Background Image
Previous Page  83 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 83 / 112 Next Page
Page Background

Plante neem fosfate

makliker op

R

izoFos Maize is ‘n biologiese plantegroeireguleerder

bestaande uit staafvormige bakterieë,

Pseudomonas

fluorescens,

met verskeie flagella (sterte wat help met

beweging), wat kan voortgaan om te groei en hidroliseren-

de ensieme te produseer (wat proteïene, koolhidrate en vetmoleku-

les afbreek) – selfs in die yskas. Die optimale temperatuur vir groei

is 25°C tot 30°C.

Hoe

P. fluorescens

fosfaat oplos

Pseudomonas fluorescens

heg aan die wortels van plante en sit

van die glukose wat dit van plante verkry, om in glukoonsuur. Die

organiese suur is veral suksesvol om kalsiumfosfate op te los omdat

die verbinding beide die pH van die grond verminder en chelaat met

die metaalione vorm en fosfaat daardeur oplos.

Met ander woorde, as fosfaat gebind is met ‘n metaal-ioon soos

kalsium, aluminium of yster, kan die chelaat aan hierdie ione bind

en daardeur die fosfaatgroep bevry om deur die plant opgeneem

te word. Die nabyheid van die plant en mikrobe in hierdie geval,

bevorder die maklike opname van fosfaat deur plante.

Hoewel verskeie bakterieë wat fosfaat oplos in die grond voorkom,

is die getalle gewoonlik nie hoog genoeg om met ander bakterieë

wat algemeen in die risosfeer voorkom, te kompeteer nie. Daarom is

die hoeveelheid fosfate wat deur hulle bevry word, oor die algemeen

nie voldoende vir ‘n aansienlike toename in die groei van plante nie.

Die enting van plante met ‘n teikenmikroörganisme teen ‘n veel hoër

konsentrasie as wat normaalweg in die grond teenwoordig is, is

essensieel om voordeel te trek uit die eienskap van fosfaatoplossing

vir opbrengsverbetering.

OP PLAASVLAK

Bemesting

81

Produk-inligting

MBFI

Graan SA/Sasol fotokompetisie

– Maryke Wessels 2016