Background Image
Previous Page  79 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 79 / 112 Next Page
Page Background

77

August 2017

waterverlies deur evaporasie (verdamping) vanaf die grond-

opppervlak.

Maksimaliseer waterbalans

In Suid-Afrika se semi-ariede graanproduksietoestande, moet

die grond- en waterbestuurstrategieë daarop gemik wees om

die winste in die waterbalans te maksimaliseer en die verliese te

minimaliseer. Verskeie praktyke kan gevolg word om dit te bereik,

waarvan die belangrikstes met betrekking tot graanverbouing

bespreek word:

Grondgesondheid

Verhoogde grondorganiese materiaal lei tot gesonder grond. Grond-

organiese materiaal is noodsaaklik, veral om grondstruktuur te

ontwikkel. ‘n Goed gestruktureerde grond het ‘n baie beter vermoë

om reën- en besproeiingswater te stoor en aan plante te voorsien.

Grondorganiese materiaal kan watervolumes van omtrent 20 keer

sy gewig stoor. Hoër grondorganiese materiaalinhoud sal gewasse

meer droogteverdraagsaam maak deur addisionele water te stoor.

Minimale grondversteuring

Verminder meganiese grondversteuring tot die absolute minimum

(soos byvoorbeeld deur geenbewerking) om die afbreek van

grondorganiese materiaal en grondstruktuur te verminder en

uiteindelik minder water as gevolg van verdamping te verloor.

Grondbedekking

‘n Goeie grondbedekking verlaag korsvorming, waterafloop, erosie,

verdamping en verbeter infiltrasie. Die mees algemene praktyk is

om oesreste op die grond te behou. ‘n Minimum van 6 t/ha oesreste

(of 70% grondbedekking) word benodig om genoegsame afloop

en verdamping te verhoed.

Verdamping veroorsaak verreweg die grootste verlies van water,

waar 60% tot 75% van die reënval op kaal grond in die droë saai-

gebiede verlore kan gaan.

Hoër plantdigtheid

Hier word verwys na hoër plantpopulasie en rywydte. ‘n Goeie prak-

tyk is om so spoedig as moontlik ná plant ‘n blaredak te ontwikkel

wat die grond 100% met skadu bedek en sodoende grondtempera-

ture en verdamping beperk.

Plantpopulasie van meer as 22 000 plante/ha en rywydtes van so

nou as 0,52 m word tipies vir somergrane aanbeveel om hierdie doel

te bereik.

Diversifiseer gewasverbouingstelsels

Dekgewasse kan saam met kontantgewasse soos mielies geplant

word (byvoorbeeld deur tussenverbouing), om optimale waterge-

bruik aan te help en te dien as ‘n “vangoes” om oortollige grond-

of reënwater te gebruik vir produksie, waterafloop te verminder

en infiltrasie te maksimaliseer, sowel as om die grondgesondheid

te verbeter (deur verhoogde grondorganiese materiaal). Diep

wortelstelsels kan water na die bogrond hersirkuleer en vry-stel

voordat dit wegdreineer. Versigtige seleksie, tydsberekening

en bestuur van die dekgewas verseker minimale kompetisie vir

grondwater tussen die kontant- en dekgewas.

Groen ruslandstelsels

Voor-plantwateropgaring (braakland), spesifiek kaal braaklande

(of swart braak), is uiters nadelig vir grondgesondheid en versnel

die verlies van water deur verdamping, asook afloop en erosie.

Alhoewel dit tot verhoogde, stabiele opbrengs en verlaagde risiko

vir die opvolggewas kan lei, is dit ‘n oneffektiewe manier om water

te gebruik met ‘n reënwateropgaar-effektiwiteit van tussen 2%

en 37% – baie water gaan verlore as gevolg van verdamping.

‘n Alternatief is om dekgewasse in die “af seisoen” as groen

ruslandstelsel tussen die hoofkontantgewasse te plant om te

bewei, grond te beskerm, grondorganiese materiaal op te bou en

biologiese diversiteit en grondstruktuur te bevorder tot voordeel

van winsgewendheid en opvolgende kontantgewasse.

