Background Image
Previous Page  90 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 90 / 112 Next Page
Page Background

Augustus 2017

88

Navorsing op watertafel-sandgronde

van die Noordwes-Vrystaat

I

n Deel 1 van die artikel (bladsy 86) is daar gekyk na die agter-

grond en proewe wat in die navorsing op die watertafel-sand-

gronde van die Noordwes-Vrystaat gedoen is.

Drie produsentemedewerkers, naamlik mnre Danie Minnaar

(Springboklaagte, Kroonstad), Lourens van der Linde (Klein

Constantia, Wesselsbron) en Thabo van Zyl (Visagieskuil en

Gerrie, Bothaville), het ingewillig om proewe uit te voer waar diep

skeurploegbewerking (rip-op-ry), met variasies, vergelyk is met

verminderde bewerking onder monokultuur-mielies.

In hierdie artikel (Deel 2) word gefokus op die evaluering van die

bewerkingspraktyke onder monokultuur-mielies.

Seisoenale reënval

Grafiek 1

toon die seisoenale reënval (Augustus tot April) vir die

drie proeflokaliteite. Terwyl die gemiddelde reënval van 487 mm

vir die 2013/2014- tot 2014/2015-seisoen voldoende was om mielies

te produseer, het die droë 2015/2016-seisoen veroorsaak dat min

of geen mielies in die Bothaville-Kroonstad-Wesselsbron-omgewing

geplant is.

Die lae reënval van sowat 55 mm op Klein Constantia en Visagie-

skuil tydens die 2015-plantseisoen het meegebring dat geen

proewe geplant kon word nie. Met ’n reënbui van 61 mm op

20 en 21 November 2015 op Springboklaagte kon al die Sandgrond-

ontwikkelingskomitee (SOK)-proewe geplant word.

OP PLAASVLAK

Noordwes-Vrystaat / Navorsing / Bewerkingspraktyke

Bewaringslandbou

DR DANIE BEUKES,

onafhanklike grondkundige en

CAREL KOCH,

onafhanklike landboukundige

Deel 2: Evaluering van bewerkingspraktyke onder monokultuur-mielies

Grafiek 1: Seisoenale reënval op proeflokaliteite.

2a

2c

2b

Grafiek 2a tot Grafiek 2c: Graanopbrengste in 2013/2014 op Springboklaagte (a), Klein Constantia (b) en Visagieskuil (c) as funksie van bewerking.

ROR = rip-op-ry

RRR = rip-op-ry plus tussenry-rip

VB = verminderde bewerking

KBV = Kleinste betekenisvolle verskil

TRR = slegs tussenry-rip