Background Image
Previous Page  89 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 89 / 112 Next Page
Page Background

87

August 2017

PROEFUITLEG

Ewekansige blokontwerp met drie tot ses behandelings (bewerkingkombinasies) met drie tot agt herhalings.

Agronomiese praktyke:

Voor-plant.

Sekondêre bewerking:

Algeheel in Augustus: Óf rolmoerbewerking om mieliestamme te ontwortel en plat te rol, óf V-lembewerking

50 mm - 200 mm diep om onkruid te beheer.

Onkruidbestryding:

Algeheel: Een glifosaatbespuiting of twee bespuitings elk van glifosaat en 2,4-D ester.

Bewerkingbehandelings (kombinasies oor seisoene geïmplementeer):

Rip-op-ry:

Tandem-skeurploegbewerking (700 mm - 750 mm diep) met óf 400 mm en 200 mm, óf 500 mm en 300 mm breë platskare,

onderskeidelik op 500 mm en 700 mm diepte (

Foto 1

) op plantrye. Twee rolstaafskoffelbewerkings as spesifieke plaaspraktyk.

Slegs tussen-ry-rip:

Tussenry-tandem-skeurploegbewerking (700 mm - 750 mm diep) met platskare soos vir rip-op-ry. Plant op vorige jaar

se rip-op-ryrye. Twee rolstaafskoffelbewerkings as spesifieke plaaspraktyk.

Rip-op-ry

plus tussen-ry-rip: Rip-op-ryskeurploeg plus tussenry-tandem-skeurploegbewerking. Twee rolstaafskoffelbewerkings as

spesifieke plaaspraktyk.

Verminderde bewerking:

Slegs sekondêre bewerkings (rolmoer, V-lem of rolstaafskoffel). Plant op vorige seisoen se mielierye.

Kombinasies in opeenvolgende seisoene:

Rip-op-ry/rip-op-ry, rip-op-ry/slegs tussenry-rip, rip-op-ry/rip-op-ry plus tussenry-rip,

verminderde bewerking/rip-op-ry.

Bemesting:

Algehele toediening van 100 kg - 200 kg ureum per hektaar in Oktober, gevolg deur rolstaafskoffel plus pennebewerking of

vlak skoffelbewerking. Alternatiewelik ‘n algehele toediening van 125 kg ureum per hektaar plus 60 kg superfosfaat per hektaar, 300 mm

diep geplaas met penne.

AGRONOMIESE PRAKTYKE MET PLANT EN DAARNA

Perseelgrootte:

6,35 m - 8,1 m (ses tot agt rye x 0,9 - 1,5 m rywydtes [tremlyne]) x 50 m - 400 m lengte.

Kultivars:

Glifosaat-weerstandige kultivars. Plantdigtheid: 18 000 en 24 000 plante/ha.

Plantaksie:

Plant alle bewerkingsbehandelings met ‘n John Deere planter sonder penne, maar met kouters. Waar van toepassing is op

rip-op-ryrye geplant. Plantdatum is funksie van reënval met plantvenster van 10 November tot 15 Desember.

Bemesting met plant:

Gebandplaas:

200 kg 15:10:6 (32) + Zn + B per hektaar of 200 kg 15:8:4 (27) per hektaar + 60 kg vloeibare ammoniumnitraat per hektaar

of 250 kg 4:2:1 (28) per hektaar. Hoeveelhede en samestelling funksie van grondontledings en produksiepotensiaal.

Kantbemesting:

Varieer volgens plaaspraktyke: 100 kg ureum per hektaar of 165 kg vloeibare 10:1:5 (20) per hektaar of 200 kg KAN per

hektaar vier tot ses weke na-plant op alle persele gevolg met ‘n vlak skoffelbewerking (in die geval van die vloeibare toediening is die

skoffels gelig vir die verminderde bewerking-behandeling).

Onkruid- en plaagbeheer:

Na-plant (voor-opkoms):

Varieer volgens plaaspraktyke: Atrasien, asetochloor, piretroïede of glifosaat, triasien + s-metolachloor,

s-metolachoor, lambda-sihalotrin of s-metolachoor, triasien, lambda-cyhalothrin.

Na-kantbemesting (vier tot ses weke na-plant):

Atrasien, asetochloor, piretroïede of s-metolachoor, triasien, lambda-sihalotrin.

Oesdatum (funksie van klimaatstoestande):

Einde Mei tot begin Julie.

Stelsel van beheerde spoorverkeer toegepas tydens alle implementverkeer.

TABEL 1: AGRONOMIESE PRAKTYKE OP BEWERKINGSPROEWE ONDER MONOKULTUUR-MIELIES.

skeurploegbewerking (rip-op-ry) met variasies, vergelyk is met

verminderde bewerking onder monokultuur-mielies.

Die proefbehandelings en resultate van die 2013/2014- tot

2015/2016-seisoene word in ‘n reeks van twee artikels bespreek.

Agronomiese praktyke op proewe

Tabel 1

bevat ‘n opsomming van agronomiese praktyke wat op die

proewe gevolg is. Uit die tabel kan die twee bewerkingbehande-

lings soos volg saamgevat word:

Alle sekondêre bewerkings (rolmoer, V-lem of rolstaafskoffel)

plus ‘n primêre diep (700 mm - 750 mm) tandem-skeurploeg-

bewerking (rip-op-ry, slegs tussenry-rip, rip-op-ry plus tussen-

ry-rip).

Verminderde bewerking: Slegs sekondêre bewerkings (rolmoer,

V-lem of rolstaafskoffel). Plant op vorige seisoen se mielierye.

Geen skeurploegbewerking.

Verwysings

Bennie, ATP, Botha, FJP en Ferreira, AF. 1982.

Die effek van verskillende metodes

van diepbewerking op mieliegroei

.

Crop Production

11: 74 - 78.

Bennie, ATP en Burger, R du T. 1988.

Penetration resistance of fine sandy apedal

soils as affected by relative bulk density, water content and texture. SA Journal of

Plant Soil

5: 5 - 10.

Harmse, HJ Von M. 1963.

The sedimentary petrology of the aeolian sands in the

North-Western Orange Free State. MSc Verhandeling

, Potchefstroom Universiteit

vir Christelike Hoër Onderwys, Potchefstroom.

Henning, JAG en Nel, DJ. 1988.

Watervlakke in sekere gronde van die noordwestelike

Oranje-Vrystaat. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Plant en Grond

5: 107 - 109.

Henning, JAG en Stoffberg, DJ. 1988.

Invloed van skeurploegbewerking op

verdigting van ‘n fynsandgrond in die noordwestelike Vrystaat. Toegepaste

Plantwetenskap

2: 38 - 40.

Henning, JAG en Stoffberg, DJ. 1990.

Effek van bewerking op opbrengs en

wortelontwikkeling van mielies in ‘n Bleeksandserie met ‘n watervlak. Applied

Plant Science

4(1): 17 - 20.

Henning, JAG. 1991.

Die invloed van variërende vrywatervlakke in grond van die

noordwestelike OVS op verbouing van gewasse (veral mielies). PhD Proefskrif

,

Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, Potchefstroom.

125 pp.

Koch, CD. 1974.

Die invloed van sekere bewerkingsmetodes en bemestingplasing

op die mielieopbrengs op Viljoenskroon en Bleeksandgrondseries. Crop Production

3: 57 - 59.

Mallet, JB, Koch, CD, Visser, PA en Botha, AJ. 1985.

Tillage-related soil compaction

and its effect upon maize grain yields on a Viljoenskroon fine sand. SA Journal of

Plant and Soil

2(1): 52 - 56.