Background Image
Previous Page  91 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 91 / 112 Next Page
Page Background

89

Figuur 1a - 1c: Wortelverspreiding as ‘n funksie van bewerkingstelsels: Rip-op-ry/rip-op-ry (a), rip-op-ry

plus tussenry-rip/rip-op-ry (b) en verminderde bewerking/rip-op-ry (c).

1a

1b

1c

Opvolgreën van 128 mm tydens Januarie tot Maart 2016 het die

proewe gered en voorkom dat die plaas se oes misluk. Hiermee

word die feit dat die verspreiding van reënval op sandgronde met

hul lae waterhouvermoë belangriker is as die totale hoeveelheid

reënval weer eens bevestig.

Wortelverspreiding

Wortelstudies is in die 2013/2014-seisoen op die bewerkingsproef

op Visagieskuil uitgevoer. Profielgate is loodreg oor twee mielie-

rye gegrawe, waarna ‘n raamwerk met 15 cm x 15 cm-vierkante oor

die wortelgebied geplaas is.

Die voorkoms van wortels is op ‘n relatiewe skaal van 0 tot 5 bepaal

met 0 = min of geen wortels en 5 = goeie voorkoms van wortels.

Figuur 1a

tot

Figuur 1c

toon wortelverspreiding as ‘n funksie van

twee seisoene se bewerkingstelsels.

Die volgende waarnemings kan hieruit gemaak word:

Rip-op-ry (2013/2014)/rip-op-ry (2012/2013): Goeie wortelontwik-

keling met diepte, asook tussen die mielierye. Die gemiddelde

verspreiding was 63% in die 0 cm- tot 30 cm-laag (Figuur 1a).

Rip-op-ry plus tussenry-rip/rip-op-ry: Figuur 1b toon ietwat

swakker wortelontwikkeling (57% in 0 cm- tot 30 cm-laag) as

rip-op-ry/rip-op-ry, maar met goeie ontwikkeling (63% - 81%)

in die dieper lae.

Verminderde bewerking/rip-op-ry: Kompaktering deur die wiele

van ‘n swaar planter het gelei tot swak laterale wortelverspreiding

sowat 45 cm tot 60 cm vanaf die plantry. Die gemiddelde

verspreiding was 37% in die 0 cm- tot 30 cm-laag (Figuur 1c).

Mieliegroei en -opbrengs

Foto 1

tot

Foto 3

toon dat met rip-op-ry (links) heelwat beter

vegetatiewe groei verkry is as met verminderde bewerking (regs)

op Springboklaagte, Gerrie en Klein Constantia, onderskeidelik.

‘n Algemene verskynsel onder verminderde bewerking was die

onegalige groei van die mielies (sien Foto 3 regs).

Foto 4

toon

bevredigende groei in Februarie 2016 onder rip-op-ry op Spring-

boklaagte ten spyte van die lae reënval.

2013/2014-seisoen

Grafiek 2a

tot

Grafiek 2c

toon dat die bewerkingsbehandelings

verskille in graanopbrengs in die 2013/2014-seisoen (gemiddelde

seisoenale reënval = 525 mm) meegebring het. Op al drie lokaliteite

het een of ander vorm van primêre bewerking (rip-op-ry, rip-op-ry

plus tussenry-rip, tussenry-rip) statisties-betekenisvolle hoër op-

brengste gelewer as verminderde bewerking.