Background Image
Previous Page  93 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 93 / 112 Next Page
Page Background

91

August 2017

3a

3b

3c

Grafiek 3a tot Grafiek 3c: Graanopbrengste in 2014/2015 op Springbok-

laagte (a), Klein Constantia (b) en Gerrie (c) as funksie van bewerking.

ROR = rip-op-ry

VB = verminderde bewerking

TRR = slegs tussenry-rip

RRR = rip-op-ry plus tussenry-rip

KBV = Kleinste betekenisvolle verskil

Grafiek 4: Graanopbrengste in 2015/2016 op Springboklaagte as funksie

van bewerking.

ROR = rip-op-ry

VB = verminderde bewerking

TRR = slegs tussenry-rip

RRR = rip-op-ry plus tussenry-rip

Met voldoende reën in November 2015 op Springboklaagte kon

al die SOK-proewe geplant word. Opvolgreën van 128 mm tydens

Januarie tot Maart 2016 het die proewe gered en ‘n mislukte oes op

die plaas voorkom.

Die verspreiding van reënval op sandgronde is belangriker as die

totale hoeveelheid reënval. Hierdie stelling is veral waar die bydrae

vanaf ‘n watertafel tot die totale grondwatervoorraad in droë jare

afwesig is.

Wortelstudies het getoon dat wortelontwikkeling en -verspreiding

goeie aanduiders is van die opheffing van grondverdigting deur

middel van bewerkingspraktyke. Skeurploegbewerking het gelei

tot goeie vertikale wortelontwikkeling, asook laterale verspreiding.

Daarteenoor het die nie-opheffing van die planterspore onder

verminderde bewerking gelei tot swak laterale wortelverspreiding

– veral in die bogrond.

Gedurende beide die 2013/2014- en 2014/2015-seisoene het skeur-

ploegbewerking (rip-op-ry, rip-op-ry plus tussenry-rip, slegs

tussenry-rip) op al drie lokaliteite gelei tot beduidend hoër mielie-

opbrengste as met verminderde bewerking.

Die voordeel van die diep bewerking van hierdie sandgronde is

dat dit grondverdigting ophef, met gevolglike beter wortelont-

wikkeling, wat weer gelei het tot verhoogde voedingstof- en

wateropname – ook uit die kapillêre sone bokant die watertafel.

In die uiters droë 2015/2016-seisoen het skeurploegbewerking,

waar dit in die vorige seisoen afgewissel is met verminderde

bewerking, beter opbrengste gelewer as opeenvolgende

skeurploegbewerkings. Die verminderde wateropname onder ver-

minderde bewerking in die vorige seisoen het gelei tot ‘n oordrag

van grondwater na die volgende seisoen.

Dit bly egter steeds ‘n risiko om in so ‘n droë seisoen te plant.

Dit is duidelik dat ‘n skeurploegbewerking vir hierdie spesifieke

sandgronde onontbeerlik is, maar dat dit deel moet vorm van

‘n holistiese produksiestelsel wat biologiese, chemiese en fisiese

grondeienskappe sal verbeter en wisselbou sal insluit, ten

einde grondgesondheid te bevorder vir ekologies-volhoubare

mielieverbouing.

Erkenning

Die produsentemedewerkers Minnaar, Van der Linde en Van Zyl

word bedank vir hul entoesiasme, toewyding en die kostes verbon-

de aan die suksesvolle voltooiing van die proewe.

Insetverskaffers soos Omnia, Pannar en Syngenta word ook be-

dank vir hul volgehoue belangstelling en die kostes verbonde aan

die suksesvolle afhandeling van die proewe.