Koringopbrengs in die Swartland
DR JOHANN STRAUSS, WETENSKAPLIKE: VOLHOUBARE PRODUKSIESTELSELS,
DIREKTORAAT PLANTWETENSKAPPE, WES-KAAP DEPARTEMENT VAN LANDBOU
EN SEKRETARIS: BEWARINGSLANDBOU WES-KAAP
Toe daar in die laat 1990’s begin is met die langtermynwisselbouproef
op Langgewens (navorsingsplaas van die Wes-Kaapse Departement
van Landbou) is daar baie twyfel uitgespreek deur die plaaslike
boerderygemeenskap.
Koringmonokultuur was nog ‘n standaardpraktyk en baie produsente
het gevoel dat wisselbou nie sal werk nie en ook dat die gebruik van
minimumbewerkingsmasjinerie nooit sou posvat nie, want dit is te duur.
In 2013 was die proef egter reeds vir 18 jaar in sy huidige vorm; die
pessimiste is dus verkeerd bewys. Wisselbou is tans die norm en so te
sê alle produsente maak gebruik van ‘n tandplanter of variasie daarvan.
Wisselboustelsels verskil van plaas tot plaas en van area tot area na
aanleiding van die omgewing en dít waarmee die produsent gemaklik is.
Die doel van die langtermynproef was om te bewys dat wisselbou
winsgewend kan wees en dat variasie in die tipe gewas wat elke jaar op ‘n
bepaalde stuk grond verbou word, selfs die winsgewendheid kan verbeter
wanneer dit vergelyk word met die verbouing van monokultuurkoring.
Koringopbrengs binne stelsels waar koring 25% tot 75% van die stelsel
uitgemaak het, het oor die 18 jaar van wisselbou gemiddeld ‘n 23% hoër
opbrengs as monokultuur gelewer.
Binne die proef word agt (vierjaar) stelsels getoets, waarvan vier
gewasstelsels- en vier eenjarige weiding/gewasstelsels is. Die
gewasstelsels is soos volg:
Koring – Koring – Koring – Koring
Koring – Koring – Koring – Kanola
Koring – Lupien – Kanola – Koring
Koring – Lupien – Koring – Kanola
Die weiding/gewasstelsels se weidingsfase het gewissel tussen suiwer
medic en medic/klawer-kombinasies en lyk soos volg:
Koring – Medic – Koring – Medic
Koring – Medic – Kanola – Medic
Koring – Medic/Klawer – Koring – Medic
Koring – Medic/Klawer – Koring – Medic/Klawer (soutbos)
Grafiek 1
toon die gemiddelde koringopbrengs van elke stelsel wat
getoets word. Twee van die stelsels is onderverdeel om ‘n duideliker
beeld te skets van die koringopbrengs. Stelsel 2 hierbo is so onderverdeel
dat die effek van die posisie van die kanola binne die vierjaar-stelsel beter
verstaan kan word.
Verder is stelsels 3 en 4 hierbo ook verdeel om dieper insig te verkry.
Stelsel 7 en 8 is saamgevoeg aangesien dit basies dieselfde stelsel is.
In 2003 was daar erge droogte in die Swartland en slegs koring wat na
medic (2002) verbou is, kon geoes word. Die grafiek toon dan ook die
gemiddelde koringopbrengs oor die tydperk sonder die data van 2003.
– tendense van 2001 tot 2012
Grafiek 1: Die gemiddelde koringopbrengs van verskillende wisselboustelsels
vanaf 2001 tot en met 2012.
K = koring, C = kanola, L = lupien, M = medic, k = klawer
Grafiek 2: Die koringopbrengs uitgedruk as persentasieopbrengs relatief tot
monokultuurproduksie, vanaf 2001 tot en met 2012.
K = koring, C = kanola, L = lupien, M = medic, k = klawer
Vervolg op bladsy 48
SA Graan/
Sasol Nitro fotokompetisie
Opbrengs
Insette/Produksie
47
February 2014