‘n
Koelteboom in die hoek van die tuin waaronder niks wil groei
nie, is die ideale stoorplek vir allerhande items waaroor ons te
sentimenteel is om dit weg te gooi en dit eerder wil hou – vir
watter rede ook al en wie weet vir hoe lank.
Opgaargoed vermeerder sommer van self met tyd en voor jy iets kan
sê, verander dit in ‘n berg rommel én ‘n plek waar allerhande dinge
uitbroei en katte kleintjies kry. Die beste ding wat egter hier tussen al die
ongebruikte items kan “uitbroei”, is kreatiwiteit.
Sommige lede van ‘n egpaar sien só ‘n berg items as ‘n molshoop en glad
nie as ‘n probleem nie. Indien jy egter die ander lid van die egpaar is, is
‘n goeie wenk om stelselmatig van die items ontslae te raak sodat jou
eggenoot dit nie agterkom nie. Om van alles op een slag ontslae te raak,
gaan net op ‘n argument afstuur!
Jy kan egter ook rondkrap tussen die items en met kreatiewe oë daarna
kyk en alternatiewe gebruike daarvoor soek. Dikwels lê daar soveel
potensiaal versteek in oudhede wat weer opnuut gebruik kan word deur
nuwe lewe daaraan te gee.
Herwinning is die nuutste tendens regoor die wêreld en veral oudhede en
items met karakter, is baie gesog. Daar bestaan ‘n groot mark vir unieke,
karaktervolle items wat ‘n mens die idee gee dat dit regtig skaars is en
al van een generasie na ‘n ander oorgedra is, voor dit ‘n rusplek in jou
tuiste gekry het.
Selfs in winkels wat binnenshuise items verkoop, kan ‘n mens gou dié
modeneiging agterkom. Dikwels word splinternuwe items se waarde
verhoog deur dit oud te laat lyk omdat daar so ‘n groot aanvraag daarna
is. Baie moeite word ingesit om die effek so natuurlik as moontlik te
laat lyk.
Jou “onbruikbare” hoop items (onder die boom in die hoek waar niks wil
groei nie) is dalk meer werd as wat jy dink. Hier het Moedernatuur jou
produkte sommer self op ‘n natuurlike wyse verweer om aan elke item
sy eie karakter te gee.
Oudhede werk veral goed in ‘n ontwerp as dit in kontras staan met
die res.
So kan ‘n ou trollie waarvan die verf al goed afdop en die wiele al ordentlik
geroes het, nuwe lewe kry deur ‘n dik glasblad daarop te plaas en dit as
‘n tafel op die patio te gebruik. Kombineer dit dan met ‘n baie eksotiese
teestel om die delikaatheid van die breekware te beklemtoon deur die
growwe kontras wat die tafel skep.
Rubrieke
Tuinmaak met David
David Viljoen
Oudhede kan jou inspireer tot
nuwe tuinmaak-kreatiwiteit
Vervolg op bladsy 63
Februarie 2014
60
Aitsa! Oudhede trek ‘n nuwe baadjie in die tuin aan.