SA Grain December 2013 - page 17

‘n 180°-blik op ons lede en tak-aktiwiteite
Wes-Kaapse boeredae ‘n groot sukses
Graan SA betrokke by plaaswerkersdae
LIANA STROEBEL, WES-KAAP GRAANPRODUSENTONTWIKKELINGS-
KOÖRDINEERDER, GRAAN SA GRAANPRODUSENTONTWIKKELINGSPROGRAM
Twee baie opwindende en inspirerende boeredae het op 2 en 3 Oktober
2013 in die Wes-Kaap plaasgevind.
Die eerste hiervan is op Moorreesburg op die Departement van Landbou
se proefplaas op Langgewens gehou en die tweede op mnr Alan Jeftha
se plaas net buite Suurbraak. Hierdie twee dae is deur ontwikkelende
produsente, insetverskaffers en amptenare van die Departement van
Landbou, Bosbou en Visserye bygewoon.
Dié boeredae het ten doel om aan ons ontwikkelende produsente die
geleentheid te bied om verhoudinge met insetverskaffers en industrie-
rolspelers vanuit hul area te bou. Gedurende hierdie twee dae is inligting
deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye voorgelê aan-
gaande die korrekte prosedure wat gevolg moet word om vir Graan
CPAC-fondse aansoek te doen.
Verteenwoordigers van die plaaslike landboumaatskappye is ook
uitgenooi om inligting rakende die ondersteuningstrukture wat hierdie
instansies vir ontwikkelende produsente in plek het, deur te gee. Ons
wil graag vir Kaap Agri en SSK bedank vir hul ondersteuning in hierdie
verband.
Baie van ons ontwikkelende produsente in die Wes-Kaap ontvang finan-
siële ondersteuning van die Departement van Landbou, Bosbou en Vis-
serye, wat wonderlik is om ons produsente te help om op hul voete te
kom. Hierdie tipe befondsing is egter nie volhoubaar nie en daarom is dit
belangrik dat produsente nou al begin vorentoe kyk en beplan hoe hul
hulself in die toekoms gaan ondersteun.
Vir hierdie rede is verteenwoordigers van Land Bank ook uitgenooi om
aan ons produsente meer inligting beskikbaar te stel rakende leningsop-
sies. Hierdie opsies is uiters goed deur ons produsente ontvang en het
baie belangstelling gewek.
Daar is ook van die geleentheid gebruik gemaak om proewe tydens die
boeredag wat op Suurbraak gehou is te besigtig. Hierdie proewe is deur
mnr Wilmar Adams van die Suurbraak Grain Farmers geplant, wat deel
vorm van die SWD-studiegroepproewe in die area. Die doel van hierdie
proewe is om die effek van verskillende bestuurspraktyke op ‘n praktiese
manier aan ons studiegroeplede te demonstreer.
Graan SA wil graag almal wat die boeredae bygewoon het hartlik bedank
vir hul betrokkenheid asook hul positiwiteit rondom ontwikkeling in
die Wes-Kaap. Ons glo dat boeredae soos hierdie die grondslag lê vir die
bou van langtermynverhoudinge tussen ons ontwikkelende produsente
en industrie-rolspelers.
TOIT WESSELS, LEDEBEMARKER (KAAPPROVINSIE), GRAAN SA
GRAANPRODUSENTONTWIKKELINGSPROGRAM
‘n Plaaswerkersdag, aangebied deur Overberg Agri, is op 3 September
op Rietpoel en Napier gehou. Ongeveer 230 werkers het die oggend op
Rietpoel bygewoon, waar Graan SA genooi is om te gesels oor die rol van
die plaaswerker op die plaas ten opsigte van graanverbouing. Die vraag:
“Wat kan ek as werker doen om waarde toe te voeg tot die verhoogde
produksie van koring, gars of kanola op die plaas waar ek werksaam is?”
is bespreek en daar was baie goeie deelname vanuit die gehoor.
Daardie middag het dieselfde verrigtinge op Napier plaasgevind, waar daar
140 werkers teenwoordig was. Baie dankie aan Overberg Agri vir die or-
ganisering van die dae. Graan SA is trots om deel daarvan te kan wees.
Lede-landskap
1: Noko Masipa (Land Bank) aan die woord by die boeredag op die Langgewens proefplaas op Moorreesburg.
2: Toit Wessels (Graan SA) gesels met besoekers by die boeredag op Suurbraak; gehou op Alan Jeftha se plaas.
3: Besoekers aan die Suurbraak boeredag.
15
December 2013
Vervolg op bladsy 17
1
2
3
1...,7,8,9,10,11,12,13,14,15,16 18,19,20,21,22,23,24,25,26,27,...52
Powered by FlippingBook