

27
Van nader beskou, is daar natuurlik ook ander faktore wat die
opbrengsreaksie van gewasse in die klimaatstreek beïnvloed. ‘n
Mens moet natuurlik altyd besef dat die toestand van grond, asook
die kwaliteit van toepassing op bewaringslandbou, ‘n groot rol in
die sukses speel. Wat laasgemelde betref, is die soort gewas, hoe
lank geenbewerking of wisselbou, insluitende dekgewasse, al toe-
gepas word en of die integrasie van vee deel van die stelsel is en
of ‘n deklaag van oesreste voldoende teenwoordig is, belangrike
praktyke wat behoorlik toegepas moet word.
By mielies speel die aantal jare wat geenbewerking ononder-
broke op die grond toegepas is, ‘n groot rol. Gedurende die eerste
sowat twee tot drie jaar van geenbewerking kan die opbrengs
van mielies daal – veral as dit op gedegradeerde grond toegepas
word. Daarna is dit gewoonlik gelyk aan of hoër as dié van konvensio-
neel-bewerkte grond.
In teenstelling met mielies word die opbrengs van katoen, peul-
gewasse soos sojabone en oliesade soos sonneblom nie deur
die aantal jare van geenbewerking beïnvloed nie. Die aanvanklike
opbrengsdalings soos wat dikwels met mielies die geval is, is by
dié gewasse afwesig.
Hieruit is reeds twee belangrike lesse te leer. Eerstens is dit sinvol
om geenbewerking met ‘n alternatiewe gewas – verkieslik ‘n peul-
gewas soos sojabone – te begin en dan eers in jaar twee mielies
te vestig.
Hiermee word die tydperk van ‘n moontlike mielie-opbrengsdaling
met een jaar verkort. Omdat feitlik al die graanverbouingsgronde
in die Hoëveld gedegradeer is as gevolg van die verlies van grond-
koolstof deur dekades se oormatige grondversteuring, is dit ‘n
goeie praktyk om die grond se fisiese en chemiese beperkings
soos kompaksie en grondversuring eerstens op te hef en dan
biologies te stimuleer.
In hierdie opsig word ‘n dekgewas soos voersorghum of ‘n geskikte
somer- en/of winterdekgewasmengsel as eerste geenbewerking-
gewas gevestig om die grond (biologies) te verbeter en meer oes-
reste op die oppervlak te kry.
1: Geenbewerking moet nie in isolasie toegepas word nie. Saam met ‘n deklaag van oesreste en wisselbou word dit as bewaringslandbou beskou.
Foto: André Nel
2: Die integrasie van dekgewasse en vee bevorder die holistiese toepassing van bewaringslandboustelsels op die Hoëveld.
Foto: Hendrik Smith
1
2