Background Image
Previous Page  99 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 99 / 112 Next Page
Page Background

97

August 2017

vroueprodusente byvoorbeeld meer empatie met diere het.

“Vroueprodusente se aanvoeling is dikwels in die kol,” sê sy.

Al drie vroue is dit eens dat hulle deur harde werk en volhoubare

sukses hul pad in hierdie sektor, wat deur mans oorheers word,

moes vind. Dr Foster vertel dat sy die respek van manlike kollegas

gewen het toe sy haar doktorsgraad in landbou behaal het. “Alhoe-

wel ek nooit teruggestaan het – ten spyte van ander se persepsies

– nie, het ek nadat ek my studies voltooi het, ‘n noemenswaar-

dige verskil beleef in hoe ek gereken word in landboukringe.”

Uitnemendheid is volgens Serobe ‘n voorvereiste om deur te breek

in ‘n manswêreld. “Wanneer jy ‘n kans gegun word, of dit nou deur

‘n vrouebemagtigingsprogram of ‘n erfporsie is, moet jy die harde

werk doen. ‘n Goeie werksetiek gaan verseker dat jy ‘n rolspeler

word in die bedryf en nie net nog ‘n vrou in ‘n manswêreld is nie.

Dit is so dat ons as vroue supersuksesvol moet wees om raakge-

sien te word.”

Geslagsdiskriminasie

Hoe oorkom ons as ‘n land geslagsdiskriminasie? Serobe glo dat

dit alles by opvoeding begin. “Ons seuns moet weet dat vroue

magsposisies kan beklee. Die moontlikheid bestaan dat hulle dalk

self eendag aan ‘n vrouebestuurder of -direkteur gaan rapporteer.

Dit moet nie vir hulle vreemd wees nie.”

Stroebel glo dat jong meisies vandag ‘n voorsprong bo vorige

geslagte het. “Vandag se generasie het gelyke kanse en toegang tot

inligting. Meisies moet weet dat hulle tot alles in staat is en nie terug

hoef te staan nie. Ek dink daardie boodskap word reeds tot ‘n groot

mate oorgedra.”

Dr Foster se raad aan vroue is om hul vrouwees te koester. “Wees

trots daarop om ‘n vrou te wees. Jy is nie daar om met mans te

kompeteer nie; hulle is jou kollegas en jy het ‘n baie groot bydrae

om te lewer.”

Vir Stroebel gaan dit oor geleenthede. “Vroue moet hul hande met

selfvertroue opsteek en elke geleentheid aangryp,” sê sy. Sy vertel

dat onlangse studies in Amerika daarop wys dat maatskappye met

‘n vrou aan die stuur 30% groter opbrengste lewer. “Vroue moet

in hulself begin glo. Dit is baie keer ons eie onsekerheid wat deure

vir ons toemaak. Dit is ons eie persepsie van hoe ons kollegas ons

sien, wat ons soms pootjie.”

Bemagtiging

Word daar genoeg gedoen om vroue te bemagtig? Serobe is van

mening dat die regering goed vaar as dit by die bemagtiging van

vroue kom, maar dat besighede en landbou effens swakker daar

uitsien. Dr Foster glo dat daar genoeg geleenthede vir vroue in

landbou is en dat dit grotendeels van vroue self afhang of hulle

hierdie geleenthede aangryp al dan nie.

“Voedselsekerheid lê ons as vroue en moeders baie na aan die hart,”

sê Serobe. Dit maak daarom sin dat meer vroue by hierdie sektor

betrokke raak. “Daar is vandag meer aanvaarding vir vroue in die

landbou en mynboubedryf, maar ons het nog ‘n lang pad om te

stap,” vertel sy.

Om na die volledige episode te kyk, gaan na

www.nasieingesprek

.

co.za

waar jy ook die Nasie in Gesprek-toep kan aflaai. Die reeks is

ook via

YouTube

beskikbaar.

Suzanne Paxton, Gloria Serone, dr Liesel Foster en Lindie Stroebel op die stel van

Nasie in Gesprek

tydens die

opname wat by die NAMPO Oesdag gemaak is.