SA Grain February 2014 - page 52

Grondvrugbaarheid
Insette/Produksie
Februarie 2014
50
Terugvoer ná MVSA
Grondvrugbaarheid en
Plantvoedingsimposium 2013
ADAM MOSTERT, HOOF UITVOERENDE BEAMPTE, MISSTOFVERENIGING VAN
SUID-AFRIKA
Die bestuur van grondvrugbaarheid om plantvoeding te optimaliseer
is kompleks omdat dit deur vele faktore beïnvloed word, waarvan
sommige onbeheerbaar is. Tydens ‘n grondvrugbaarheid- en plant-
voedingsimposium wat die MVSA in Augustus verlede jaar aangebied
het, is metodes bespreek wat gevolg kan word om die bestuur van
stikstof (N) en fosfor (P) in grond te verbeter.
In hierdie artikel word lesse geneem uit die bestuur van stikstofvoorsie-
ning in die mieliegordel van die VSA en die praktyk van stikstofmeting
in die grond wat vir Suid-Afrikaanse omstandighede ontwikkel is. In ‘n
tweede artikel sal meer aandag aan fosfor en ander elemente gegee word.
Die praktyk wat histories gevolg word om stikstofbemestingsriglyne
vir mielies te bepaal, is gebaseer op ‘n reglynige verband tussen
stikstoftoedieningspeile en absolute opbrengs wat proefondervindelik
oor verskeie lokaliteite bepaal is. ‘n Enkele lyn neem egter nie die
verskille in klimaat, grondtipes, grondtekstuur, verskille in die stikstof-
leweringsvermoë van verskillende gronde en residuele stikstof in ag nie.
Twee sprekers het verskillende aspekte van stikstofbestuur wat
onderskeidelik in die VSA en Suid-Afrika ontwikkel is, bespreek.
Prof Jim Schepers, emeritus-professor aan die Universiteit van Nebraska
in die VSA, het die metodes wat deur produsente in die mieliegordel
van die VSA gebruik word, verduidelik. Hy het daarop gewys dat
stikstofbestuur in die gewasproduserende gebiede van die VSA net so
divers is as die gewasse wat verbou word. Selfs vir ‘n enkele gewas,
soos mielies, hang die stikstofbestuurstrategie af van faktore soos
grondtekstuur, reënvalpatrone en -hoeveelhede, beskikbaarheid en
kwaliteit van besproeiingswater, insetkoste asook omgewingsfaktore.
Daar is dus nie ‘n enkele resep vir alle toestande nie. In Nebraska word
daar ook heelwat klem gelê op die beperking van omgewingsbesoede-
ling omdat die ondergrondse water in gebiede waar die watertafel baie
vlak is, reeds hoë vlakke van nitraatstikstof bevat.
Stikstofbestuur kan ook nie in afsondering bespreek word nie omdat
stikstof in wisselwerking met ander plantvoedingstowwe optree.
Bio-afval, plantreste en mis kan ook ‘n groot gedeelte van die plant-
voedingstowwe verskaf, maar die insluiting daarvan kompliseer die be-
stuursprogram omdat die hoeveelheid stikstof wat daardeur beskikbaar
gestel word, onseker is.
Prof Schepers het twee benaderings tot stikstofbestuur in die VSA
verduidelik. Die twee benaderings word geskei volgens beskikbare water,
maar is in beide gevalle sterk ingestel op die ekonomiese optimisering en
benutting van N-toedienings.
Inligting wat in die natter dele vir dié doel verlang word, sluit die
volgende in: Staat en area binne die staat, wisselbou, N-bron, N-koste en
mielieprys. Tesame hiermee word in sommige van die state van ‘n voor-
topbemesting N-grondontleding gebruik gemaak om te bepaal of verdere
toedienings opbrengs sal verhoog al dan nie.
Inligting wat in relatief droër dele verlang word, sluit die volgende in:
Opbrengsmikpunt, residuele grond-N, organiese materiaal, N-bydrae
deur peulgewasse, N-bydrae van mis en N-bydrae van besproeiingswater.
Prof Schepers het ook na nuwer gevorderde N-sensors verwys,
waarvolgens die bladgroen van ‘n blaredak sowel as droë materiaal
gemeet word. Relatiewe stikstofbehoefte van gewasse word hiervolgens
bepaal en dan terselfdertyd vir veranderlike N-toedienings gedurende die
seisoen gebruik.
Prof Schepers het beklemtoon dat stikstof so bestuur moet word dat
die beskikbaarheid van grondstikstof met die gewas se stikstofbehoefte
gedurende die verskillende groeistadia ooreenstem. ‘n Behoorlike
stikstofbalans moet dus opgestel en bygehou word.
Die bepaling van anorganiese stikstof in die grond voor planttyd kan, soos
in die droër dele van die VSA van toepassing, volgens dr Erik Adriaanse,
bestuurder: Tegnologie en Spesiale Projekte van Sasol Nitro, baie nuttig
in Suid-Afrika gebruik word om die akkuraatheid van bemestingspro-
gramme vir die seisoen wat voorlê te verbeter.
Die bepaling van beskikbare N net voor topbemesting is egter die mees
akkurate metode om stikstofvoorsiening te optimaliseer. Nagenoeg
ses weke na-plant neem die stikstofopname drasties toe en is baie van
die organiese N reeds na anorganiese N gemineraliseer. Tot op hierdie
Deel 1: Stikstofbestuur
SA Graan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,42,43,44,45,46,47,48,49,50,51 53,54,55,56,57,58,59,60,61,62,...68
Powered by FlippingBook