

GRAAN SA
/
SASOL
FOTOKOMPETISIE
Stuur foto’s na
elmien@infoworks.biz .Onthou om u naam, kontakbesonderhede
en ‘n byskrif vir die foto saam te stuur.
SLUITINGSDATUM:
Januarie 2017: 6 Januarie
Februarie 2017: 24 Januarie
KOMPETISIEREËLS
1. Slegs amateurfotograwe (dit wil sê persone wat nie ‘n bestaan maak uit die
neem van foto’s nie) mag vir die kompetisie inskryf.
2. Deelnemers kan ‘n maksimum van drie foto’s (waarvan die onderwerpe
verskil) per uitgawe inskryf. Indien meer as drie foto’s ingestuur word, sal
die eerste drie foto’s wat ontvang word, vir die kompetisie in aanmerking ge-
neem word.
3. Fotograwe kan elke maand tot en met die afsnytyd hul foto’s instuur. Inskry-
wings wat ná die afsnytyd ontvang word, sal vir die volgende maand se kom-
petisie ingeskryf word.
4. ‘n Deelnemer wat ‘n maandwenner is, kan vir die daaropvolgende drie uit-
gawes nie inskryf nie.
5. Foto’s wat ingeskryf word, moet uniek wees en nie oor dieselfde onderwerp
handel as foto’s wat vir ‘n ander fotokompetisie ingeskryf is nie. Foto’s wat
ingeskryf word, mag ook nie voorheen gepubliseer wees nie.
6. Inskrywings moet die tema “Plaasnostalgie” uitbeeld.
7. Die fotograaf moet ‘n fotobyskrif asook sy posadres en telefoonnommer/s
saam met die foto verskaf.
8. Persone op die foto moet geïdentifiseer word (verskaf noemnaam en van).
9. ‘n Paneel, wat bestaan uit twee professionele fotograwe asook verteenwoor-
digers van
SA Graan/Grain
en Sasol, sal die foto’s maandeliks beoordeel.
10. Slegs e-posinskrywings sal aanvaar word. Die foto’s moet nie groter as
10 MB elk wees nie, in JPG-formaat en nie kleiner as 15 cm x 20 cm wees nie.
Indien foto’s met ‘n filmkamera geneem word, moet dit teen ‘n resolusie van
300 dpi geskandeer word.
11. Gemanipuleerde foto’s (waar veranderings aangebring is) sal nie aanvaar
word nie. Om ‘n foto te sny (
crop
) word nie as manipulasie beskou nie.
12. Graan SA behou die reg voor om foto’s wat onduidelik is of nie aan die kom-
petisiereëls voldoen nie, af te keur.
13. Alle inskrywings word die eiendom van Graan SA. Die foto’s sal in ‘n data-
bank gebêre word en Graan SA en Sasol mag dit vir toekomstige promosie-,
bemarkings- en publikasiedoeleindes gebruik. Deur in te skryf, stem die
deelnemer in daartoe en geen eise van derde partye vir skending van kopiereg
kan ingedien word nie.
14. Werknemers van Sasol, Graan SA of Infoworks mag nie vir die kompetisie-
inskryf nie.
Wat laat jou met heimwee; met verlange terugdink aan die
plaas? ‘n Ou planter wat onder ‘n bloekomboom staan en roes?
Die melkkan vanmelewe se dae? ‘n Kindjie wat ‘n hanslam
melk gee? Wat van daardie veteraantrekker wat nog ingespan
word om die land om te ploeg? Dalk ‘n ou klipkraalmuur of
plaashek? Of dalk ‘n plaasopstal wat al ‘n eeu oud is?
In 2017 is die Graan SA/Sasol-fotokompetisietema “
Plaas-
nostalgie
”. Ons sien met groot verwagting uit na ons lesers
se interpretasie van dié unieke tema.
PRYSGELD VERHOOG
Komaan, skryf in: Wie weet, dalk is jy een van die maand-
wenners wat R1 500 kontant wen of dalk stap jy nog met die
groot prys (R15 000) aan die einde van die kompetisie weg.
Vanaf Januarie 2017 word daar vir twaalf uitgawes elke maand
‘n wenner deur ‘n paneel beoordelaars aangewys – wat ‘n
kontantprys van
R1 500
ontvang. Die twaalf finaliste kom in
aanmerking vir
R15 000
(
wenner
),
R10 000
(
naaswenner
) en
‘n
derde prys
van
R5 000
. Baie dankie aan Sasol wat weer hier-
die jaar die prysgeld borg: R48 000 altesaam.
Plaasnostalgie