Die nuwe Toyota Land Cruiser Prado
gee weer die pas aan
D
ie Toyota Land Cruiser Prado het die maatstaf geword waaraan
‘n luukse 4x4 sportnutsvoertuig (SNV) gemeet word. Alhoewel
die Prado vir die 2014-modeljaar sy basiese stilering en kragbron-
ne behou, het dit tog ‘n hele klompie vernuwings om in pas te bly met
nuwe neigings en veral die nuwe beskikbare tegnologie.
Die 2014 Prado pronk nou met ‘n meer bondige buitestilering, ‘n meer
verfynde binneruim en selfs nóg beter hantering.
Wat veranderinge aan die buitekant betref is ‘n relatief omvattende
herontwerp gedoen, met ‘n dieper voorste buffer, ‘n nuut ontwerpte
sierrooster en nuwe allooisierwiele.
Aan die binnekant is dit ‘n fees van gehalte, gemak en gerief. Daar is
nou ‘n herontwerpte voorpaneel met beter materiale, fyner detail
en nuwe toerusting, soos ‘n nuwe multimedia-klankstelsel. ‘n Nuwe
klankkontrolepaneel word bokant die volkeurskerm (nuut in die TX) in die
boonste konsole aangetref. Die skerm vertoon truratkamerabeelde in al
die modelle (satellietnavigasie in die VX-modelle) sowel as multimedia-
en klankinhoud.
Die nuwe Prado se elektroniese, kinetiese, dinamiese veerstelsel (KDSS) is
ook opgegradeer en bied nou beter hantering en ‘n geriefliker rit. Verdere
hulpmiddels om die voertuig nog beter te bestuur en te beheer, is ook
bygevoeg – soos ‘n blindekol-monitor en ‘n wieldruk-waarskuwingstelsel
vir die mees luukse VX-model.
Hierdie stelsel waarsku die bestuurder as ‘n ander voertuig in die blindekol
aan enige kant is en gebruik radar om voertuie in aangrensende bane
te bespeur. Dit vestig die bestuurder se aandag op die teenwoordigheid
van ‘n ander voertuig deur aanwysers in die deurspieël aan daardie kant
te verlig. Dié aanwyser sal verlig bly solank die ander voertuig in die
blindekol is en begin flikker wanneer die Prado se rigtingwysers gebruik
word terwyl ‘n voertuig in die blindekol is. Die hele reeks modelle het
egter as standaard ‘n sleepwa-swaaibeheerstelsel in plek, wat help om
beheer te behou wanneer iets gesleep word in kwaai dwarswinde of op
ongelyke padoppervlaktes.
Daar is twee kragbronne beskikbaar – ‘n 4 liter V6-petrolenjin en ‘n
3 liter turbodiesel. Die V6-petrolenjin het ‘n kraglewering van 202 kW
teen 5 600 r/min en ‘n wringkrag van 381 Nm teen 4 400 r/min. Die
16-klep turbo-aangedrewe diesel lewer 120 kW teen 3 400 r/min en
400 Nm tussen 1 600 en 2 800 r/min.
Beide enjins is aan ‘n outomatiese vyfgang-ratkas met tikratwerking
gekoppel. Die petrolweergawe se brandstofverbruik is 11,5 liter/100 km en
die diesel is 8,5 liter/100 km. Die draaisirkel (11,6 m) en die invalshoek (32°),
vertrekhoek (25°) en oorbruggingshoek (22°) is nog dieselfde.
Hierdie opgraderings het die Land Cruiser Prado weer eens as een van die
mees tegnies gevorderde en maklik bruikbare veldryvoertuie ter wêreld
bevestig. Dit sien kan vir basies enige iets – ‘n punt wat Toyota SA ook
bewys het deur die nuwe Prado in Namibië te loods, waar dié voertuig
rowwe paaie, sand en selfs die steil sandduine van die Namibwoestyn
met gemak en in absolute luuksheid en gerief kafgedraf het.
Nie net presteer dit uitstekend in die veld nie, maar belangriker is dat die
Prado op teerpaaie soos ‘n hoëverrigting, luukse motor ry: Vas op die
pad, sekuur, gerieflik en met baie krag in reserwe.
Die Prado het ‘n fabriekswaarborg van drie jaar of 100 000 km en ‘n
diensplan vir vyf jaar of 90 000 km. Die nuwe modelle word ook deur
die ToyotaCare-padbystandsprogram gedek, wat aan eienaars 24 uur se
noodsituasiehulp bied om algehele gemoedsrus te verseker.
Pryse
Prado TX 4.0 V6
–
R632 200
Prado TX 3.0 DT
–
R642 000
Prado VX 4.0 V6
–
R728 200
Prado VX 3.0 DT
–
R732 400
Wiele vir die plaas
GERRIE SMIT, LID VAN DIE
SA MOTORSKRYWERSGILDE
Rubrieke
59
February 2014
Die Toyota Land Cruiser Prado 2014 Prado VX 3.0 DT.