egter gebruik word om ‘n aanduiding te kry van die opbrengs op
die land, maar is nie baie akkuraat nie. Die uitdaging is egter om
die korrekte tyd van die groeisiklus te gebruik om die NDVI-
berekening te doen. Indien te laat in die seisoen, is die blare reeds
aan die afgaan en dui die NDVI swak groei aan (maar kan daar goeie
opbrengste wees). Te vroeg in die seisoen wanneer blare nog
aktief groei, is dikwels weer te vroeg om ‘n goeie aanduiding van die
finale oes te kry.
Indien daar boonop verskillende plantdatums in dieselfde homo-
gene gebied is, word dit ‘n nog groter uitdaging om ‘n akkurate
aanduiding van die pitopbrengs te kry. Die tyd van aanplanting ver-
skil oor seisoene heen en maak dit dus ‘n groot uitdaging om sei-
soene in die geskiedenis te vergelyk. In Suid-Afrika word redelike
wye ry-spasiërings gebruik, veral vir ons somergraangewasse soos
mielies. Vanuit die lug gesien is daar dan gedeeltes wat grond vertoon
en gedeeltes wat blare vertoon. Die afstandswaarnemingsbeelde
wat van bo geneem word, sien hierdie gedeeltes anders as wat
die blote oog dit sien.
Die beelde bestaan uit klein blokkies wat dieselfde gemiddelde
refleksie het, genoem beeldelemente (
pixels
). Alhoewel daar alreeds
baie fyn beeldelemente van enkele vierkante sentimeters beskik-
baar is, is dit baie duur. By die meeste kommersiële satellietbeelde
is die beeldelemente heelwat groter en sien dit ‘n mengsel van
blare en grond as een beeld. Hierdie verhouding van grond tot
blare varieer oor die seisoen heen en lande met verskillende
plantoriëntasies gaan ook van mekaar verskil in terme van die NDVI
– wat die interpretasie ‘n groot uitdaging maak.
Koste teenoor akkuraatheid
Die grootste koste by versekering bly steeds om die dekking teen
spesifieke gevare te verseker en arbeid is ‘n relatiewe klein uitgawe.
In die geval van droogteversekering, hetsy dit met die tradisionele
multirisikoversekering is of met ‘n indeksgebaseerde produk, bly
die droogterisiko dieselfde.
Dit is waarom die tariewe in ‘n groot aantal gevalle min verskil
– omdat die koste van droogte-uitbetalings baie hoog is met die
hoë voorkoms van droogte in Suid-Afrika. Indien ‘n produsent
versekeringskoste aangaan, wil hy vertroue hê in die dekking wat
hy gekoop het om vir hom as individu te vergoed wanneer verse-
kerde skade voorkom. Omdat eise in hierdie geval gebaseer is op die
gemiddeld van die gebied of homogene sone, kan dit nie gewaarborg
word in die geval van indeksversekering nie.
In die geval van weerindeksprodukte is die beskikbaarheid van
verteenwoordigende klimaatsdata belangrik en in baie gevalle nie
geografies oor ‘n lang tydperk beskikbaar nie. Historiese data word
gebruik om die risiko af te lei en ook die premie te bereken. Hierdie
aspek verhoog voorts die basisrisiko en dit neem ook nie die effek
van klimaatsverandering in ag nie.
Indeksversekering is nie ‘n nuwe konsep nie en is op weinig plekke
in die wêreld volhoubaar aangebied. Indeksversekering het wel ‘n
plek om te vul waar tradisionele versekering te arbeidsintensief is,
maar die gebrek aan die korrekte uitbetaling van eise aan die indi-
vidu bly die grootste struikelblok. Die gebrek aan voldoende data
om die korrekte risiko af te lei is voorts ook verantwoordelik vir
swak-ontwerpte aanbiedings van indeksversekering. Dit is ook nie
noodwendig ‘n goedkoper alternatief vir tradisionele versekering nie.
Opsommend
Indeksversekering is ‘n alternatief vir tradisionele versekering in
spesifieke gevalle waar dit nie prakties moontlik is om gewone oes-
versekering te gebruik nie. Dit is egter nie noodwendig goedkoper
as gewone versekering nie, maar die grootste nadeel is dat dit nie
die individu se werklike skade altyd korrek bepaal nie, aangesien
dit altyd ‘n indirekte metode is wat vir ‘n groter gebied geld.