SA Grain December 2013 - page 14

Kersboodskappe
Graan SA
Desember 2013
12
Hoop/Hope
A
lhoewel daar ‘n magdom uitdagings is wat die primêre graan-
produsente en die landbousektor in die algemeen in die gesig
staar, is ek van mening dat Graan SA en al sy affiliasies al die
uitdagings goed verstaan en reeds sy huiswerk gedoen het om dit die
hoof te bied.
Op alle terreine van ons werksaamhede hou ons die stem van sowel
ekonomiese en grondwetlike redelikheid voor as die uitgangspunt van
ons redenasies. Op grondwetlike en ekonomiese terreine veral word daar
klem gelê op benaderings wat alle Suid-Afrikaners sal bevoordeel.
Dit is baie belangrik dat hierdie benaderings nóg die grondwetlike
reg van die individu, nóg die ekonomiese orde of die voordeel van
voedselsekerheid wat deur alle Suid-Afrikaners geniet word, ondergrawe.
Ordelike, volhoubare grondhervorming is egter ‘n noodsaaklikheid.
In hierdie verband sal Graan SA eersdaags werk aan ‘n metodiek en
stelsel wat as ‘n alternatief kan dien vir diegene in ons samelewing wat
bloot simplistiese lippediens doen aan die ekonomiese en grondwetlike
werklikhede van hierdie debat.
We need to create an enabling environment with government and the
entire value chain of food production to ensure the profitability and
further processing of agricultural products in the very rural areas they
are produced in, and in doing so, create wealth and jobs in order to
make a difference to the plight of so many South Africans who deserve
decent jobs in our endeavours to address the grinding poverty that is
experienced by so many.
We, the personnel and the Executive of Grain SA, appreciate and
understand these challenges. In my opinion, we will succeed.
Aan Andries Theron en Victor Mongoato, visevoorsitters van Graan
SA, die voorsitters van komitees en lede van die Hoofbestuur, my
dankbaarheid vir die toegewyde wyse waarop u handel namens ons lede.
Aan die uitvoerende hoofbestuurder, Jannie de Villiers, en al die
personeel van Graan SA, ons dank vir die harde werk van die afgelope
jaar. Aan al die lede vir hulle lojale ondersteuning, ons dank.
Aan die Goeie Vader, sonder wie niks moontlik sal wees nie, ons grootste
dank.
Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar, mag die reëns mildelik
val in die plantseisoen.
Louw Steytler
Voorsitter: Graan SA
Maar by julle moet
dit nie so wees nie
K
ersfees word wêreldwyd deur Christene
en selfs nie-Christene gevier. Die rede
vir die feesvieringe en die manier van
feesvier verskil egter baie. Die boodskap vir
2013 wat ek meen die Here op my hart kom
lê het, is die eerste deel van Markus 10:43
waar Jesus op ‘n stowwerige pad onderweg
na Jerusalem die basiese les in leierskap en
Christenskap met sy dissipels deel.
Hy praat oor die gedrag en optredes van
regeerders en groot manne wat baasspeel en
hulle mag misbruik en dan volg sy woorde:
Maar by julle moet dit nie so wees nie
.”
Die wêreld vier Kersfees om groot winste
te maak,
maar by julle moet dit nie so wees
nie.
Die wêreld vier dit op ‘n manier waar dit
met losbandigheid en dronkenskap gepaard
gaan,
maar by julle moet dit nie so wees nie.
Die wêreld vlug weg van realiteite,
soos eensaamheid en verwerping deur
verdowingspille te neem,
maar by julle
moet dit nie so wees nie.
Die wêreld is bang om by ander mense
betrokke te raak weens hulle eie swaar laste,
maar by julle moet dit nie so wees nie
.
Die wêreld sien geen waarde in die arm en
gebreklike mense nie,
maar by julle moet
dit nie so wees nie.
Die wêreld wil nie jammer sê oor dinge wat
in die verlede skeefgeloop het nie,
maar by
julle moet dit nie so wees nie.
Diewêreld is besorg oor wie die belangrikste
en vernaamste is,
maar by julle moet dit nie
so wees nie.
Die wêreld spoel gereeld hulle monde uit
oor alles wat verkeerd is in ons land,
maar
by julle moet dit nie so wees nie.
Die boodskap vir Kersfees 2013 is dat jy moet
oplet wat in die wêreld om jou aangaan, die
boodskap van Jesus ter harte neem en dan
begin om dinge te doen wat anders is. Anders
in die sin dat jy begin dien soos Hy dit gedoen
het vir sondaars soos ek en jy. Hy het nie in sy
besluit om aarde toe te kom na die vernaamste
mense gekyk om te bepaal of dit die moeite
werd sou wees of nie. Nee, Hy het ook gekom
vir die geringstes onder ons.
Kom ons slaan ag op sy besluit om sy posisie
van eer op die troon in die hemel te verlaat,
aarde toe te kom en ander te kom dien. Kom
ons neem sy voorbeeld en woorde ter harte
om nie aan die wêreld gelykvormig te wees nie,
maar om ander te dien.
Daarom wil ek jou aanmoedig om vrygewig
te wees in hierdie dae. Vrygewig, nie net met
goed nie, maar veral met genade vir hulle wat
anders as jy dink en doen; vrygewig in tyd
afstaan vir jou gesin deur dinge saam te doen
wat hulle wil doen en hoe hulle dit wil doen. Dit
kan beteken dat jy op die mat langs jou kind of
kleinkind moet gaan sit en speel. Dalk moet jy
daardie familielid of buurman/vrou bel met wie
jy vir jare lank nie gepraat het nie. Dit kan ook
beteken dat jy ‘n geselsie moet aanknoop met
‘n plaaswerker se kind, of met die persoon by
die kasregister, of met die geringstes onder ons
om te hoor wat hulle vir Kersfees gaan doen.
As die wêreld dan skree “Jy mors jou tyd, want
hulle is nie belangrik nie!” onthou dan Markus
10:43 –
maar by julle moet dit nie so wees nie
.
Geseënde Kersfees aan al ons lesers en mag
die andersheid waarmee jy hierdie Kerstyd
aanpak, vele seëninge vir jou bring.
Jannie en Retha de Villiers
Uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA
1...,4,5,6,7,8,9,10,11,12,13 15,16,17,18,19,20,21,22,23,24,...52
Powered by FlippingBook