Background Image
Previous Page  96 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 96 / 112 Next Page
Page Background

Augustus 2017

94

‘n Oorsig oor

indeksversekering vir landbou

I

ndeksversekering is in wese ‘n indirekte versekeringsproduk

waardeur gepoog word om die werklike skade as gevolg van

‘n versekerde gevaar te dek deur ‘n voorafvasgestelde indeks.

Tipes indeksversekering

Daar is verskeie indeksversekeringsprodukte beskikbaar, maar die

twee hoofgroepe is weer- en area-indeksversekering.

Weerindeksversekering

Weerindeksversekering is seker die bekendste van die twee. Hier-

mee word een of meer klimaatselement gedek in terme van afwy-

kings vanaf óf die langtermyngemiddeld óf ‘n gekose afsnypunt.

In die geval van reën, word dit in verband gebring met produksie

en millimeters reën word omgeskakel na byvoorbeeld kilogram

saad of pitte.

Die“waarborgreënval”worddusomgeskakelna“waarborgopbrengs”.

‘n Voorbeeld hiervan is waar daar ‘n hoeveelheid reën vir ‘n spesi-

fieke periode “gewaarborg” word en indien die gewaarborgde

hoeveelheid reën nie voorkom nie, word die verskil in reënval

uitbetaal as verlies aan opbrengs.

‘n Ander voorbeeld is waar ekstreme hitte gedek word. Indien daar

lang periodes van ekstreme hitte voorkom (dit word vooraf ge-

spesifiseer, byvoorbeeld as daar meer as vyf agtereenvolgende

dae met temperature bokant 40°C voorkom), word elke dag

met temperature bokant 40°C geag om ‘n persentasie skade aan

oeste te veroorsaak en word ‘n voorafooreengekome eisbedrag

uitbetaal om die beraamde skade veroorsaak aan die oes te pro-

beer vergoed.

Area-indeksversekering

‘n Tweede vorm van indeksversekering is die sogenaamde area-

indeksversekering. Hier word ‘n homogene produksiearea saam

gegroepeer en alle versekerdes binne die area word dieselfde

hanteer in terme van skade.

Daar word egter net steekproewe van skade in die gebied gedoen

en die gemiddelde verlies word toegepas op alle versekerdes in

die gebied. ‘n Variasie hiervan is waar van satellietbeelde gebruik

gemaak word om die huidige toestand van die gebied te vergelyk

met historiese beelde. Historiese beelde is verwerk in terme van

die opbrengs(verlies) wat in vorige seisoene voorgekom het om die

huidige seisoen se opbrengs(verlies) te bepaal.

Voordele van indeksversekering

Die vraag is hoekom indeksversekering gebruik word en nie tra-

disionele versekering waar elke gedekte skade getakseer word nie.

Die groot oorweging vir indeksversekering is dat dit groot areas

met baie versekerdes kan hanteer en daarom veronderstel is om

minder arbeids- en koste-intensief te wees, want daar word nie ‘n

individuele taksasie of skadebepaling by elke versekerde gedoen nie.

Dink byvoorbeeld aan Indië waar daar ongeveer 120 miljoen

produsente is en die gemiddelde oppervlakte per produsent omtrent

een hektaar is. Dit is byna onmoontlik om elke produsent se skade

te gaan bepaal.

Indeksversekering het tot gevolg dat hierdie kleinboere dekking

kon kry teen byvoorbeeld droogte. Andersins sou daar geen verse-

kering vir hulle beskikbaar gewees het nie, omdat tradisionele

versekering te arbeidsintensief is. Hier word ‘n groep van hon-

derde en selfs duisende produsente as ‘n eenheid hanteer en

die gemiddelde skade oor die hele gebied heen bereken en elke

produsent kry dieselfde skadeaanslag indien daar ‘n gebeurtenis

was wat die indeks se limiete oorskry het.

Weerindeksversekering is ‘n baie kliniese manier van skadebepaling,

aangesien geen gevolglike skades wat kan intree, soos siektes, as

eise bereken kan word nie. Dit kan dus uit ‘n versekeraar se oogpunt

‘n bydrae lewer om kontroversie oor gevolglike skades uit te ska-

kel, want die presiese datum van skade word gebruik as taksasie-

datum of presiese voorafbepaalde periode en nie eers ‘n paar dae

later soos in tradisionele versekering nie.

Hoekom word indeksversekering

nie algemeen gebruik nie?

Die groot leemte in hierdie tipe versekering is dat dit nie die werk-

like skade vir ‘n versekerde individu konstant korrek bereken nie.

In versekeringsterme word gepraat van “basisrisiko” – wat hoog is.

Alhoewel die gemiddelde skade oor die gebied heen dalk korrek

bereken word, is dit nie reg verdeel tussen die versekerdes nie. Dink

byvoorbeeld aan hoe veranderlik die geografiese verspreiding van

reënval is. Die reënval wat by ‘n spesifieke punt gemeet word, is

eintlik net geldig vir die oppervlakte van die reënmeter en kan binne

meters daarvan verskil; wat nog van kilometers verder?

‘n Ander probleem is dat indien reënval as die indirekte aanduiding

van opbrengs gebruik word, oor watter periode moet die reënval

gemeet en vergelyk word met die voorafbepaalde aantal milli-

meters of snellers (

triggers

)? As daar byvoorbeeld ‘n twee

maande-periode se reënval vanaf byvoorbeeld 1 Januarie tot

28 Februarie “verseker” word, dan spesifiseer dit nie wanneer die

reën kan voorkom nie. As die grootste deel van die reën in die eerste

week van Januarie voorkom in een jaar en dieselfde hoeveelheid

reën kom voor in die laaste week van Februarie, is die ver-

sekeringsdekking dieselfde, maar in praktyk kan dit ‘n verskil wees

tussen ‘n rekordoes en ‘n misoes. Daar kan nou gevra word waarom

daar nie vir korter periodes reënval verseker kan word nie? Uit ‘n

tariefberekeningsoogpunt sal die premie of tarief só hoog wees

dat niemand dit sal kan bekostig nie, juis omdat reënval so

wisselvallig is.

Met korter versekeringsperiodes sal daar dan omtrent altyd oor

‘n groot gedeelte van die seisoen eise wees, want daar is rela-

tiewe lang periodes wat daar geen reën in Suid-Afrika voorkom nie.

Daar is dus ‘n fyn balans tussen die lengte van die dekkingsperiode

en die premiekoste. Waar daar meer van die area-indeksmetode ge-

bruik gemaak word, is die basisrisiko op ‘n ander manier weer baie

groot. Deur van byvoorbeeld satelliettegnologie en beeldmateriaal

gebruik te maak (Normalized Difference Vegetation Index [NDVI]),

kan ‘n idee gekry word van die vegetatiewe groei van plante

(chlorofil-aktiewe gedeeltes).

Die NDVI is nie altyd ‘n goeie aanduider van pitopbrengs nie,

want die vegetatiewe gedeelte en die pitopbrengs is nie altyd

gekorreleer nie – veral nie onder droëlandtoestande nie. Historiese

vergelykings tussen die NDVI-waardes en werklike opbrengste kan

OP PLAASVLAK

Weerindeksversekering / Area-indeksversekering

Bestuurspraktyke

JOHAN VAN DEN BERG,

Santam Landbou