Background Image
Previous Page  82 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 82 / 112 Next Page
Page Background

Augustus 2017

80

OP PLAASVLAK

Bemarking

Indien die aantal tonne wat verskans is nie realiseer nie, sal dit ‘n

negatiewe impak op die besigheid se balansstaat toon en só ‘n

voorbeeld is in

Tabel 2

aangebring.

Dieselfde hipotetiese plaas word in hierdie voorbeeld gebruik en

die aanname word gemaak dat die produsent wel verskans het,

maar die opbrengs word nou laer aangepas om die effek van

produksierisiko te toon.

Indien die produsent sy prys teen ‘n Safex-prys van R2 713/ton

verskans het vir ‘n opbrengs van 4 t/ha (4 000 ton) en die produ-

sent stroop slegs 2 t/ha, sal die produsent derhalwe 2 000 ton hê

om teen die verskanste prys te verkoop.

Wanneer die produsent gebruik maak van die afgeleide instrumente

(termynkontrakte), sal die produsent steeds ‘n verpligting hê om

die res van die 2 000 ton te lewer en moet die produsent nou

hierdie kontrak op ‘n kontantbasis vereffen.

Gestel die Safex-prys het vanaf Desember tot en met Julie na

R1 708/ton gedaal, dan sal die produsent die kontrakte op ‘n

kontantbasis moet sluit. Dit word in die Julieprys, laer-kolom van

Tabel 2 aangedui.

Die produsent sal steeds op Safex ‘n wins realiseer, maar dít tesame

met die inkomste van die eerste 2 000 ton, sal steeds nie genoeg

wees om die direkte uitgawes te dek nie.

Gestel die Safex-prys neem vanaf Desember tot en met Julie toe.

Die produsent sal steeds die kontrak op ‘n kontantbasis moet

vereffen en die effek kan in die Julieprys, hoër-kolom gesien word.

Dit is duidelik dat die produsent nou op Safex op die oorblywende

2 000 ton wat nie gelewer kon word nie, ‘n verlies maak en dit het

‘n noemenswaardige impak op die produsent se balansstaat.

Kontantvloeirisiko

Soos reeds vermeld, word kontantvloei beskou as die vermoë om

die finansiële verpligtinge na te kom wanneer die sperdatum

aanbreek. Kontantvloei speel daarom ‘n kardinale rol in enige

besigheidsopset en besighede/boerderye kan nie voldoende

funksioneer sonder voldoende kontantvloei nie. Kontantvloeirisiko

speel derhalwe ‘n belangrike rol in die besluitnemingsproses wan-

neer produsente besluit om van verskillende verskansings-

moontlikhede gebruik te maak.

Diegene wat van die verskillende alternatiewe vir prysrisiko-

bestuursdoeleindes gebruik maak, moet hulself afvra wat die

moontlike impak van die verskansing (of geen verskansing) op die

besigheid se kontantvloei kan wees.

Indien daar vir verskansingsdoeleindes van termynkontrakte ge-

bruik gemaak word, sal die prys vasgestel word en die produsent

sal nie baat vind indien die prys positief beweeg nie, maar aan

die ander kant indien die mark nie positief verhandel nie (soos in

voorbeeld van Tabel 1), sal dit ‘n baie meer negatiewe impak op die

produsent hê indien die pryse tot onder produksiekoste daal.

Dit sal ‘n noemenswaardige negatiewe impak op die produsent

se kontantvloeisituasie hê – iets wat sover moontlik vermy moet

word. Indien die produsent meer verskans as wat daar moontlik

geproduseer word, sal dit ook ‘n negatiewe impak op die produsent

se kontantvloei hê, soos wat dit in Tabel 2 geïllustreer word.

Verskansing moet daarom oordeelkundig behartig word om só

‘n situasie sover moontlik te probeer vermy. Verskeie alternatiewe

bied wel aan produsente die geleentheid om produksierisiko te

vermy. Hierdie alternatiewe word later in die reeks bespreek en

verduidelik.

Ten slotte

Risiko en onsekerheid is konsepte waarvan daar in die landboube-

dryf nie afstand gedoen gaan kan word nie. Daarom bly dit belang-

rik om dit sover moontlik te bestuur.

In die meeste gevalle is die risiko, soos byvoorbeeld produksierisiko,

buite die beheer van die produsent en hang dit grootliks af van

die natuur. Ander risiko’s, soos prysrisiko, kan produsente tot ‘n

mate bestuur deur van verskillende bemarkings- en verskansings-

alternatiewe gebruik te maak.

Dit is vir ‘n produsent beter om goeie gemiddelde winste in drie

agtereenvolgende jare te maak, eerder as om twee jare groot winste

te maak en ‘n derde jaar ‘n verlies te maak, aangesien die jaarlikse

kontantvloei steeds gehandhaaf moet word.

Dit sal ook ‘n noemenswaardige impak op die kontantvloeibestuur

hê, wat krities is vir volhoubare produksie.

In Deel 3 van dié reeks sal bemarkingsmoontlikhede in meer detail

bespreek word

.

Risiko’s om te oorweeg