

Fokus op die mooi
in elke lewenseisoen
D
ie lewe bestaan uit seisoene en elke seisoen het sy hart-
seer, maar elke seisoen het ook sy mooi. Jy het nie altyd
beheer oor die seisoene in jou lewe nie, maar jy het ‘n
keuse of jy in pyn wil bly sit of eerder wil fokus op die mooi.
Hierdie was me Milanie Vosloo, sakevrou en skrywer, se kernbood-
skap aan produsente se vroue wat op 22 September Monsanto se
Vrouedag op Heidelberg bygewoon het. Die ander vrouedae is op
Lichtenburg, Wolmaransstad, Bethlehem en Middelburg gehou.
“Wie ken die seisoene van die lewe beter as jy? Jy wat jaar na jaar
die pit in die grond sit en onsekerhede soos of dit gaan reën of nie
in die gesig moet staar,” het Vosloo aan die vroue gesê. Sy wens
elke vrou lente-, somer-, herfs-, en wintervriendinne in hul lewens
toe, want elkeen van dié vriendinne sal jou ondersteun om die
lewensseisoene te hanteer en dit met oorvloedige geluk saam met
jou te geniet.
Klerekas weerspieël jou binneste
Me Nina Brown, ‘n stylkonsultant wat vroue help om hul God-
gegewe skoonheid en nie wêreldse skoonheid te ontdek, was
die gasspreker by dié vrouedae vanjaar. “Jy moet kleure dra wat
ooreenstem met die vrou wie jy binne jouself is. Indien jy donker
gelaatstrekke (donker hare, donker oë) het, maar jy is sag van
gees, kan jy nie donker kleure dra nie – hoewel ‘n kleuranalise sal
toon dat jy kleure soos kobaltblou, rooi, vlootblou en smaraggroen
moet dra.
“Ons het soms ‘n verwronge beeld van wie ons regtig is, omdat
ons ons beeld by mense kry en nie by God nie,” het sy verduidelik.
29
December 2016
RUTH SCHULTZ,
SA Graan/Grain
medewerker
1: Nina Brown, ‘n stylkonsultant, besig om ‘n
boodskap aan Marinda Greeff van Delmas oor te
dra, terwyl sy ‘n rooi lap om Marinda se nek sit.
Rooi beeld vergifnis en beskerming uit.
2: Milanie Vosloo, regs, ondersteun Magda du Toit
(korporatiewe kommunikasiebestuurder:
Monsanto SA), links, reeds die afgelope 18 jaar
met Monsanto se reklame en bemarking. Vosloo is
ook die outeur van geestelik-inspirerende boeke.
3: Alwie Carstens is ‘n jongman wat in die Noord-
Kaap grootgeword het en die stofpaaie van die
plaas ken. Hy het sy kinderlewe deurgebring deur
skerpioene te jag, hase en voëltjies te skiet en
heuning uit te haal. Alwie, wat ook ‘n prokureur is,
vertel sy plaas- en lewensstories deur sy musiek.
Hy het tussen 19 en 23 September die drie dames,
Milanie, Magda en Nina, op ‘n toer vergesel tydens
Monsanto se jaarlikse vrouedae, wat op verskeie
plekke in die land plaasgevind het.
4: Pamela Steenekamp (heel regs) het haar twee-
lingsussie, Valerie Damon en Valerie se dogter,
Cheryldene en vriendin, Mariëtta Opperman,
saamgebring na die Monsanto-bederfdag vir
vroue net buitekant Heidelberg in Gauteng.
1
2
3
4
AKTUEEL