Background Image
Previous Page  24 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 24 / 44 Next Page
Page Background

Desember 2016

22

Afrika mieliestamboorder

deeglik gemonitor vir oorlewing op Bt-mielies

B

t-mielies, wat geneties gemodifiseer is om die Afrika-mielie-

stamboorder (

Busseola fusca

) te beheer, word alreeds

sedert 1998 in Suid-Afrika geplant. Bt-mielies wat ‘n enkel-

geen (Bt1) bevat, is vir die eerste keer in die Vaalharts-

besproeiingskema geplant.

Hierdie enkelgeen-Bt-mielie is met groot sukses geplant en het die

Afrika-mieliestamboorder vir sowat agt jaar beheer voordat die

eerste tekens van weerstand in 2006 in die Vaalhartsbesproeiing-

skema gerapporteer is.

Daar is verskeie redes waarom weerstand ontwikkel het, waarvan

die belangrikste is dat die aanplanting van die nie-Bt-toevlugs-

oord nie na wense was nie en tweedens dat die uitdrukking van die

Bt-geen nie hoog genoeg was om larwes ten volle te beheer nie.

Dit was vir Suid-Afrika ‘n groot leerskool en het ons opnuut laat

besef wat die waarde van

base line

-data is en om mieliestamboor-

ders pro-aktief te monitor. Indien daar elke jaar ‘n Afrika-mielie-

stamboorderpopulasie van Vaalharts gemonitor was, sou daar

vroegtydig waarskuwingstekens gewees het – om sodoende weer-

standsontwikkeling te kon voorkom of ten minste uit te stel.

Eers nadat Bt-weerstand gerapporteer is, is daar gekyk na ‘n Bt-

plaasvervanger vir weerstand. Daar is dus kosbare tyd gemors,

aangesien die bron van weerstand alreeds getoets kon gewees het

indien daar data beskikbaar sou wees. In 2011 is daar ‘n dubbel-

geen (Bt2) Bt-mielie vrygestel wat wel weerstandbiedende larwes

kan beheer.

Hierdie dubbelgeen Bt-mielie word vir die afgelope vyf jaar in

Suid-Afrika aangeplant – met nog geen teken van weerstandsont-

wikkeling nie.

In

Grafiek 1

is die Bt-weerstandsvlakke van die Afrika-mieliestam-

boorderpopulasie wat jaarliks vanaf 2012 tot 2016 in Vaalharts

versamel is, aangebring. Hierdie populasie is elke jaar in labora-

toriumstudies teen beide Bt-mielies – die enkel- en dubbelgeen – wat

kommersieel in Suid-Afrika beskikbaar is, getoets.

Uit die grafiek is dit duidelik dat die larwale oorlewing op die enkel-

Bt-geen dieselfde tendens het as larwes wat op die nie-Bt-

kontroleplante oorleef nadat larwes vir sewe dae gevreet het.

Daarom kan die gevolgtrekking gemaak word dat die Afrika-mielie-

stamboorder nog steeds weerstand in Vaalharts toon.

Die oorlewing van larwes op die enkel-Bt-geen neem jaarliks toe,

maar daar is nog geen bewys dat oorlewing op die dubbel-Bt-

geen toeneem nie. Die larwale oorlewing op die dubbel-Bt-geen is

tussen 0% tot 10% na sewe dae, maar geen oorlewing is waarge-

neem na 14 dae nie. Hieruit kan dus afgelei word dat daar geen teken

van weerstand teen die dubbelgeen in Vaalharts sigbaar is nie.

Dit is ook belangrik om nie net te kyk na wat oor tyd gebeur nie,

maar ook om soveel as moontlik Afrika-mieliestamboorderpopu-

lasies per seisoen te monitor wat in Suid-Afrika teenwoordig is waar

mielies geproduseer word.

In

Grafiek 2

is die resultate van elf verskillende populasies wat op

tien verskillende lokaliteite versamel en in laboratoriumstudies

getoets is. Die regstellende persentasie mortaliteit van elke popu-

lasie is bereken deur larwes op die enkel- sowel as die dubbel-Bt-

geen te laat vreet. Uit die grafiek kan afgelei word dat daar in die

verskillende areas in Suid-Afrika ‘n groot variasie in oorlewing op die

enkel-Bt-geen is.

Daar kan dus gesê word dat daar in sekere areas in Suid-Afrika

nog steeds met die enkel-Bt-geen beheer oor die Afrika-mielie-

stamboorder is, maar nie in ander areas nie. Dit is egter uit hierdie

grafiek duidelik dat die dubbel-Bt-geen nog effektief teen die Afrika-

mieliestamboorder is – met ‘n 100%-mortaliteit na 26 dae.

Slegs 0% tot 20% mortaliteit is vir die Vaalharts-, Grootpan- en

Potchefstroompopulasies op die enkel Bt-geen (Grafiek 2) bereken.

Geen van die populasies wat getoets is, het weerstand teen die

dubbel-Bt-geen getoon nie.

Die waardetoevoeging wat pro-aktiewe monitering Suid-Afrika

bied, kan na aanleiding hiervan nie oorbeklemtoon word nie.

Deur populasies van die Afrika-mieliestamboorder te monitor, kry

produsente ‘n goeie idee of larwes in hulle gebied die vermoë het om

op Bt-mielies te oorleef of nie.

Sodoende word die weerstandsvlakke van elke seisoen bepaal

om voorbereiding vir ‘n volgende seisoen te vergemaklik. Die

jaarlikse resultate gee ook ‘n aanduiding of daar tekens van weer-

standsontwikkeling is of nie. Sodoende kan vroegtydig opgetree

word indien weerstand in die veld waargeneem word.

Deur hierdie tipe data jaarliks te genereer, voorkom ons om dieselfde

foute te begaan as met die enkel-Bt-geen. Hierdie data onder-

steun Suid-Afrika om nie weer onverwags betrap te word met Bt-

weerstand nie. Die gevolgtrekking hieruit is dat dit belangrik is om

te weet wat die weerstandsvlakke in jou omgewing is.

OP PLAASVLAK

Mieliestamboorder / Weerstand / Bt-mielies

Geïntegreerde plaagbeheer

ANNEMIE ERASMUS,

LNR- Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom

Die Afrika-mieliestamboorder.