Background Image
Previous Page  87 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 87 / 112 Next Page
Page Background

85

Koleoptiellengte

‘n Ander eienskap wat ‘n belangrike rol tydens saailingontwikkeling

speel en uiteindelik die plantestand beïnvloed, is koleoptiellengte.

Die koleoptiel is die skede waarin die eerste blaartjie wat na

ontkieming deur die grond verleng totdat die saailing bogronds

verskyn, beskerm word.

In koringproduksiestreke regoor die wêreld word koleoptiellengte

van veral wintertipe koring baie belangrik geag. ‘n Lang koleoptiel

maak dit moontlik om dieper te plant ten einde vogreserwes te

bereik wat vir goeie ontkieming benodig word. 'n Lang koleoptiel

word ook dikwels met goeie kiemkragtigheid en saailingontwikkeling

geassosieer en korreleer positief met planthoogte.

Dit beteken dat kultivars met 'n lang koleoptiel waarskynlik ook

lang plante het. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie

(SANSOR) vereis dat enige koringkultivar wat vir kommersiële

produksie in Suid-Afrika aanbeveel word, oor ‘n koleoptiellengte

van 60 mm of meer moet beskik.

Windstorms in produksiegebiede soos die Noordwes-Vrystaat

veroorsaak ernstige verliese in plantstand net na ontkieming en

saailingverskyning. Die rede is dat saailinge bogronds meestal

stadiger groei as die tempo waarmee wind fyn sand in die planter-

voor inwaai en saailinge dus letterlik “begrawe” word. In gebiede

waar hierdie probleem algemeen voorkom, sal dit raadsaam wees

om eerder koringkultivars met 'n langer koleoptiel te kies ten einde

saailinge ‘n beter kans op oorlewing te gee.

Inskrywings 1, 2, 3, 6, 10, 12, 13, 15, 17 en 18 sal in hierdie verband

goeie aanbevelings wees (Tabel 1).

‘n Nuwe navorsingsplanter

vir LNR-Kleingraan

Omgewing speel ‘n groot rol in die uiteindelike opbrengs wat

‘n produsent op sy plaas behaal. In die ontwikkeling van nuwe

kultivars word hierdie omgewingseffek uitgeskakel deur ‘n ver-

teenwoordigende aantal veldproewe by verskillende medewerkers

in ‘n produksiestreek te plant.

Dit is waar die navorsingsplanter ‘n baie noodsaaklike rol vervul.

Spesifieke saaidigthede moet onder verskillende omgewings her-

haalbaar wees en plantertegnologie in navorsing moet so na as

moontlik aan die tegnologie wees wat die produsent gebruik. Indien

daar tekortkominge, soos 'n kort koleoptiel, by ‘n potensiële nuwe

kultivar in veldproewe uitgewys word, wil die koringteler weet dit

is ‘n probleem wat ook onder kommersiële produksie belangrik

gaan wees.

Hierdie oorwegings en ‘n LNR-Kleingraan-beginsel waarvolgens ver-

ouderde toerusting vervang word voordat navorsingseffektiwiteit

ingeboet word, het aanleiding gegee tot die aankoop van die nuwe

droëlandnavorsingsplanter.

Die LNR-Kleingraan planter is deur Effective Farming Solutions

(EFS) op Middelburg, Mpumalanga gebou. Die planterraam is

plaaslik vervaardig terwyl die saadverdeler en plantereenhede

ingevoer is. Die planter is ‘n ses-ry-lugdrukplanter, ook bekend

as ‘n presisieplanter en is in staat om persele van 15 m

2

te plant.

Daar word beoog om oor ‘n paar seisoene GPS-toerusting op

die planter aan te bring, wat akkuraatheid en monitering van die

plantaksie verder sal verhoog.

Erkenning word gegee aan mnr Willem Kilian en me Hesta Hatting

vir duisendkorrelmassa en koleoptiellengtedata uit die nasionale

kultivarproewe.

Vir enige navrae kan dr Robbie Lindeque by

058 307 3439, 082 563 1553 of

lindequerc@arc.agric.

za

gekontak word.