Augustus 2017
86
Navorsing op watertafel-sandgronde
van die Noordwes-Vrystaat
D
ie sandgronde van die Noordwes-Vrystaat het ontwikkel
uit Eoliese moedermateriaal wat sowat 1,8 tot 5 miljoen
jaar gelede in die Plioseentydperk afgesit is op ‘n paleo-
oppervlak. Díé oppervlak het bestaan uit swak-gedrei-
neerde, kleierige verweringsprodukte van doleriet, moddersteen,
kalkreet en skalie.
Eoliese sande se kleurverandering van rooi na geelbruin dui op
beperkte dreinering en die moontlike teenwoordigheid van vry-
water (Harmse, 1963). Volgens Henning en Nel (1988) kom water-
tafels algemeen op die sandgronde van die Noordwes-Vrystaat
voor. Hierdie sandgronde is egter ook bekend vir hul inherente
verdigtingsprobleem, lae organiese materiaal- en voedingstofin-
houd, lae waterstoorvermoë, asook vatbaarheid vir winderosie.
Sedert die sewentigerjare het navorsing (Koch, 1974, Bennie
et al
.
1982, Mallett
et al
. 1985 en Bennie en Burger, 1988) spesifiek daar-
op gefokus om die verdigtingsprobleem op hierdie sandgronde te
oorkom ten einde wortelontwikkeling en gevolglike beter groei en
opbrengs van mielies te bevorder.
Die visie was dat diep bewerking die mieliewortels in staat sal
stel om kapillêre water beter te benut en opbrengste te verhoog.
Henning en Stofberg (1990) het gevind dat wortelontwikkeling
en mielie-opbrengs met ‘n toename in bewerkingsdiepte tot 80 cm
in die teenwoordigheid van ‘n watertafel verhoog het.
Henning en Stofberg (1988) het ook gevind
dat indien skeurploegbewerkings onder
té nat toestande plaasvind, dit kan lei tot
grondverdigting. In ‘n omvattende studie het
Henning (1991) bevind dat vlak watertafels
in hierdie sandgronde die voordelige effek
van bewerking kan uitskakel.
Dit was veral die ernstige winderosie in
tye toe daar nog gedis en daarna geploeg
is wat produsente, met inagneming van
bogemelde studies, genoop het om ‘n pri-
mêre skeurploegbewerking (rip-op-ry) ge-
kombineer met veeldoelige sekondêre vlak
bewerkingspraktyke te implementeer.
Die rip-op-rypraktyk het beheerde spoor-
verkeer teweeggebring wat stoppel-bestuur
baie verbeter het en winderosie verminder
het. Hierdie bewerkingspraktyk, wat al
sedert 1973 in die streek toegepas word,
kan tereg beskou word as die begin van
bewaringslandbou in die streek.
Dit moet bygevoeg word dat daar vanaf die
1980’s ‘n stelselmatige toename in werk-
tuiggrootte en -massa was, sowel as hoër
bewerkingspoed wat stoppels vernietig het en boonop verdigting en
winderosie bevorder het.
Mielieprodusente in die Noordwes-Vrystaat wil ‘n holistiese be-
nadering volg met die ontwikkeling van produksiestelsels waar
aspekte van bewaringslandbou, soos geen- of verminderde be-
werking (getoets teen rip-op-ry), wisselbou, die behoud van
mieliereste, asook die bevordering van grondgesondheid, inge-
sluit word.
Die Sandgrondontwikkelingskomitee (SOK) is in 2010 gestig om
bewerkingspraktyke te toets wat volhoubare en winsgewende
mielieverbouing op semi-ariede sandgronde met vlak watertafels
onder relatiewe lae en wisselvallige reënval sou verseker. Befond-
sing is deur die Mielietrust op ‘n jaarlikse basis vir die doel bewillig.
Sedert 2013/2014 het die ondersoeke spesifiek gefokus op pro-
duksiepraktyke wat biologiese, chemiese en fisiese grondeien-
skappe sal verbeter ten einde grondgesondheid te bevorder vir
ekologies-volhoubare mielieverbouing.
Drie produsentemedewerkers, naamlik mnre Danie Minnaar
(Springboklaagte, Kroonstad), Lourens van der Linde (Klein
Constantia, Wesselsbron) en Thabo van Zyl (Visagieskuil en
Gerrie, Bothaville), het ingewillig om proewe uit te voer waar diep
OP PLAASVLAK
Noordwes-Vrystaat / Navorsing / Bewerkingspraktyke
Bewaringslandbou
Deel 1: Agtergrond en proefbehandelings
DR DANIE BEUKES,
onafhanklike grondkundige en
CAREL KOCH,
onafhanklike landboukundige
1: Tandemskeurploeg met tande op 500 mm-,
700 mm- en 900 mm-diepte.
1