

Moderne navorsingsfasiliteit geopen
D
ie uitleg van Monsanto se nuwe R15 miljoen-navor-
singsfasiliteit op Petit naby Benoni, leen homself tot ‘n
meer netwerk-vriendelike omgewing waar idees uitgeruil
kan word.
“Ek hoop dat die span meer tyd in areas soos die nuwe moderne
kombuis sal deurbring eerder as agter hul lessenaars, want dit
is in hierdie areas waar daar gewerk word aan idees vir die
volgende generasie produkte,” het mnr Kiru Pillay (navorsingsleier:
Monsanto Suid-Afrika en WEMA) tydens die opening op 30 Sep-
tember vanjaar gesê.
‘n Oudiovisuele raadsaal sal personeel toelaat om idees met hul
internasionale kollegas uit te ruil en met mekaar te kommunikeer
oor plaaslike en internasionale tegnologie, wat weer waarde vir
produsente in Suid-Afrika en Afrika sal bied.
“Die merkwaardige span by Petit werk die afgelope tien jaar aan
die beste kiemplasmaprodukte in die Suid-Afrikaanse mark. Hulle
het ook die afgelope vyf jaar transformasie ten opsigte van teg-
nologie ondergaan. Dit is uiters opwindend om te sien hoe hierdie
transformasie die saadteelprogram en die kommersiële produkte
in die mark beïnvloed,” het mnr Michael Graham (wêreldwye na-
vorsingsleier: Monsanto) gesê.
Buiten dat die kantoor meer as dubbel die grootte van die vorige
gebou op die navorsingperseel is, is die werksomgewing ook nou
energiedoeltreffend en rolstoelvriendelik. Ander ekstras sluit in
nooduitgange, beter beligting en ‘n bykomende eerstehulpkamer.
‘n Totaal van 256 kontrakteurwerkers het aan hierdie projek, wat
binne ses maande voltooi is, gewerk.
“‘Hierdie is ‘n wêreldklasfasiliteit vir ‘n wêreldklasspan,” het Graham
afgesluit.
31
AKTUEEL
A15003
Daar is geen groter
tyd saam met gelief
Geniet die blaaskan
die komende jaar m
energie kan aanpak
sien daarna uit om s
met jou die meeste
te maak van die
geleenthede
wat voorlê.
Kersfees ... ’n tyd vir
lag en saamwees.
Mag jy en jou
fa”mielie”
vreugde ervaar hierdie
feesseisoen
.
geskenk as
des nie.
sie sodat jy
et hernieude
. Monsanto
aam
Kontak gerus ons kliëntediens by:
011 790-8200 of
customercare.sa@monsanto.comMonsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk,
Posbus 69933, Bryanston, 2021.
RUTH SCHULTZ,
SA Graan/Grain
medewerker
1: Michael Graham tydens die inhuldiging van die nuwe saadnavorsingsfasiliteit
op Petit. ‘n Koek in die vorm van die nuwe kantore is vir die seremonie gebak.
2: Michael Graham en Jonathan Jenkinson (navorsingsleier: Monsanto, Asië en
Afrika) huldig die nuwe fasiliteit tydens nog twee inhuldigingsessies in, naamlik
‘n lintknipsessie en die onthulling van die gedenkplaat wat aan die voorkant van
die gebou aangebring is. Jenkinson wens vir Kiru Pillay geluk met dié suksesvol-
voltooide projek.
3: Tradisionele Afrika-dansers deel in die feesvieringe tydens die opening van die
nuwe Monsanto-navorsingsfasiliteit.
1
2
3