SA Grain December 2013 - page 8

Onderwerp
Aktueel
November 2013
6
ISSN 1814-1676
EIENAAR/UITGEWER
GRAAN SA, POSBUS 88, BOTHAVILLE, 9660
BESTURENDE REDAKTEUR:
Johan Loxton
Tel: 08600 47246 • Faks: 086 509 7276 • E-pos:
SUBSKRIPSIE EN VERSPREIDING (ADRESVERANDERINGE):
Marina Kleynhans
Tel: 08600 47246 • Faks: 086 509 7270 • E-pos:
REDAKSIE
ASSISTENT-REDAKTEUR:
Estie de Villiers
Tel: 013 752 5731 • Sel: 083 490 9449 • Faks: 086 275 4157
E-pos:
SA GRAAN/GRAIN
TEGNIESE REDAKTEUR:
Johan Smit
Tel: 018 468 2716 • Faks: 018 468 7782 • Sel: 082 553 7806
E-pos:
REDAKSIONELE ASSISTENT:
Elmien Bosch
Tel: 018 468 2716 • E-pos:
BLADUITLEG EN REPRODUKSIE:
Ashley Erasmus, Infoworks
Tel: 018 468 2716 •
E-pos:
DRUKWERK:
Kagiso BM
Tel: 011 622 3820
SPOTPRENTTEKENAAR:
Frans Esterhuyse
ADVERTENSIEVERKOPE
KOLBE ADVERTISING – Kaapstad
Jurgen van Onselen
Tel/faks: 021 976 4482 • Sel: 082 417 3874 • E-pos:
KOLBE ADVERTISING – Kaapstad
Johan van Onselen
Tel: 022 451 2773
• Die menings van die skrywers van artikels in hierdie blad is hul eie en ver-
teenwoordig nie noodwendig die mening van Graan SA nie.
The opinions expressed by contributors are their own. They do not neces-
sarily express the opinion of Grain SA.
• “Promosie-artikels” is betaalde artikels; terwyl “produk-inligting”-artikels
feite kan bevat oor kommersiële produkte.
“Promotional articles” are paid articles; while “product information” arti-
cles may contain facts on commercial products.
ALLE regte van reproduksie van alle berigte, foto’s, tekeninge, advertensies
en alle ander materiaal wat in hierdie tydskrif gepubliseer word, word hiermee
uitdruklik voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12(7) van die Wet op
Outeursreg Nr. 98 van 1978 en enige wysigings daarvan.
– Ds Koos Kirsten
Baie geluk aan Delene van Schalkwyk van Stilbaai wat vir die
Oktober-uitgawe van
SA Graan/Grain
die gratis Bybel gewen het.
Kersfees is net om die draai. Ons gedenk die geboorte van Jesus op Kersdag
en staan dan gewoonlik stil by dié dele in die Bybel wat daaroor handel. Ons
hoef en moet egter nie net daarmee besig wees nie, ons kan en moet ook na
ander aspekte van Jesus se middelaarswerk kyk. Een daarvan is dat Hy ook
Koning is. Hy is die Een wat alle mag in hemel en op aarde het en voor wie
alle mense in gehoorsaamheid moet buig.
Hy is deur die Vader aangestel om oor alles en almal te regeer tot die
voleinding van die wêreld. Hy is die beste Koning wat ooit geleef het en nog
sal leef. Daar is niemand soos Hy nie. Ons kan regtig waardering daarvoor
hê as ons Hom met ander konings vergelyk. Konings van wie
ons in die Bybel lees.
Een so ‘n koning was Saul, die eerste koning wat oor Israel regeer het. Saul
was fisies groot en sterk en het ‘n mooi voorkoms gehad. Saul was egter nie
‘n goeie koning nie. Hy kon as bevelvoerder van sy leër nie beheer oor sy
manskappe hou nie en hulle het begin dros (2 Sam 13:8 - 14). In ‘n poging om
beheer te kry, het hy besluit om teen die bevel van die Here in self die nodige
offers te bring. Hy wou godsdienstige rituele gebruik om homself as sterk
en daadkragtig voor sy manskappe te bewys.
Die tweede groot fout wat Saul gemaak het, was om eerder na sy man-
skappe te luister as na die Here. Hy het hulle versoek toegestaan om van
die bangoed te neem toe hulle die Amalekiete moes uitroei. Hiermee het hy
gewys dat hy eerder mense wil behaag as om aan God gehoorsaam te wees.
Beide hierdie optredes word sterk deur die Here veroordeel. Teenoor Saul
staan Dawid. Hy was ‘n man na God se hart. Hy was egter nie sonder sonde
en gebreke nie en het ook gruwelike dinge gedoen. Owerspel en moord
word ook deur die Here verbied en tog word Dawid deur die Here vergewe.
Wat was dan die verskil tussen Saul en Dawid? Saul wou God dien sodat
God hom as koning sou laat heers. Hy wou God en godsdiens net tot sy eie
voordeel gebruik. Hy het nooit werklik berou oor sy sonde gehad nie en het
hom ook nie daarvan bekeer nie. Dawid het die Here werklik liefgehad en het
waarlik berou oor sy sonde gehad (Ps 32 en Ps 51). Hy wou ook nie koning
wees ter wille van homself nie, maar ter wille van die volk van God. Hy het
nie mense probeer behaag nie, maar die Here.
Só het die Here Jesus nie na die wêreld gekom ter wille van Homself of om
die sondige mense te behaag nie. Hy het gekom omdat die Vader Hom na
die wêreld gestuur het. Hy het ‘n duur prys vir sy gehoorsaamheid betaal. Hy
het sy lewe verloor! Omdat Hy dit gedoen het, het die Vader Hom as Koning
oor ons aangestel. Hy regeer nie ter wille van eie belang of gewin nie, maar
ter wille van ons saligheid. Juis omdat dit die geval is, verwag Hy van ons dat
ons aan Hom en aan Hom alleen, gehoorsaam sal wees. Laat ons dan ook
gedurende hierdie Kerstyd ons Koning en Here eer vir wat Hy
vir ons gedoen het en steeds doen.
Uit die
Woord
1,2,3,4,5,6,7 9,10,11,12,13,14,15,16,17,18,...52
Powered by FlippingBook