

33
December 2016
Grafiek 3: Koringprodukte (Augustus 2015 - Augustus 2016).
Bron: SAGIS
Grafiek 4: Maandelikse mielieprodukte teenoor die maandelikse menslike
verbruiksyfer vir heel mielies.
Bron: SAGIS
Grafiek 5: Maandelikse koringprodukte teenoor maandelikse menslike
verbruiksyfer vir heel koring.
Bron: SAGIS
“
Hierdie syfers bevat
inligting van die volumes
van die verskillende
produkte wat van beide
mielies en koring
geproduseer word.
“
Vergelyking van produktemet maandelikse
voorraadsyfers
Wanneer daar van inligting wat syfers bevat om markanalises te
doen en tendense te bepaal gebruik gemaak word, is dit krities dat
die syfers akkuraat moet wees ten einde betroubare voorspellings
te maak. Die syfers moet behoorlik korreleer om dit so effektief
moontlik aan te wend. Wat vraag en aanbod betref, is dit belangrik
om te weet hoe akkuraat dit is en of vraag en aanbod regtig be-
duidend met mekaar korreleer.
Die aanbod van die rou kommoditeite is afhanklik van die produksie
en/of die invoere daarvan. Die vraag word weer bepaal deur die
produkte wat verbruik word en die verwerking van die graan self.
Grafiek 4
en
Grafiek 5
toon die totale volume maandelikse pro-
dukte teenoor die rou kommoditeite, wat gedurende die maand vir
menslike verbruik (mielies en koring onderskeidelik) verwerk is.
Uit Grafiek 4 en Grafiek 5 is dit duidelik dat die produktesyfers
beduidend met die verwerkingsyfers korreleer en dat die syfers
redelik akkuraat is. Die syfers, soos deur SAGIS verskaf, toon op
‘n gemiddelde basis besonder naby aan ‘n 100%-akkuraatheid. Die
syfers wat met mekaar vergelyk word, is die maandelikse volume
graan wat vir menslike verbruik verwerk is – soos verkry uit die
maandelikse vraag-en-aanbodsyfers, asook die maandelikse totale
produkte verkry vanuit die graan. Die semels, wat as byproduk
vanaf die mielies verkry word, is gemiddeld so 30%, terwyl dié
verkry uit koring gemiddeld so by die 20% beloop.
Ten slotte
In enige bedryf waar analises gedoen en besluite geneem moet
word, speel inligting ‘n belangrike rol. Hierdie inligting moet akku-
raat wees en met gemak aangewend kan word. Dit is duidelik dat
die syfers wat deur SAGIS gepubliseer word, betroubaar is en dat
die geloofwaardigheid daarvan nie in twyfel getrek sal kan word nie.
Die byhou van hierdie tipe inligting hou heelwat voordele vir die
bedryf in en dit is dus belangrik vir belanghebbendes om die waarde
daaraan verbonde en hoe dit gebruik kan word om die verskeie
faktore te ontleed, te verstaan.
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– Stella Pieterse 2015