Background Image
Previous Page  80 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 80 / 112 Next Page
Page Background

Augustus 2017

78

d

eel 1 van hierdie reeks artikels het gehandel oor die

markstrukture en inligtingsbronne en het in die Julie-

uitgawe van dié tydskrif verskyn. Dit is egter vir die

persone wat van die markinstrumente gebruik maak

belangrik om die markstrukture en die inligtingsbronne

te verstaan.

Inligting is die sleutel tot suksesvolle besluitneming en daarom

moet die inwin van voldoende en akkurate inligting voorop gestel

word.

Deel 2 handel oor die verskeie risiko’s waarop daar gelet moet

word wanneer bemarkingsbesluite geneem word. Die verskeie

risiko’s sluit in dié waarteen jy jouself moet beskerm (prysrisiko)

tot en met produksierisiko wat die produsent nie kan beheer nie.

Die gebruik van die verskillende strategieë hou ook verskeie risiko’s

in, wat in ag geneem moet word wanneer bemarkingsbesluite ge-

neem word.

Risiko en onsekerheid

In die landboubedryf moet daar in die meeste gevalle besluite

geneem word sonder dat daar sekerheid is oor wat die spesifieke

uitkoms van die besluit gaan wees. Die feit dat daar nie sekerheid

oor die uitkoms van ‘n besluit is nie, beteken dat daar risiko en

onsekerheid in die besluitnemingsproses voorkom. Hierdie terme

kan soos volg omskryf word:

Sekerheid

Dit is wanneer die uitkoms van die besluit heeltemal bekend is.

Die besluitnemer weet dus presies wat hy gaan kry wanneer hy

hierdie besluit neem.

Onsekerheid

Onsekerheid is wanneer die besluitnemer nie heeltemal seker is

oor wat die uitkoms gaan wees vir die betrokke besluit wat hy

neem nie.

Risiko

Risiko is ‘n toestand waar daar ‘n waarskynlikheid is dat die uitkoms

van ‘n besluit onseker sal wees.

Dit is noodsaaklik om hierdie konsepte te verstaan wanneer dit

by die neem van bemarkingsbesluite kom en die verskillende

rolspelers in die mark moet die onsekerhede en risiko’s in die mark

oorweeg wanneer besluite geneem word. Die rolspelers in die mark

moet derhalwe die aspekte van beide sekerheid, onsekerheid en

risiko oorweeg en analiseer ten einde die beste moontlike besluit

te neem.

Neem veral in ag dat elke individu se risiko-aptyt verskil en dat dit

ook ‘n impak op die individu se besluitneming sal hê. Uit ‘n

verskeidenheid risiko-analiseliteratuur is dit duidelik dat die ver-

skillende individue se risiko-aptyt verskil en daarom word daar

verwys na risiko-soekend, risiko-neutraal en risiko-vermydend. Dit

word soos volg omskryf:

Risiko-soekend

Dit verwys na ‘n besluitnemer wat bereid sal wees om meer risiko

te neem om moontlik beter as die gemiddelde uitkomste te verkry.

Hierdie besluitnemer weeg gewoonlik die verskillende uitkomste

teenoor mekaar op en besluit dan of die moontlike uitkoms die risi-

ko werd is.

Risiko-neutraal

Risiko-neutraal verwys na ‘n besluitnemer wat nie noodwendig

omgee oor die risiko wat in die besluitneming betrokke is nie en is

meer besorgd is oor die finale uitkoms. Hierdie besluitnemer kies

gewoonlik die alternatief met die beste uitkoms ongeag die risiko

verbonde aan die besluit.

Risiko-vermydend

Dit verwys na ‘n besluitnemer wat in meeste gevalle huiwerig is

om risiko te neem. Só ‘n besluitnemer het ‘n afkeur aan risiko. ‘n

Risiko-vermydende beluitnemer sal in die meeste gevalle eerder

die veiliger opsie kies, wat minder risiko inhou en moontlik ook

‘n laer resultaat het. Hierdie besluitnemers is in meeste gevalle

meer besorgd oor die veiligheid van die alternatief eerder as die

resultaat daarvan.

Tipes risiko om te oorweeg

Risiko word hoofsaaklik in twee basiese kategorieë verdeel, naamlik

besigheidsrisiko en finansiële risiko.

Besigheidsrisiko

Die besigheidsrisiko sluit die inherente risiko en onsekerhede in

wat verband hou met die operasionele welstand van die besigheid.

Hierdie risiko sluit faktore soos institusionele-, politiese-, produksie-,

tegnologiese-, persoonlike- asook prys- en markrisiko in.

Finansiële risiko

Dit verwys na die faktore wat meer te doen het met die finansiële

aspekte van die besigheid en sluit faktore soos winsgewendheid

en kontantvloei in. Winsgewendheid verwys na die mate waartoe

‘n besigheid wins en/of finansiële toename genereer, terwyl

kontantvloei verwys na die vermoë van die besigheid om finansiële

verpligtinge teen die sperdatum na te kom.

OP PLAASVLAK

Bemarking

– Deel 2

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

in ‘n neutedop

PRYSRISIKOBESTUUR

Reeks

Risiko’s om te oorweeg