SA Grain December 2013 - page 9

Moderne landbou
in aksie
KOMPETISIEREËLS
1. Slegs amateurfotograwe (dit wil sê persone wat nie ‘n bestaan maak
uit foto’s neem nie) mag vir die kompetisie inskryf.
2. Inskrywings moet die tema “moderne landbou in aksie” uitbeeld.
3. Persone op die foto moet geïdentifiseer word (verskaf noemnaam
en van).
4. Die fotograaf moet ‘n fotobyskrif asook sy posadres en telefoon-
nommer/s saam met die foto verskaf.
5. Deelnemers kan ‘n maksimum van drie foto’s (waarvan die onder-
werpe verskil) per uitgawe inskryf. Indien meer as drie foto’s
ingestuur word, sal die eerste drie foto’s wat ontvang is, vir die kom-
petisie in aanmerking geneem word.
6. Foto’s wat ingeskryf word, moet uniek wees en nie oor dieselfde
onderwerp handel as foto’s wat vir ‘n ander fotokompetisie ingeskryf
is nie. Foto’s wat ingeskryf word, mag ook nie voorheen gepubliseer
wees nie.
7. ‘n Deelnemer wat ‘n maandwenner is, kan vir die daaropvolgende
drie uitgawes nie inskryf nie.
8. Fotograwe kan elke maand tot en met die afsnytyd hul foto’s instuur.
Inskrywings wat ná die afsnytyd ontvang word, sal vir die volgende
maand se kompetisie ingeskryf word.
9. Slegs e-posinskrywings of foto’s wat op CD verskaf word, sal aan-
vaar word. Die foto’s moet in elektroniese formaat wees, nie groter
as 3 MB elk nie, in JPG-formaat en nie kleiner as 10 cm x 15 cm nie.
Indien foto’s met ‘n filmkamera geneem word, moet dit teen ‘n reso-
lusie van 300 dpi geskandeer word.
10. Gemanipuleerde foto’s (waar veranderings aangebring is) sal nie
aanvaar word nie. Om ‘n foto te sny (
crop
) word nie as manipulasie
beskou nie.
11. ‘n Paneel, wat bestaan uit ‘n professionele fotograaf, ‘n verteenwoor-
diger van
SA Graan/Grain
asook Sasol Nitro, sal die foto’s maande-
liks beoordeel.
12.
SA Graan/Grain
behou die reg voor om foto’s wat onduidelik is of
nie aan die kompetisiereëls voldoen nie, af te keur.
13. Alle inskrywings word die eiendom van
SA Graan/Grain
– dit sluit die
CD’s in waarop die foto’s verskaf is. Die foto’s sal in ‘n databank ge-
bêre word en
SA Graan/Grain
en Sasol Nitro mag dit vir toekomstige
promosie-, bemarkings- en publikasiedoeleindes gebruik. Deur in te
skryf, stem die deelnemer in daartoe en geen eise van derde partye
vir skending van kopiereg sal ingedien word nie.
14. Werknemers van Sasol Nitro, Graan SA of Infoworks mag nie vir die
kompetisie inskryf nie.
Is jy ‘n amateurfotograaf wat graag met jou kamera op die plaas rondloop en
foto’s neem? Ons wil vanjaar deur ons lesers se kameralense sien hoe hulle
“moderne landbou in aksie” interpreteer.
Wat beskou jy as “moderne landbou”? Presisieboerdery? Die nuutste be-
waringsbewerkingspraktyke? Daardie spiksplinternuwe trekker waarop Pa so
trots is? Sonkragpanele wat sorg dat daar drinkwater vir die vee beskikbaar
is? Komaan, verras ons met jóú interpretasie! Stuur nou jou foto’s in vir die
SA Graan
/Sasol Nitro fotokompetisie 2014.
WAT KAN JY WEN?
Die pryse word weer vanjaar deur Sasol Nitro geborg. Vanaf Januarie 2014
word daar vir twaalf uitgawes elke maand ‘n wenner deur ‘n paneel beoorde-
laars aangewys. Die maandelikse wenner stap weg met ‘n kontantprys
van R1 000 en die twaalf finaliste kom in aanmerking vir
R10 000 (wenner)
,
R7 000 (naaswenner)
en ‘n
derde prys van R3 000
.
SPERDATUMS
Januarie 2014: 13 Januarie
Stuur foto’s na
of aan Elmien Bosch, Postnet Suite 32, Privaat sak X10, Flamwood, 2572.
SA GRAAN
/SASOL NITRO
FOTOKOMPETISIE 2014
Prysgeld ter waarde van R32 000 te wen!
1,2,3,4,5,6,7,8 10,11,12,13,14,15,16,17,18,19,...52
Powered by FlippingBook