

23
December 2016
Sou ‘n produsent weet daar is tekens van weerstand in die omge-
wing, kan daar nou voorkomend gespuit word of eerder gebruik
gemaak word van ‘n Bt-geen wat daarvoor bekend is dat dit
weerstandbiedende larwes beheer. Die noodsaaklikheid daarvan
om ‘n nie-Bt-toevlugsoord te plant kan nie oorbeklemtoon word
nie. Deur die nie-Bt-toevlugsoord te plant word weerstandsont-
wikkeling uitgestel en selfs verhoed.
Wat is ‘n hoëdosistoevlugsoord en hoe
word dit geplant?
Die hoëdosistoevlugsoordstrategie is gebaseer op die kombinasie
van Bt-mielies wat hoë dosisse Bt produseer, met die nabyheid
van nie-Bt-mielies as ‘n toevlugsoord. Die voorstel van die hoë-
dosistoevlugsoordstrategie is om soveel as moontlik van die
stamboorders te dood. Die voorstel van die toevlugsoord is om
stamboorders te produseer wat op nie-Bt-mielies oorleef. Die doel
is om seker te maak dat ‘n skaars weerstandbiedende stamboorder
wat op Bt-mielies oorleef, nie totale weerstandbiedende nakome-
linge produseer deur met ander weerstandbiedende stamboorders
te paar nie.
Vatbare stamboorders wat op die nie-Bt-toevlugsoord oorleef, is
inteendeel veronderstel om te paar met die weerstandbiedende
individue wat op die Bt-mielies oorleef. Daar word verwag dat die
nakomelinge van die paring ‘n lae tot matige vlak van Bt-weer-
stand sal hê en nie die vermoë sal hê om op mielies met hoë Bt-
vlakke te oorleef nie.
Daar is sekere voorgeskrewe riglyne wat gevolg moet word indien
die produsent Bt-mielies plant. Daar is twee opsies wat gevolg kan
word: ‘n 5%-toevlugsoord van nie-Bt-mielies waar stamboorders
nie chemies beheer mag word nie of ‘n 20%-toevlugsoord van nie-
Bt-mielies waar stamboorders wel chemies beheer mag word.
Indien die 5%-opsie toegepas word, moet die produsent 5 ha nie-
Bt-mielies en 95 ha Bt-mielies vir elke 100 ha mielies plant. In die
geval van die 20%-opsie moet die produsent 20 ha nie-Bt-mielies
en 80 ha Bt-mielies vir elke 100 ha mielies plant.
Vir verdere inligting of om vas te stel of daar weer-
stand in jou area is, kan Annemie Erasmus by 018 299
6113 of
ErasmusA@arc.agric.zagekontak word.
Grafiek 1: Afrika-mieliestamboorder: Oorlewing van ‘n Vaalhartspopulasie oor tyd (jare).
Grafiek 2: Mortaliteit van verskillende Afrika-
mieliestamboorderpopulasies.
Saadpryse
Saad maak ongeveer 12% van ‘n graan- en oliesadeprodusent se
lopende produksiekosterekening uit. Vir die 2016/2017-produksie-
seisoen het mieliesaad met gemiddeld 6,9%, graansorghum-
saad met 8,3%, sonneblomsaad met 7,4% en sojaboonsaad met
7% gestyg.
Trekkerpryse
In Oktober 2016 was die pryse van trekkers 19,6% hoër as die
oorstemmende tydperk twaalf maande gelede. Die volatiliteit
en algemene verswakking in die waarde van die rand teenoor die
geldeenhede van Suid-Afrika se vernaamste handelsvennote was
die hoofsaaklike rede vir hierdie prysstyging.
Trekkerverkope
Vir 2016 het trekkerverkope tot en met Oktober met 14% ver-
geleke met dieselfde periode in 2015 gedaal. In hierdie tien
maandetydperk verlede jaar is 5 877 eenhede verkoop, terwyl
trekkerverkope vir 2016 op 5 053 eenhede staan.
Dié laer verkope kan hoofsaaklik aan die droogtetoestande, uit-
dagende finansiële omstandighede en uitermatig hoër trekkerpryse
toegeskryf word.
INSET-OORSIG
Graan SA/Sasol fotokompetisie