boonste 600 mm grond daargestel.
Hierdie waarde is ná topbemesting vir ‘n aantal uiteenlopende
lokaliteite verkry. Hiervolgens behoort die anorganiese N-inhoud
tussen 100 kg N/ha en 174 kg N/ha bestuur te word vir 90% tot
100% opbrengs.
Onder 100 kg N/ha het drastiese opbrengsverliese van meer as
80% voorgekom, terwyl die opbrengsverliese tussen 174 kg N/ha
en 559 kg N/ha nie meer as 10% was nie. Ten einde te verseker dat
die N-vlakke in die grond gedurende die seisoen nie onder 100 kg/
ha daal nie en die verkrygde opbrengs nader aan 100% is, word
aanbeveel dat N-vlakke nader aan 140 kg N/ha onder lae, en nader
aan 170 kg N/ha onder hoë produksieomstandighede, nagestreef
behoort te word.
N-toedieningspeile wat ingestel is om 100% opbrengs te bereik, is
gewoonlik baie naby aan die ekonomiese optimum. Aanbevelings
van verdere N-toedienings om hierdie drempels te bereik, moet
egter altyd ekonomies regverdigbaar wees.
Die metodes wat in die VSA en Suid-Afrika gebruik word om
stikstofvoorsiening te bestuur, stem grootliks ooreen. Die
Amerikaners het ver gevorder met die kwantifisering van faktore
wat die voorsiening van stikstof beïnvloed en kan dus die anorganiese
stikstof in die grond redelik akkuraat bereken.
Die vordering wat in Suid-Afrika gemaak is om drempelwaardes vir
anorganiese stikstof in die grond na topbemesting daar te stel en om
die anorganiese stikstof deur middel van laboratoriumontledings
te bepaal, verskaf eweneens akkurate inligting wat die bestuur van
stikstofvoorsiening kan verbeter.
Beide die referate wat tydens die Grondvrugbaarheid- en Plantvoe-
dingsimposium voorgedra is, is beskikbaar by die volgende webadres:
SA Graan/
Sasol Nitro fotokompetisie