Background Image
Previous Page  85 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 85 / 112 Next Page
Page Background

‘n Goeie stand gesonde en

sterk koringsaailinge plaas

beide voete van die koring-

produsent in die deur na

hoër opbrengste…

‘n Wenner-oes moet reeds vroeg in die seisoen met ‘n goeie

saailingstand wegspring – wat die gesegde “goed begin is half

gewin” ook van toepassing op die vroeë groeiseisoen maak.

Oeste met hoër opbrengste en goeie kwaliteit is essensieel reg-

oor die produksiestreke van Suid-Afrika ten einde die oplewing en

volhoubaarheid van koringproduksie te ondersteun.

Duisendkorrelmassa

Die duisendkorrelmassa (DKM) van ‘n spesifieke kultivar verwys,

soos die term aandui, na die uittel van ‘n duisend koringkorrels en

die daaropvolgende afweeg daarvan. Korrelgrootte, wat duisend-

korrelmassa bepaal, is grootliks ‘n genetiese eienskap wat derhalwe

beteken dat verskillende saadgroottes tussen kultivars voorkom.

Met presisiesaai kan die saaidigtheid van enige kultivar akkuraat

per hektaar uitgevoer word, terwyl produsente wat plant volgens

“kilogram per hektaar” ‘n wesenlike berekeningsfout ten opsigte van

die hoeveelheid saailinge per hektaar (plantdigtheid) kan maak.

Daar word internasionaal aanvaar dat groter saadkorrels positief

korreleer met hoër graanopbrengs. Hierdie persepsie is deels waar

en kan toegeskryf word aan sterker saailinge, hoër kiemkragtigheid

en dikwels ook ‘n langer koleoptiel.

In

Tabel 1

word die verskille in die duisendkorrelmassa van kom-

mersiële kultivars uit die Nasionale Kultivarevaluasieprogram van

2016 vir droëlandproduksie in die somerreënvalgebied, aangedui.

Duisendkorrelmassa van die reeks kultivars is in rangorde van

inskrywing een vir klein korrels (23,5 g per 1 000 korrels) tot in-

skrywing 22 vir die grootste korrels (45 g per 1 000 korrels).

Vir vroeë aanplantings in die Oos-Vrystaat (Junie) word 70 saailinge

per m

2

aanbeveel en 75 saailinge per m

2

vir die later planttyd

(Julie). Indien die tradisionele kilogram saad per hektaar gebruik

word, sal die saaidigtheid op 500 ha van inskrywing een lei tot

248 sakkies te veel en inskrywing 22 tot 75 sakkies te min saad

(Tabel 1).

Hierdie is belangrike saadverskille wat die produsent se saadkostes,

in die geval van inskrywing een, aansienlik verhoog en op 500 ha

tot ‘n oorspandering van R74 250 sal lei. Hierdie onnodige

saadkostes is ‘n verkwisting wat nie maklik uit die oes verhaal kan

word nie; tweedens neem kompetisie vir water, voedingstowwe

en lig tussen koringplante sodanig toe dat optimale plantontwikke-

ling, wat opbrengs beïnvloed, belemmer word en laastens verkry

die produsent ‘n skewe prentjie van watter kultivar werklik goed

aangepas is vir sy produksie-eenheid.

Aan die ander kant sal die 75 sakkies te min saad op 500 ha met

inskrywing 22, veroorsaak dat produksiehulpbronne soos bemes-

ting vermors word en die produsent heel waarskynlik nie sy op-

brengsdoelwit gaan bereik nie.

Groter binnery-saadspasiëring kan onkruidgroei boonop aanmoedig

– wat meer straf met die koringplant gaan kompeteer vir lig, vog

en voedingstowwe.

83