SA Grain February 2014 - page 44

Promosie-artikel
Februarie 2014
42
Goed begin is half gewin
Die eerste vier tot ses weke van ‘n koringplant se lewe bepaal
tot ‘n groot mate die sukses van die oes. Vanaf die oomblik dat
‘n koringsaad geplant word, plaas ‘n verskeidenheid peste en
patogene groot druk op die ontwikkeling van die saailing. Saad
wat gedurende hierdie stadium beskerm word, staan ‘n uitstekende
kans om sy volle genetiese potensiaal te bereik. Die voordeel van
‘n siekte- en pesvrye wegspring kan nie oorbeklemtoon word nie.
Saad is inderdaad een van ‘n koringprodusent se mees kwesbare
insette, maar dit hoef nie weerloos te wees nie.
Met doeltreffende saadbehandeling van Syngenta kan die skade wat
grond- en saadgedraagde siektes en insekte veroorsaak, verminder
en selfs heeltemal voorkom word.
WORTELKRAG – DIE ANKER VAN GESONDE KORING
Wêreldwyd word optimale koringproduksie uitgedaag weens
korttermyn-droogtetoestande – wat opbrengsvariasie tot gevolg
het. Syngenta beskryf die verband tussen ‘n gesonde wortelstelsel
en verhoogde opbrengspotensiaal as “wortelwelstand”.
Gesonder en sterker wortelstelsels stel plante in staat om beter:
Water en voedingstowwe op te neem.
Stres te hanteer.
Saad- en grondoordraagbare siektes, parasitiese nematodes
en ondergrondse insekte langdurig die hoof te bied. Al hierdie
beroof koring van opbrengspotensiaal.
DIE SYNGENTA-OPLOSSING
Drie van die mees algemene en verwoestende siektes en plae wat
jong koring aanval, is die swamme losbrand en stinkbrand en die
insek Russiese koringluis. Syngenta se Cruiser Maxx® Koring
saadbehandeling – ‘n kombinasie van Cruiser® en Dividend®
– klink hulle al drie se doppies.
Die swam wat losbrand veroorsaak, oorleef as rustende swamdrade
in die embrio van geïnfekteerde koringsaad. Die stinkbrandswam
leef in die grond en infekteer die saailing tydens ontkieming. Beide
hierdie swamme veroorsaak nie net groot oesverliese nie, maar is
ook bedrewe om hul eie voortbestaan te verseker deur herhaalde
infektering van die saad of die grond.
Syngenta se Cruiser Maxx® Koring is ‘n leier-saadbehandeling.
Hierdie swam- en insekdoderkombinasieproduk beskerm jou oes
teen los- en stinkbrand asook Russiese koringluis in dieselfde
toediening. Die aktiewe bestanddeel maak dit onmoontlik vir
die koringluis om te voed, terwyl die werking funksionele
proteïenvlakke in die behandelde plante verhoog. Laasgenoemde
veroorsaak dat die koringplant stremmingsfaktore soos hitte en
droogte beter kan hanteer.
Maak seker jy pak die volgende koringplantseisoen aan met die
regte saadbehandelingsprodukte om ‘n optimale oes te verseker.
Kontak jou Syngenta agent vandag vir meer besonderhede.
Lees die etiket vir volledige besonderhede
Cruiser Maxx® Koring bevat Cruiser® met tiametoksam 350 gram/liter (Reg.
Nr. L6288, Wet Nr. 36 van 1947). Dividend® bevat difenokonasool 30 gram/liter
(Reg. Nr. L6390, Wet Nr. 36 van 1947).
Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk, Privaat sak X60, Halfway House, 1685.
Tel: 011 541 4000.
.
© Syngenta Ag, 2000. Kopiereg van die dokument is voorbehou. Alle ongemag-
tigde kopiëring word verbied.
– Linda van der Merwe, hoof: Bemarking, Syngenta
Losbrand. Stinkbrand. Russiese koringluis. Drie name wat enige koringprodusent se bloeddruk opjaag. Maar met die regte saad-
behandeling, stop jy hulle in hulle spore.
Beskerm elke saad en help sodoende om die regte plante-
stand per hektaar te bereik.
Help om hoër opbrengste te lewer selfs onder lae insekdruk.
Is effektief teen lae dosisse van die aktiewe bestanddele.
Begin die saad en saailing beskerm nog voor die saad ont-
kiem het.
Is ‘n gerieflike kombinasie van ‘n swam- en insekdoder.
Beskerm die genetiese potensiaal van hoë-waarde saad.
Werk uitstekend onder ‘n wye reeks groeitoestande.
Bied breëspektrum, sistemiese siektebeskerming teen saad-
en grondgedraagde siektes.
Kies Cruiser Maxx® Koring, want dit:
“Die strategieë van die verlede kan nie die
behoefte aan meer voedsel bevredig nie. Wortels
is die sleutel tot die tweede groenrevolusie.”
– Dr Jonathan Lynch, professor in plantvoeding,
Penn State Universiteit, VSA
Die foto’s wys hoeveel sterker die wortels is van
plante wat met Cruiser Maxx® Koring behandel
is in vergelyking met plante wat geen behandeling
ontvang het nie.
Foto: Dr Erik Eksteen
1...,34,35,36,37,38,39,40,41,42,43 45,46,47,48,49,50,51,52,53,54,...68
Powered by FlippingBook