Plaagbeheer
Insette/Produksie
Februarie 2014
40
FOKUS EERDER OP
ANNEMIE ERASMUS, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE
Geïntegreerde plaagbeheer is ‘n essensiële globale benadering tot
plaagbeheer wat streef om ‘n kombinasie van metodes te kombineer vir
die bestuur van ‘n spektrum van plae in ‘n sekere produksiestelsel.
Insekplaagbeheer word soms gesien as sinoniem met geïntegreerde
plaagbeheer omdat die konsep ontwikkel is deur entomoloë, maar in
geheel sluit geïntegreerde plaagbeheer ook die bestuur van onkruide,
patogene asook insekte in.
Geïntegreerde plaagbeheer kan in verskillende beheermetodes verdeel
word, naamlik, chemiese beheer, biologiese beheer, gasheerplant-
weerstand en kulturele beheer (
Figuur 1
).
Die Verenigde Nasies se Organisasie vir Voedsel en Landbou definieer
geïntegreerde plaagbeheer as “
...the careful consideration of all available
pest control techniques and subsequent integration of appropriate
measures that discourage the development of pest populations and keep
pesticides and other interventions to levels that are economically justified
and reduce or minimise risks to human health and the environment.
“Integrated pest management emphasises the growth of a healthy crop
with the least possible disruption to agro-ecosystems and encourages
natural pest control mechanisms
.”
Geïntegreerde plaagbeheer kan dus in kort gedefinieer word as ‘n
plaagbeheerstelsel wat in konteks van die geassosieerde omgewing
en populasiedinamika van die plaagspesie, van die beste tegnieke en
metodes gebruik maak of ‘n kombinasie daarvan, om die plaagpopulasie
onder dié vlak te hou waar ekonomiese skade aangerig kan word.
Die gebruik van insektisiede deur die Sumeriërs waar swawelkomponente
gebruik is om insekte en myte te beheer, is vir die eerste keer 2 500 BC
gerapporteer. Die eerste beskrywing van kulturele beheer, veral die
manipulering van plantdatums, is sowat 1 500 BC gerapporteer, terwyl
verbranding as ‘n beheermetode in 950 BC beskryf is.
Bewyse van biologiese beheer kom van China en Yemen af waar kolonies
van predatoriese miere op bamboesbrûe gebruik is om larf- en kewerplae
te beheer.
Genetiese plantweerstand is herken deur Theophrastus in siekte-
vatbaarheid tussen gewaskultivars so vroeg as 3 BC. Teen 500 AC is
al die algemeenste tipe beheermetodes – chemiese (insekdoders),
gasheerplant-weerstand, biologiese en kulturele beheermetodes – reeds
deur een of ander beskawing gebruik.
Chemiese insekdoders word gesien as ‘n essensiële komponent van
insekplaagbeheer sedert die vroeë 1950’s toe organochlorine vir die
eerste keer vrygestel is. Sedertdien is probleme geassosieer met die
misbruik van insekdoders en die gebruik van meer ekologies gebaseer-
de, geïntegreerde plaagbeheermetodes word aangemoedig sodat daar
nie alleenlik op insekdoders gesteun word vir die beheer van plae nie.
Die korrekte en rasionele gebruik van insekdoders is kompleks en verg
kennis van:
Die insekpopulasiedinamika en die impak van chemiese gebruik
Die aktiewe bestanddeel, werking en formulering
Toerusting en toediening
Veiligheid en ekonomiese voordeel
Toksikologiese en eko-toksikologiese impak asook insekdoderweer-
stand
In die algemeen, indien reg gebruik word, is die gebruik van insekdoders
baie effektief om die teikenplaag te beheer.
Figuur 1: Pilare van geïntegreerde plaagbeheer.
geïntegreerde plaagbeheer
Foto 1: ‘n Voorbeeld van biologiese
beheer waar wespe stamboorders
natuurlik beheer.
Vervolg op bladsy 43