

Desember 2016
30
Taking a fresh look at African soils
PNS 25 Jaar-verhaal
in koffietafelboek saamgevat
R
esearchers from seven African countries have launched
the African Soil Microbiology Project at the University of
Pretoria in November 2016, in a world first attempt to sur-
vey soil microbiology in sub-Saharan Africa. It is hoped
that a baseline understanding of the organisms in African soils will
be gained with this project and that it will contribute to soil fertility,
climate change and health research on the continent.
Prof Don Cowan, director of the Centre for Microbial Ecology and
Genomics at the University of Pretoria (UP), says that this is a cut-
ting-edge project: ‘We know now that microbial communities in
soil are important for agricultural performance, bioremediation
and many other things. But we know almost nothing about soil
microbiology in Africa.’
Funded by the United States Agency for International Develop-
ment (USAID) and running over three years, the African Soil
Microbiology Project (AfSM) will rely on research partners in
other countries to complete the first ever microbiological survey of
African soils. These partners will carry out sampling campaigns in
their respective countries and send the samples to UP for analysis
using Next Generation DNA sequencing.
This will identify all the microorganisms found in different types of
soil – a science known as phytogeography. Researchers from each
of the partner laboratories will help analyse data, share knowledge
of local ecological conditions and write publications.
When combined with climate and land use information, this can be
an extremely valuable resource for researchers and policymakers.
‘We hope to begin to understand the way in which differences in
region, climatic patterns and land use can affect the structure of
microbial communities,’ Prof Cowan said.
For more information, contact Prof Cowan at
don.cowan@up.
ac.za
.
D
eel van die Proteïennavorsingstigting (PNS) se 25ste be-
staansjaarvieringe verlede jaar was die saamstel van ‘n
25 Jaar-gedenkboek wat handel oor die ontwikkeling van
die PNS.
Dié spogpublikasie is op 4 Oktober aan verskeie gaste uit die
bedryf tydens ‘n kaas-en-wyngeleentheid in Pretoria bekendgestel.
Elke gas het ‘n eksemplaar ontvang om huis toe te neem.
Mnr Gerhard Scholtemeijer, voorsitter van die PNS en redakteur
van dié publikasie, het tydens die bekendstelling sy dank aan almal
in die bedryf met wie die PNS verbintenisse het, uitgespreek.
“Sonder almal se ondersteuning, belangstelling en bydraes sou
hierdie boek nooit kon verskyn nie. ‘n Groot deel van die geskiedenis
wat in hierdie boek vervat is, is te danke aan almal van julle se
bydraes. Ons vertrou dat hierdie besondere gees van samewerking
vir nog baie jare volgehou sal word,” het hy gesê.
Die 180-blad, hardeband-koffietafelboek bestaan uit tien hoof-
stukke met 17 onderafdelings en ‘n addendum wat al die projekte
wat die PNS oor die jare befonds het, bevat. In Hoofstuk 3 word
daar meer inligting gegee oor die PNS se ontstaan en ontwikke-
ling en hul buitelandse betrokkenheid, asook die vismeelindustrie.
In die daaropvolgende drie hoofstukke wat handel oor kanola,
sojabone en lupiene word die PNS se bydrae en rol in hierdie drie
bedrywe bespreek. Voorts behandel ‘n paar outeurs die onderskeie
PNS-vennootskappe wat oor die jare met instellings, organisasies en
departemente ontstaan het.
Hoofstuk 8 handel oor die verbetering in proteïenverbruik vir
dierevoeding, terwyl daar geskryf word oor die ontstaan en ontwik-
keling van die PNS-webtuiste, beursskema en prestasietoeken-
nings in Hoofstuk 9. In die slothoofstuk gesels Scholtemeijer oor
die PNS se toekomsvisie.
The Development of the Protein Research Trust
is in samewer-
king met Infoworks Media Publishing uitgegee en sal volgende
jaar ook in ‘n blaaiboekformaat op die PNS-webtuiste beskikbaar
wees.
‘n Geskiedkundige oomblik: Gerhard Scholtemeijer, regs, oorhandig die
eerste kopie van die PNS 25 Jaar-gedenkboek aan dr Rudolph Bigalke,
eerste voorsitter van die PNS, by die boekbekendstelling in die noorde-
like gebied. “Die raad van die PNS gee graag erkenning aan u vir die
baanbrekerswerk wat deur u as raadslid, maar ook as eerste voorsitter
van die PNS, gedoen is. Hiermee die eerste kopie as herinnering aan die
diep spore wat u getrap het,” lees die boodskap wat die PNS vir
dr Bigalke voor in sy eksemplaar geskryf het. Die boek is ook tydens
‘n tweede geleentheid in die Wes-Kaap bekendgestel.
AKTUEEL
LIESEL SWART,
Department of University Relations: University of Pretoria
RUTH SCHULTZ,
SA Graan/Grain
medewerker