SA Grain December 2013 - page 19

Uitvlug ontvang produsente
Landbou-indaba kyk na waar staan produsente
TOIT WESSELS, LEDEBEMARKER (KAAPPROVINSIE),
GRAAN SA GRAANPRODUSENTONTWIKKELINGS-
PROGRAM
Op 4 September het die Riversdal Boere-
vereniging ‘n boeredag op die plaas Uitvlug
gehou.
Bewaringsboerdery was die onderwerp en mnr
Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder:
Graan SA) was die gasspreker tydens die dag
wat deur ongeveer 220 produsente bygewoon
is. De Villiers het produsente van Graan SA se
werksaamhede vertel en waarmee die organi-
sasie alles besig is.
Hierdie boeredag is gereël om die proewe op
Uitvlug, wat deur die Wes-Kaapse Departe-
ment van Landbou geplant is, te besigtig en te
bespreek.
TOIT WESSELS, LEDEBEMARKER (KAAPPROVINSIE), GRAAN SA GRAANPRODUSENTONTWIKKELINGSPROGRAM
Graan SA, in samewerking met Nedbank, Kaap Agri en
Landbouweekblad
, het op 6 September
‘n Landbou-indaba op Moorreesburg gehou. Die onderwerp van die indaba was: “Is daar nog
geleenthede en ‘n plek vir ‘n boer in Suid-Afrika?” Die sprekers die oggend was minister Gerrit van
Rensburg (Wes-Kaapse Minister van Landbou) en mnre Louw Steytler (voorsitter: Graan SA) en
Dawie Klopper (PSG). Elkeen kon vir 20 minute lank sy sieninge met die gehoor deel en daarna het
mnr Hugo Lochner van
Landbouweekblad
opgetree as leier van die paneelbespreking met vrae en
kommentaar uit die gehoor van 330 mense.
Dit was ‘n uiters suksesvolle oggend met mense van oor die hele Wes-Kaap wat teenwoordig was.
Die positiewe kommentaar ná die tyd was oorweldigend en daar is besluit om iets soortgelyks
jaarliks te probeer hou.
1: Gaste kon ‘n heerlike ontbyt tydens die Landbou-indaba op Moorreesburg geniet.
2: Sprekers het ‘n 20 minute spreekbeurt gekry waarna ‘n paneelbespreking gehou is.
Ongeveer 220 produsente het die boeredag op
Uitvlug bygewoon om die proewe van die Wes-
Kaapse Departement van Landbou te besigtig.
Lede-landskap
17
December 2013
Vervolg van bladsy 15
Welcome to Grain SA
CORETHA USHER, HR OFFICER, GRAIN SA
Lebo Mogatlanyane was appointed as office assistant in Lichtenburg.
Mogatlanyane is studying part time for a diploma in Human Resource
Management through Damelin. She worked for Lafarge Cement pre-
viously on various temporary assignments.
ESTIE DE VILLIERS, ASSISTENT-REDAKTEUR: SA GRAAN/GRAIN
Die
SA Graan/Grain
Redaksiekomitee het gedurende Oktober besoek afgelê
by dié tydskrif se drukkers, Kagiso BM, wat in Denver, Johannesburg, geleë is.
Hulle is ‘n toonaangewende rolpersdrukkery, wat deel is van die Caxton me-
diagroep.
‘n Fabriekstoer het eerstehands aan die redaksielede gewys wat die drukproses
van
SA Graan/Grain
behels. Hierdie besoek was egter nie net speel en geen
werk nie, want die maandelikse Redaksiekomitee-vergadering is ook sommer
terselfdertyd by Kagiso BM gehou.
Van links: Cobus van Coller (voorsitter:
SA Graan/Grain
Redaksiekomitee),
Susan Engelbrecht (Graan SA), Petru Fourie (Graan SA), Bart Harmse (Graan
SA hoofbestuurslid), Corné Louw (Graan SA), dr Annelie Barnard (LNR-KGI),
Johan van Onselen (Kolbé Advertising), Johan Loxton (besturende redak-
teur:
SA Graan/Grain
), Tom Jones (besturende direkteur van Kagiso BM),
Elmien Bosch (redaksionele assistent:
SA Graan/Grain
; Infoworks), Theo Fer-
reira (Graan SA hoofbestuurslid), Hans van der Berg (Graan SA), Israel Motlha-
bane (Graan SA hoofbestuurslid), Marina Kleynhans (Graan SA) en Johan Smit
(tegniese redakteur:
SA Graan/Grain
; Infoworks).
Lebo Mogatlanyane
1
2
Redaksie besoek drukkers
1...,9,10,11,12,13,14,15,16,17,18 20,21,22,23,24,25,26,27,28,29,...52
Powered by FlippingBook