Background Image
Previous Page  98 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 98 / 112 Next Page
Page Background

Augustus 2017

96

Vroue gesels oor hul

plek in landbou

O

ns lewe in ‘n vinnig-veranderende wêreld en die rol van

die vrou moet toenemend daarby aanpas. Met dié dat

Vrouemaand in Augustus gevier word, val die kollig opnuut

op die plek van die vrou in die samelewing. Ook in die

landbousektor is daar ‘n besef dat vroue ‘n rol te speel het en dat

daar formidabele vroue is wat reeds hul merk gemaak het.

Tydens hierdie jaar se NAMPO Oesdag was die rol van die vrou

in landbou juis ter sprake tydens een van die

Nasie in Gesprek

-

programme wat regstreeks uitgesaai is.

In gesprek met

RSG

-aanbieder, me Suzanne Paxton, was drie van die

land se voorste vrouelandbou-kenners: Dr Liesel Foster (van Dr LA

Foster Boerdery), me Gloria Serobe (stigter en uitvoerende direkteur

van Wiphold) en me Lindie Stroebel (algemene bestuurder van die

Produce Marketing Association in Suider-Afrika). Die gesprek het die

belangrike rol van vroue in die landboubedryf ondersoek en gevind

dat vroue min het om voor terug te staan.

Dr Liesel Foster

Dit is veral dr Foster wat die gehoor vinnig oortuig het dat ‘n vrou

baie suksesvol in boerdery kan wees. Sy is die jongste van vier

dogters en die vierde geslag om op hul familieplaas op Zastron

te boer.

Sy het landbou studeer en haar doktorsgraad daarin behaal. As

beesprodusent vertel sy dat sy nooit terugdeins vir harde, fisiese

werk nie en sy moet gereeld inspring om te help met die brandmerk

of onthoring van haar Drakensberger-stoet. Sy meet haar sukses nie

net aan die toekennings wat sy ontvang het nie, maar ook aan die

vreugde wat die werk op die plaas haar bied.

Op die vraag waarom sy besluit het om juis landbou te studeer,

was haar antwoord: Die liefde vir die grond. “Daar is iets baie

besonders daaraan as een geslag ‘n ekonomies-volhoubare boer-

dery aan die volgende geslag kan oorgee. Ek wou nie dat die erfenis

by ons generasie stop net omdat daar nie ‘n seun is nie. Ek wou dit

opneem en verder vat,” vertel sy.

Dr Foster, wat ook ‘n lektor is, sê sy het van kleins af in landbou-

kringe beweeg en die feit dat die sektor deur mans oorheers word,

haar nog nooit gepla het nie.

Gloria Serone

Iemand wat moes baklei vir haar plekkie in die son, is Serone, die

stigter en uitvoerende direkteur van Wiphold, ‘n SEB-maatskappy

wat al vir 23 jaar deur vroue bedryf word.

“Vroue betree die besigheidswêreld totaal ongenooid. Ons neem

grondgebied in waar ons nie altyd welkom is nie. Ons as vroue moet

nie terugstaan as dit moeilik gaan nie, ons kan dit maar verwag. Die

vraag is hoe ernstig ons is om ons merk te maak,” sê sy. Serobe

glo ook dat landboubesighede hulself in die voet skiet deur nie vroue

in diens te neem nie.

Wiphold, wat van die staanspoor af in mynbou sake gedoen het,

het sowat drie jaar gelede die landbousektor betree en is vandag

die tweede grooste mielieprodusent in die Oos-Kaap. Serobe

vertel dat een van die grootste uitdagings vir landbou in landelike

gebiede die afwesigheid van titelaktes is.

Die maatskappy het gou besef dat hulle nie op die regering kan

wag om hierdie brug te oorkom nie. “Ons het gemeenskaplike

grond van sowat 2 000 ha omskep in kommersiële landbougrond.

Ons deel die opbrengs met die inwoners en aandeelhouers en be-

taal huur aan die ‘eienaars’ wat grotendeels uit vroue bestaan.”

Serobe erken dat daar veral in sektore soos mynbou en landbou die

persepsie bestaan dat vroue nie daar hoort nie.

“Wiphold het eers na sowat tien jaar se bestaan en suksesse

deurgebreek en ons word nou gereken as ‘n belangrike rolspeler

met vennote soos Nedbank en Ou Mutual wat ons ondersteun.”

Lindie Stroebel

Stroebel is ‘n landbou-ekonoom met boerdery in haar bloed. Sy het

op ‘n plaas grootgeword en daar is op skool van haar gesê dat sy

‘n goeie produsent sou wees as sy maar net ‘n seun was. Tog staan

sy nie vir enige man terug nie en haar bydrae in die landboubedryf

is onmiskenbaar.

Sy meen dat die kombinasie van mans en vroue in die raadsale ‘n

wenresep is. Haar geheim, sê sy, is selfvertroue. “Jy kan nie in die

raadsaal van ‘n groot maatskappy instap en soos ‘n klein dogtertjie

voel nie. Jy moet weet wat in jou steek en jou persepsie moet wees

dat ander dit ook in jou raaksien.”

Sy glo dat vroue ‘n belangrike rol in besluitneming moet speel.

“Verbruikers is hoofsaaklik vroulik. Dit is die teater van die produk

wat tot die verbruiker spreek en vroue is intuïtief en emosioneel

ingestel op hierdie aspek van produksie.”

Sukses

Dr Foster meen ook dat die emosionele en koesterende eien-

skappe van ‘n vrou bydra tot hul sukses in boerdery. Sy glo dat

AKTUEEL

Vrouemaand

VALERIE CILLIERS,

SA Graan/Grain

medewerker

Al drie vroue is dit eens dat

hulle deur harde werk en

volhoubare sukses hul pad in

hierdie sektor wat deur mans

oorheers word, moes vind.