SA Grain February 2014 - page 40

Plaagbeheer
Insette/Produksie
Februarie 2014
38
Sien
Foto 4
. In só ‘n geval is dit raadsaam om
die knoppie met jou naels oop te knyp of met ‘n
knipmes oop te sny.
In die seisoen wanneer die eerste galle voor-
kom, is dit ook so dat die stikstofbindende
bakteriese knoppies op hulle aktiefste is. Dus,
as ‘n mens die knoppie oopdruk, sal hy rooi of
groen vertoon, terwyl ‘n knopwortelaalwurmgal
meer verrot sal lyk.
Nog ‘n manier om die twee te onderskei, is om
te probeer om hulle af te vryf. Stikstofbindende
bakteriese knoppies sit los aan die wortels en
kan sonder veel moeite afgevryf word sonder
om té veel skade aan die wortel aan te rig.
‘n Aalwurmgal daarteenoor, is selle van die
wortel self wat so vergroot word en sal glad nie
afgevryf kan word nie. Hou ook in gedagte dat
knopwortelaalwurmsimptome nie noodwendig
op volwasse mieliewortels tot uiting kan kom
nie. Dit is dus nie te sê dat as jy nie galle op die
wortels van ‘n volwasse mielie sien nie, daar
nie knopwortelaalwurms teenwoordig is nie.
Letselaalwurms is die volgende op die lys wat
naas knopwortelaalwurms, ook op die meeste
gewasse voorkom en dus groot skade kan
aanrig. Dit is nou by hierdie aalwurm wat die
nematoloog se ervaring die deurslag sal gee
om te kan diagnoseer of dit wel aalwurm is wat
die skade veroorsaak het of nie. Letselaalwurms
kan in die grond en in die plantweefsel voor-
kom. As hulle aan ‘n plantsel voed, word die
inhoud van die plantsel uitgesuig en die sel val
inmekaar.
Aan die buitekant van die plantweefsel word
bruin letsels gevorm as daar aan ‘n paar selle
wat langs mekaar lê, gevoed word. Hierdie
aalwurm kan ook die selle binne-in die wortel
beskadig of die vaatbondels van die plant
verstop as die letselaalwurmbesmetting hoog
genoeg is.
Elkeen van die letselaalwurmspesies veroor-
saak egter verskillende simptome op onder-
grondse plantdele wat hulle aanval en daarom
kan hulle simptome baie maklik verwar word
met simptome wat deur ander organismes
veroorsaak word.
Die ander probleem is ook dat hulle simptome
verdoesel kan word deur ander organismes
wat sekondêr ingekom het. Dit is dus raadsaam
dat ‘n nematoloog na die simptome, die plant
en na grondmonsters kyk om sodoende die
regte diagnose te maak.
Peulaalwurms rig groot skade aan grondbone
aan, maar beskadig glad nie ander gewasse
nie. Soos reeds verduidelik, sien ‘n mens
nie skade aan die bogrondse gedeeltes van die
grondboonplant nie. Die produsent kom vir die
heel eerste keer agter dat hy skade het as hy
die grondboon begin lig en die meeste van die
peule bly óf agter in die grond óf die besending
word afgegradeer na persgraad toe. Die
peulaalwurm en die skade wat hulle berokken,
sal in ‘n volgende artikel bespreek word.
Die res van die plant-parasitiese aalwurmspe-
sies wat op ons gewasse parasiteer, veroorsaak
natuurlik ander tipes ondergrondse simptome.
Omdat die knopwortelaalwurm en letselaal-
wurm die meeste voorkom en die meeste skade
aanrig, sal produsente eerder simptome van dié
twee aalwurmspesies teëkom.
Die beste raad aan die produsent is egter om
sy oë oop te hou vir die bogrondse simptome
wat beskryf is en die res aan die nematoloog
oor te laat om die regte diagnose te maak.
Vervolg van bladsy 37
AALWURMSIMPTOME:
Waarna moet jy oplet?
Foto 4: Knopwortelaalwurmgalle en stikstofbindende, bakteriese knoppies op peulgewasse kan verdag baie na mekaar lyk, soos op hierdie besmette grondboon.
1...,30,31,32,33,34,35,36,37,38,39 41,42,43,44,45,46,47,48,49,50,...68
Powered by FlippingBook