Background Image
Previous Page  92 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 92 / 112 Next Page
Page Background

Vir meer inligting oor die hantering

van die dieselkorting skandeer dié

QR-kode. Dit is verder belangrik

dat produsente kennis neem van

die aktiwiteite wat kwalifiseer vir

die dieselkorting (Skedule 6 deel 3).

Augustus 2017

90

OP PLAASVLAK

Bewaringslandbou

Navorsing op watertafel-sandgronde

Opbrengste onder eersgemelde bewerkings het gewissel van

5 906 kg/ha tot 8 514 kg/ha teenoor 5 026 kg/ha tot 7 482 kg/ha

onder verminderde bewerking.

Die hoë opbrengs van 8 339 kg/ha onder rip-op-ry plus tussenry-

rip op Visagieskuil (Grafiek 2c) is heel waarskynlik te danke aan die

goeie wortelontwikkeling (sien Figuur 1b).

2014/2015-seisoen

Grafiek 3a

tot

Grafiek 3c

toon dat die bewerkingsbehandelings

onder ‘n laer reënval (448 mm) ook verskille in graanopbrengs

teweeggebring het. Op al drie lokaliteite het een of ander vorm van

primêre bewerking bewerking (rip-op-ry, rip-op-ry plus tussenry-

rip, slegs tussenry-rip) hoër opbrengste gelewer as verminderde

bewerking.

Statisties-betekenisvolle verskille is op Springboklaagte en Gerrie

verkry. Van belang is dat die goeie opbrengste oor seisoene heen

verkry is, waar rip-op-ry met verminderde bewerking afgewissel

is (rip-op-ry/verminderde bewerking, verminderde bewerking/rip-

op-ry) (sien Grafiek 3a). Opbrengste onder rip-op-ryvariasies het

gewissel van 3 059 kg/ha tot 4 643 kg/ha teenoor 3 457 kg/ha tot

3 833 kg/ha onder verminderde bewerking.

2015/2016-seisoen

Grafiek 4

toon dat vir Springboklaagte uiters lae opbrengste ver-

kry is onder ‘n uiters lae seisoenale reënval van 308 mm (sien

Grafiek 1). Trouens, die reënval vir Januarie tot Maart 2016 was

sowat 50% van die 110 jaar-gemiddeld van 260 mm.

Alhoewel die bewerkingsbehandelings verskille in graanopbrengs

meegebring het, was dit nie statisties betekenisvol nie. Duidelike

tendense dat mielie-opbrengste vir hierdie uitermate droë seisoen

hoër was onder:

Rip-op-ry/verminderde bewerking vergeleke met rip-op-ry/

rip-op-ry (2 093 kg/ha versus 1 197 kg/ha);

verminderde bewerking/rip-op-ry plus tussenry-rip vergeleke

met rip-op-ry/rip-op-ry (1 784 kg/ha versus 1 197 kg/ha); en

verminderde bewerking/verminderde bewerking vergeleke

met rip-op-ry/rip-op-ry (1 576 kg/ha versus 1 197 kg/ha) is waar-

geneem.

Die gevolgtrekking kan daarom gemaak word dat ‘n rip-op-ry/

verminderde bewerking en ‘n verminderde bewerking/verminderde

bewerking-bewerkingstelsel tydens ‘n droë seisoen gebruik kan

word om die beste mielie-opbrengste te verkry.

Die verklaring hiervoor lê heel waarskynlik in die verskynsel dat

minder grondwater tydens ‘n verminderde bewerkingseisoen

deur die mielies onttrek word, met ‘n gevolglike hoër residuele

watervoorraad vir die volgende seisoen.

Samevatting en gevolgtrekkings

Terwyl die gemiddelde seisoenale reënval van 487 mm vir die

2013/2014- tot 2014/2015-seisoene vir die drie proeflokaliteite

voldoende was om mielies te produseer, het die lae reënval van

sowat 55 mm tydens die 2015-plantseisoen op Klein Constantia

en Visagieskuil meegebring dat geen proewe geplant kon word nie.

1

2

1: Vegetatiewe groei van mielies in 2013/2014 as funksie van bewerking op Springboklaagte.

2: Vegetatiewe groei van mielies in 2014/2015 as funksie van bewerking op Gerrie.

3: Vegetatiewe groei van mielies in 2014/2015 as funksie van bewerking op Klein Constantia.

4: Vegetatiewe groei van mielies in 2015/2016 onder rip-op-ry op Springboklaagte.

4

3