Vir navrae, skakel David Viljoen van Mercury Designs by 011 894 2430 of
082 468 3142, of stuur vir hom ‘n e-pos na:
.
Dit klink dalk na ‘n vreemde konsep, maar juis daarom kan jy dit op
die patio gebruik, eerder as in die voorhuis, as jy minder waaghalsig is.
Hiermee se ek nie dat dit nie in die regte vertrek binnenshuis ook kan
werk nie.
As die patio nog te na aan die huis na jou sin is, kan daar lekker in die
tuin gespeel word met oudhede om mooi fokuspunte daarmee te skep.
Beplan jou tuin op só ‘n wyse dat dit die besoekers sal verras met
interessanthede en dat juis die nuwe, unieke skeppings hul na die tuin
sal trek en rede gee om die tuin verder te wil verken. As ‘n besoeker
eers opmerkings maak soos: “Dis nou oulik! Hoekom het ek nie daaraan
gedink nie?” – kan jy maar weet jy is op die regte spoor.
Waak net daarteen dat elke kompliment jou nie gaan dryf om die hele
tuin totaal en al te oordoen met oudhede wat ‘n mens nie kan miskyk nie.
Versteekte fokuspunte wat op ‘n meer subtiele wyse aangebring word, is
baie meer effektief as ‘n magdom fokuspunte wat lyk of daar ‘n ontplof-
fing onder die boom in die hoek was en oudhede die hele tuin vol geskiet
het. Goeie fokuspunte werk goed as ‘n mens hulle so terloops raaksien.
Oudhede moet in die tuin insmelt en nie soos ‘n seer vinger uitstaan nie.
Dit moet lyk of die oudhede al jare lank so in die tuin gestaan het en of
die tuin dit met tyd al probeer toegroei het. ‘n Ou, gebreekte pot kan
halfpad in die grond in begrawe word en met mosse en fyn plantegroei
gekombineer word om dit nog meer karakter te gee. As ‘n tweede opsie
kan die stukkende pot gebruik word as ‘n waterelement waar water vanuit
die pot vloei in ‘n dammetjie of selfs ‘n eenvoudige opvangsbak in.
Die sagtheid van ‘n roos wat oor ‘n ou houtdeur rank, kan teen ‘n plat
muur geplaas word sodat dit lyk of die tuin nog verder aangaan agter die
deur. ‘n Informele paadjie wat na die deur toe lei kan die effek selfs meer
beklemtoon.
Ou, geroesde pype kan gebruik word om ‘n raamwerk te vorm vir ‘n
rankplant, want as dit eers toegegroei is, sal die ou struktuur nie meer
sigbaar wees nie.
Jou hoop ongebruikte items lê dalk nie onder ‘n boom nie, maar op ‘n
ander plek. Herwin jou oudhede op ‘n kreatiewe wyse en skep iets uniek,
iets wat nie te koop is in sommer enige winkel of kwekery nie.
Pasop vir die kreatiewe gogga, want as hy jou eers gebyt het, gaan jy
nie meer net fokuspunte skep van jou eie onbruikbare items nie – jy kry
jouself dalk dat jy rondsnuffel tussen ander se opgaargoeters.
Oudhede kan jou inspireer tot nuwe tuinmaak-kreatiwiteit
Vervolg van bladsy 60
Rubrieke
63
February 2014
‘n Paar voorbeelde van hoe jy ‘n mooi fokuspunt met oudhede in jou tuin kan skep.