

32
Graanproduksie en -produkte:
Klop die syfers?
I
n die graanmark is die fokus meestal op die produksie van
graan en hoe die beskikbaarheid, vraag en aanbod van graan
daar uitsien. Soms word ander interessante inligting, soos
byvoorbeeld die verwerking van graan en hoe die produksyfers
met die geproduseerde syfers korreleer, agterweë gelaat.
Die inligting van die verskillende produkte – wat verkry word
vanaf die verwerking van beide mielies en koring, word op ‘n
maandelikse basis deur die Suid-Afrikaanse Graan Inligtings-
diens (SAGIS) vrygestel. Hierdie syfers bevat inligting van die
volumes van die verskillende produkte wat van beide mielies en
koring geproduseer word.
Met verloop van tyd is bewys dat SAGIS se leweringsyfers en die
oesskattingskomiteesyfers redelik akkuraat en in die kol is en dat
daar ‘n redelike korrelasie tussen die twee is. Dit beteken derhalwe
dat die oesskatting en die SAGIS-syfers geloofwaardig is.
Met die produksyfers wat nou ook deur SAGIS gepubliseer word,
kan produkte wat vanuit hierdie grane vervaardig word, nou ook
bestudeer word.
Die produksyfers stel jou in staat om die syfers verder te verwerk
en korrelasies te identifiseer – wat strek vanaf die produksiesyfers
soos geskat deur die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) tot
en met die fisiese lewering en die produkte wat daaruit vervaar-
dig word.
Waarvoor word die grane aangewend?
Mielies en koring is twee belangrike gewasse in Suid-Afrika. Dit dien
as stapelvoedselprodukte en vorm ‘n groot deel van die kosmandjie
van ‘n groot persentasie Suid-Afrikaners. Dit is interessant om te
sien van watter grane af watter van die produkte wat geproduseer
word, kom en ook waarvoor die grane hoofsaaklik aangewend word.
Grafiek 1
tot
Grafiek 3
toon die produkte wat onderskeidelik van
witmielies, geelmielies en koring vervaardig word. Die spesifieke
produksyfers wat getoon word, is produkte wat vervaardig word
vir menslike verbruik en sluit nie produkte vir die veevoerbedrywe
in nie. Die byprodukte wat verkry word in die vervaardiging van
die produkte word grootliks in die veevoermarkte gebruik. Dit sluit
mielie- en koringsemels in.
Dit is alombekend dat witmielies hoofsaaklik as ‘n stapelvoedsel
vir ‘n groot persentasie Suid-Afrikaners dien – en grootliks in die
vorm van mieliemeel. Grafiek 1 toon ‘n verdeling van die produkte
wat uit witmielies verkry word. Dit is duidelik dat die meeste
witmielies as mieliemeel gemaal word – met 64% van die totale
volume mielies wat oor ‘n jaar-tydperk as mieliemeel gemaal is.
Die grootste persentasie geelmielies (Grafiek 2) is verwerk om
mielierys, omruilmaal en stampmielies te vervaardig. Hierdie drie
produkte het saam sowat 48% van die totale volume verwerkte
geelmielies beslaan, met die byproduk mieliesemels wat 31% daar-
van uitgemaak het. Die mieliemeelkomponent het maar 13% daar-
van uitgemaak.
Die vergelykings het slegs betrekking op heel mielies wat ver-
werk word vir menslike verbruik en sluit nie die heel mielies wat
na die veevoerbedrywe gaan, in nie. Die meeste geelmielies word
hoofsaaklik vir veevoerdoeleindes gebruik. In Grafiek 3 is ‘n ontle-
ding van die koringprodukte. Dit is duidelik dat die meeste koring
verwerk word vir die vervaardiging van broodmeel (48%), terwyl
koekmeel 26% en koringsemels 20% uitmaak.
AKTUEEL
LUAN VAN DER WALT,
ekonoom: Graan SA
Grafiek 1: Witmielieprodukte (Augustus 2015 - Augustus 2016).
Bron: SAGIS
Grafiek 2: Geelmielieprodukte (Augustus 2015 - Augustus 2016).
Bron: SAGIS