

Desember 2016
28
Fertasa welcomes new CEO
D
r Pieter Haumann has been elected as the new chief
executive officer (CEO) of the Fertiliser Association of
Southern Africa (Fertasa), the recognised and preferred
body aimed at the credible promotion of responsible and
sustainable fertiliser use. Dr Haumann will begin his tenure as CEO
in January 2017.
After a successful tenure as CEO of Fertasa, Mr Adam Mostert will
step down in January 2017. He has provided invaluable leadership
during his time at the helm and has certainly created a solid
foundation for the future.
ADRIAAN DE LANGE,
chairperson: Fertasa
Dr Pieter Haumann
– new CEO of Fertasa.
Die tweede belangrike les is dat grond wat na geenbewerking
oorgeskakel is, nie na enkele jare vir een of ander twyfelagtige
rede weer bewerk moet word nie. Soms word aanbeveel dat
geenbewerktegrond elke derde of vierde jaar wel bewerk moet
word. Indien dit bewerk word, word die kwaliteits- of gesondheids-
verbetering van die grond weer ongedaan gemaak en bestaan die
moontlikheid dat mielie-opbrengs weer kan daal.
Dit neem jare om die kwaliteit van die grond te verbeter, terwyl
bewerking dit onmiddellik agteruit laat gaan.
Volgens die studie is die behoud van ‘n deklaag van gewasreste op
die grond en wisselbou ook onlosmaaklik deel van die sukses van
geenbewerking in droë klimaatstreke. Sonder dié twee praktyke
word ‘n deel van die potensiële graanopbrengs met geenbewer-
king prysgegee. Wisselbou en die behoud van oesreste op die
grond is daarom twee belangrike beginsels van bewaringslandbou.
Die beweiding van oesreste is ‘n gevestigde praktyk op die meeste
plase en die verandering van konvensionele na geenbewerking
kan ‘n aanpassing van die veevertakking vereis. Die oorbenutting
van oesreste vir vee wat die grond kaal laat moet dus vermy word,
maar die holistiese benadering van bewaringslandbou bied weer
eens ‘n oplossing.
Deur die insluiting en benutting van dekgewasse – verkieslik deur
ultra-hoë beweidingspraktyke – kan grond, asook die produktiwiteit,
winsgewendheid, risiko en veerkragtigheid van die stelsel nog
vinniger verbeter word.
In Pittelkow
et al
. (2015) se omvattende studie het die rol van grond-
eienskappe soos die tekstuur in die reaksie van gewasse op geen-
bewerking ongelukkig nie aandag gekry nie. Inligting oor die grond
waarop die geenbewerkingsproewe gedoen is, was gebrekkig.
Grondtekstuur speel ‘n groot rol in die sukses van geenbewerking.
Uit ons eie ondervinding en navorsing weet ons dat geenbewerking
op leem- en kleigrond met groot sukses toegepas word en dat dit
die impak van droogtes gedurende Januarie en Februarie drasties
kan versag.
Op sandgrond, veral dié met minder as 10% klei wat met gemak
verdig, is sukses met geenbewerking nie ‘n gegewe nie en sal
bewaringsbewerking waar die bewerking tot die minimum beperk
word, waarskynlik eerder of aanvanklik suksesvol wees. Ons uit-
daging is om vas te stel wat die minimum vereiste is en watter
bewaringslandboustelsel in hierdie toestande die beste werk en oor
die lang termyn volhoubaar is.
Geenbewerking is een van die beginsels van bewaringslandbou
wat nie noodwendig slaag as die ander beginsels, soos wisselbou
en die behoud van ‘n deklaag van oesreste, nie daarmee saam
toegepas word nie. Geenbewerking moet nie in isolasie oorweeg
of toegepas word nie, maar as deel van ‘n holistiese bewarings-
landboustelsel gesien word.
Dit is verder essensieel dat die produsent wat van konvensionele
bewerking na bewaringslandbou wil oorskakel, die moontlike aan-
passing van die veebedryfsvertakking op die plaas ook toepas.
‘n Belangrike stelling in die omvattende studie is dat plaaslike
navorsing noodsaaklik is om akkerboukundige riglyne vir geen-
bewerking daar te stel. Tans is daar ‘n sterk aanduiding dat die
plantestand en rywydtes van mielies aangepas moet word om
produksie te optimaliseer.
Ander aspekte soos die identifikasie van geskikte kultivars, die
integrasie van dekgewasse en die veebedryfsvertakking, die ver-
andering in die bemestingsbehoefte en plaag- en siektebeheer
behoort ook ondersoek te word.
Bronne
Blignaut
et al
. 2015.
Promoting and advancing the uptake of sustainable,
regenerative, conservation agriculture in the maize production sector
. Develop-
ment Bank of Southern Africa, Green economy policy brief series.
Pittelkow
et al
. 2015.
When does no-till yield more? A global meta-analysis
. Field
Crops Research 183:156 - 168. (
http://dx.doi.org10.1016/j.fcr.2015.07.020
)
Hoëveld ideaal vir
geenbewerking
OP PLAASVLAK
Bewaringslandbou