Opbrengs
Insette/Produksie
Februarie 2014
48
TABEL 1: OPSOMMING VAN KORINGOPBRENGS BINNE VERSKILLENDE STELSELS VIR DIE TYDPERK 2001 TOT EN MET 2012 IN KG/HA.
K = KORING, C = KANOLA, L = LUPIEN, M = MEDIC, k = KLAWER.
Om die prentjie nog duideliker te maak, is die koringopbrengs van die
verskillende stelsels uitgedruk as persentasieopbrengs in vergelykingmet
monokultuur wat as basis dien (dus is monokultuuropbrengs gelyk aan
100%). In terme van dié vergelyking met monokultuur-koringproduksie
het die res van die gewasstelsels gemiddeld 22% hoër koringproduksie
gelewer op ‘n kleiner produksiearea, terwyl die weiding/gewasstelsels
gemiddeld 39% beter gevaar het op slegs 50% van die produksiearea.
Die insluiting van slegs 25% kanola binne ‘n stelsel het gemiddeld 12%
hoër koringopbrengs tot gevolg gehad. Wanneer koringproduksie ná een
jaar van kanola vergelyk word met tweede- en derdejaar-produksie, is dit
duidelik dat die eerste jaar koring ná kanolaproduksie 8% hoër was as die
tweede jaar koring ná kanola en 9% hoër as die derde jaar koring ná een
jaar kanola.
Omdat koringproduksie binne wisselboustelsels soveel hoër is as
monokultuur oor ‘n kleiner produksiearea, is dit een van die bewyse dat
wisselbou werk en voordelig is vir koringproduksie. Hierdie data is ook
vervat in ‘n opsommende bruto marge analise wat in 2012 voltooi is.
Hierdie opsomming toon ook baie duidelik dat wisselbou resultate lewer
en help om volhoubaarheid te verseker.
Tabel 1
gee ‘n opsomming van
die gemiddelde koringopbrengs oor die jare onder bespreking.
Wanneer ‘n mens na die produksie in monokultuur-koringverbouing oor
die afgelope paar jaar kyk, kan dit misleidend wees, want ten spyte van
die hoër produksie was die insetkoste van die monokultuur steeds die
hoogste van enige stelsel. Gevolglik was die bruto marge klein.
Wisselbou is van kardinale belang as een van die drie pilare van
bewaringslandbou om te verseker dat ons produksie volhoubaar is
oor tyd.
Vir meer inligting, kontak dr Johann Strauss by
of 082 907 3109.
Koringopbrengs in die Swartland
Vervolg van bladsy 47
Stelsel
2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 Gem
KKKK
2 795 2 274
1 643 3 124 3 456 3 500 2 858 2 981 2 356 2 859 3 636 2 862
CKKK
3 114 2 321
1 582 3 878 3 498 4 014 3 325 3 398 2 550 2 818 3 762 3 115
KCKK
3 234 2 495
1 658 3 493 3 934 3 977 2 708 3 221 2 757 3 373 3 777 3 148
KKCK
2 654 3 370
1 821 3 687 4 368 4 339 3 146 3 144 3 211 3 491 3 924 3 378
LCKK
3 488 2 227
2 092 3 885 3 698 3 933 5 249 3 813 3 250 3 362 4 316 3 574
KLCK
3 589 3 326
2 041 3 510 4 687 4 795 4 003 3 410 3 657 3 691 4 362 3 734
LKCK
3 447 3 374
2 269 4 024 4 432 4 102 4 692 3 762 3 343 3 402 3 839 3 699
CKLK
3 673 3 398
2 296 3 716 4 885 4 627 4 901 3 592 3 761 3 362 3 820 3 821
MCMK
3 523 3 702 1 726 2 260 3 892 4 882 4 986 2 723 4 074 3 583 3 510 4 497 3 613
MKMK
3 187 3 909 1 661 2 291 3 433 5 062 4 512 5 148 3 554 3 536 3 369 4 613 3 690
MkKMkK
3 530 3 686 1 603 2 242 3 240 4 958 4 534 5 486 3 722 3 437 3 422 4 152 3 668