

‘n Duitse velddag
– hou ons kers vas?
N
et soos wat die teelepel ‘n eenvoudige, maar treffende
uitvindsel is, bly inligtingsdae vir produsente op eie bodem
‘n konsep wat eenvoudig net werk. Aangesien teelepels
selfs in Europa ‘n tydlose item is, is dit interessant om
te weet hoe insetverskaffers op dié kontinent te werk gaan wan-
neer ‘n inligtingsdag aangebied word.
As deel van
SA Graan/Grain
se besoek aan Duitsland (op uitnodiging
van BASF) vroeër vanjaar, het die vooruitsig om die Gemüsebau-
Feldtag in Dannstadt-Schauernheim digby Mannheim by te woon
‘n sonderlinge verwagting geskep. Hoe vergelyk die standaard
en inhoud van ‘n Eerstewêreld-inligtingsdag met dít waaraan ons
gewoond is in Suid-Afrika en watter wenke is daaruit te neem?
Met inagneming van die feit dat die Rynvallei-streek waar ons be-
soek afgelê het, grootliks bestaan uit kleiner plase waar ‘n verskei-
denheid van grane, groente, wyndruiwe en voergewasse verbou
word, was ons die relatiewe klein perseel waarop die strookproewe
aangeplant is, te wagte. Die proefperseel is uitgemerk, afgebaken
en met netjiese inligtingsbordjies per proef afgerond en alles is na-
tuurlik met Duitse presisie gedoen.
Die inligtingsdag, oftewel “velddag”, is aangebied deur ‘n saad-
verskaffer, naamlik Enzo Zaden, in samewerking met BASF Crop
Protection, ‘n meganisasiemaatskappy en ‘n handvol ander kleiner
verskaffers. Hierdie tipe samewerking deur insetmaatskappye is ‘n
interessante alternatief vir enkelfokus-inligtingsdae wat slegs deur
‘n spesifieke verskaffer aangebied word. In die afgelope jare is dit
opmerklik dat plaaslike verskaffers ook hande vat om die trefkrag
van ‘n inligtingsdag vir produsente te verhoog.
Iets anders wat ook opgeval het, is dat die nagenoeg 800 pro-
dusente wat die dag bygewoon het, ná verwelkoming en registrasie
geen grootgroep-lesing of aanbieding moes bywoon nie. Landbou-
kundiges of produkspesialiste neem eerder ‘n groepie van minder
as tien mense per keer te voet deur die perseel. Sterk klem is gelê
op die feit dat die proewe wat aangeplant is nie wetenskaplike
proewe vervang nie, maar ten doel het om die gewasse se prestasie
onder werklike toestande te demonstreer.
In lyn hiermee was voorbeelde van gewasse wat gebrekkige toe-
diening en/of oortoediening van onkruid- en plaagbeheer ontvang
het, vertoon. Dit was interessant dat voorbeelde van die effek van
droogtestremming en oormatige reën op gewasse ook ten toon
gestel is. Vir ‘n produsent wat die velddag bywoon, is dit dus soos
om ‘n motor vir die naweek te kry om te toetsbestuur eerder as
om dit net in die vertoonlokaal te bewonder of net straataf en terug
te kan ry.
‘n Verbouingstonnel aan die kant van die perseel is ingerig as ‘n
kuier- en eetlokaal. By die laaste besoekpunt van die dag is
onbeskryflike lekker Duitse disse en vatbier bedien. Laasgemelde
kan ‘n skrywer se oordeel natuurlik beïnvloed, maar boeregasvry-
heid bly boeregasvryheid – in enige taal en op enige kontinent. Die
Suid-Afrikaanse braai-etes wat normaalweg by ons inligtingsdae
bedien word, hoef egter nie ‘n duit terug te staan vir die Gemüse-
bau-Feldtag s’n nie.
Gemeet aan die standaard van BASF se produsente-inligtingsdae
wat oor die afgelope jaar by Delmas, Rysmierbult, Howick en op
Douglas aangebied is – en selfs dié van ander mededingermaat-
skappye – kan Suid-Afrikaanse produsente myns insiens tevrede
voel dat ‘n hoë standaard op eie bodem gehandhaaf word. Hoewel
tyd maar vir almal beperk is, bly so ‘n dag ‘n moeite werd-aksie vir
tegnologie-oordrag, persoonlike kontak en eerstehandse ervaring
van produkte.
35
AKTUEEL
JOHAN SMIT,
besturende redakteur:
SA Graan/Grain
Besoekers aan die inligtingsdag by Gemüsebau-Feldtag in Duitsland
bring in klein groepies besoek aan die proewe.
Produsente van die Rynvallei maak keel nat na ‘n oggend op die
proefperseel.