

Kultivarevaluasie:
Aanvulling van
data met strookproewe
O
m akkurate data oor die geskiktheid en opbrengste van
verskillende mieliekultivars in te samel, word daar tans
slegs klein statistiese proewe deur die LNR-Instituut
vir Graangewasse (LNR-IGG) aangeplant. Daar het egter
‘n behoefte onder verskeie rolspelers ontstaan om hierdie be-
staande klein statistiese kultivarproewe met strookproewe aan
te vul wat die beskikbaarheid van data in verskeie produksiestreke
kan verbeter.
Graan SA is daarvan bewus dat daar reeds verskeie strookproewe
deur produsente of boereverenigings geïnisieer en aangeplant word.
Die doel van hierdie inisiatief is om strookproefdata wat deur pro-
dusente ingesamel word, op ‘n nasionale vlak te integreer, te
verwerk en dié resultate tot voordeel en ondersteuning van die
nasionale kultivarproewe en die graanprodusente te gebruik.
Wat natuurlik ‘n uitdaging is, is dat daar soveel verskillende kultivars
is en elke produsent/boerevereniging soms net spesifieke kultivars
wil toets. Die idee is dus om uiteindelik alle bestaande proewe
se resultate, wat in die verskillende graanproduserende gebiede
aangeplant word, na een sentrale punt te allokeer en ‘n platform
daar te stel waar verskillende proefdata deur produsente besigtig
kan word.
Graan SA is in ‘n proses om ‘n protokol saam met die saadmaat-
skappye op te stel alhoewel dit eers volgende seisoen in werking
gestel sal word. Dit sal uiteindelik help om data deur ‘n standaard
protokol en formaat in te samel, te verwerk en aan te bied.
Waar daar streke met ‘n tekort aan proewe is, sal Graan SA die
vestiging van nuwe proewe sover moontlik assisteer en saadmaat-
skappye se deelname bevorder. Ons sal dit waardeer indien pro-
dusente intussen self met die saadmaatskappye kan kommunikeer
en reëlings tref, maar ons is meer as bereid om kontak met van die
saadmaatskappye te maak en reëlings te tref waar jy vashaak of
daar nie deelname is nie.
Fokuspunte en verloop van proses
Die volgende aksies word vir die 2016/2017-produksieseisoen
beplan:
Bewusmaking van strookproefdata-insameling onder produ-
sente/boereverenigings.
Bevordering van produsente se deelname met die insameling
van proefdata.
Die skep van ‘n platform (deur Graan SA) waar die ingevorderde
data van verskillende streke besigtig kan word.
Die voltooiing van ‘n protokol deur Graan SA en saadmaatskap-
pye – identifikasie van kultivars wat in die verkillende streke
ingeskryf moet word.
Graan SA sal dit waardeer indien jy ons in kennis kan stel van
strookproefkultivarnavorsing wat reeds deur julle as boere-
vereniging gedoen word en wat julle met ons sal deel.
Aksies beplan vir die 2017/2018-produksieseisoen:
Produsente neem deel aan die gestandaardiseerde strookproef-
uitleg om kultivarevaluasies op strookproefformaat te analiseer.
Indien enige van die bogemelde onduidelik is of indien jy
meer inligting benodig, kontak Petru Fourie by 012 816 8048 of
petru@grainsa.co.za .Indien jy met die LNR-IGG, wat die statistiese
proewe aanplant, kontak wil maak, kan jy mnr Dirk Bruwer by
BruwerD@arc.agric.zakontak.
25
December 2016
OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke
Mieliekultivars / Statistiese proewe / Strookproewe
PETRU FOURIE,
navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis: Graan SA
1 tot 3: Strookproewe wat by Tony da Costa
(Delmas) aangeplant is.
1
3
2