Besproeiingspraktyke wat effektiewe

watergebruik verhoog

In baie areas wat reeds op besproeiing staatmaak, word verwag

dat die klimaat droër gaan word en dat dit ‘n nuwe, groter behoefte

vir waterbesparende besproeiingspraktyke gaan skep. Benewens

om gereelde instandhouding en oudits op bestaande stelsels uit

te voer, herwin produsente water, skakel hulle oor na drupbe-

sproeiing of maak hul gebruik van presisiebesproeiing om spesi-

fieke areas in hul lande met die presiese hoeveelheid water benodig,

te teiken.

Hoe word die watergebruiks-

doeltreffendheid bereken?

Die effektiwiteit van waterverbruik kan deur verskeie metodes be-

paal word. Hierdie metodes kan baie ingewikkeld wees, wat

byvoorbeeld al die verskillende veranderlikes in agneemofmodelleer,

of dit kan ‘n eenvoudige berekening wees wat die hoeveelheid graan

geproduseer teenoor die hoeveelheid water beskikbaar, uitdruk.

Dit moet ook ‘n aanduiding gee van hoe die gewasopbrengste

vergelyk met potensiële opbrengste (met ander woorde as beskik-

bare water 100% effektief gebruik word). Daar bestaan byvoorbeeld

‘n algemene duimreël vir mielies dat ongeveer 15 kg tot 20 kg

graan geproduseer kan word vir elke millimeter water wat dit ver-

bruik (die potensiële opbrengs).

Dit is noodsaaklik dat die produsent goeie rekords hou van die

water wat toegedien word en/of die hoeveelheid reën wat deur

die loop van die seisoen ontvang is, asook hoeveel water met

planttyd in die grond gestoor is. Indien die produsent hierdie

inligting tot sy beskikking het, kan hy/sy bereken wat die seisoen se

watergebruiksdoeltreffendheid was.

‘n Eenvoudige berekening van effektiwiteit

Die gemiddelde reënval vir die somersaaigebiede oor die afgelope

tien jaar was ongeveer 523,22 mm per seisoen. Die gemiddelde

opbrengs van mielies oor dieselfde tydperk was ongeveer

4,32 t/ha. Die gemiddelde waterverbruiksdoeltreffendheid vir die

land oor hierdie tydperk kan dus soos volg bereken word:

Potensieel-beskikbare water (mm) = 523,22

Gemiddelde opbrengs (t/ha) = 4,32

Gemiddelde opbrengs (kg) = 4 320

Watergebruiksdoeltreffendheid (kg/ha/mm) = 4 320 ÷ 523,22

= 8,25

Volgens gemete resultate in beste praktyke in Suid-Afrika is die

potensiële effektiwiteit vir mielies bokant 20 kg/ha/mm water, met

ander woorde die potensiële oesopbrengs in hierdie voorbeeld is

10 t/ha.

Die gemiddelde waterverbruikseffektiwiteit vir die land oor die

afgelope tien jaar word op 8,25 kg/mm/ha bereken.

Hoe vergelyk jou resultate met hierdie berekende landsgemiddeld?

Ten slotte

Alhoewel daar verskeie metodes in die berekening van die ef-

fektiwiteit van waterverbruik is, kan dit op ‘n eenvoudige manier

vasgestel word. Dit is egter belangrik dat elke produsent ‘n ge-

paste metode kry waarvolgens die effektiwiteit gemeet en gemo-

nitor word. In opvolgartikels sal daar gekyk word na die effektiwiteit

tussen verskillende streke van die land.

Voldoende inligting en integrasie van meer effektiewe praktyke is

die sleutel tot suksesvolle en volhoubare produksiestelsels.

Bronne

Bennie, ATP en Hensley, M. 2001.

Maximizing precipitation utilisation in dryland

agriculture in South Africa – a review

. Journal of Hydrology 241: 124 -139.

Wall, PC. 2016.

Conservation agriculture: Growing more with less – the future

of sustainable intensification

. In: Kassam A, Mkomwa S, Friedrich T. (Eds)

Conservation agriculture for Africa: Building resilient farming systems in a

changing climate. CABI Publishers: Wallingford, UK.