Augustus 2017
76
Kg graan/mm water: Hoe vergelyk jou
plaas se effektiwiteit?
I
n die hedendaagse landbou-omgewing
speel die konsep van effektiwiteit ‘n
enorme rol en daar word al hoe meer
verwys na die effektiwiteit van pro-
dusente of produksiestelsels as ‘n maatstaf
van volhoubaarheid.
Hierdie effektiwiteit word aan verskeie
aspekte gemeet, wat in eenvoudige terme
uitgedruk word as die hoeveelheid pro-
duksie per hoeveelheid hulpbron of insette
verbruik, met die uiteindelike doelwit om
meer te produseer met minder.
Volhoubare intensivering beteken dat land-
bou meer sal moet produseer (voedsel,
voer, vesel, brandstof) per grondeenheid
(hektaar) met so min negatiewe effek op
die natuurlike hulpbronne en gemeenskap
as moontlik. Die effektiwiteit kan ook
as ‘n goeie maatstaaf gebruik word om
verskillende aspekte en praktyke met
mekaar op plaasvlak te vergelyk.
Daar is verskeie maniere om die effektiwiteit van produksiestel-
sels te meet. Effektiwiteit word ten beste gemeet in terme van die
mees beperkende faktore, soos water, voedingselemente, arbeid,
grond en kapitaal.
In die lig van klimaatsverandering, mag die vermindering van
kweekhuisgasse en vaslegging van koolstof per kilogram van ‘n
spesifieke uitset, vir voedselsekerheid en landbou, een van die
hoofdoelwitte en geleenthede wees. Stygende insetkoste noodsaak
produsente om die effektiwiteit in die gebruik van insette, soos
kunsmis, te meet.
Unieke Suid-Afrikaanse konteks
Suid-Afrika is oor die algemeen ‘n waterskaars land met ‘n gemid-
delde langtermynreënval van tussen 450 mm en 500 mm per jaar.
Die globale gemiddelde reënval is ongeveer 850 mm tot 900 mm
per jaar. Dit plaas die klem op die belangrikheid van effektiewe
waterverbruik om die langtermynvolhoubaarheid daarvan te ver-
seker. Water speel ‘n kritieke rol in die land se voedselsekerheid.
In Suid-Afrika waar grane soos mielies en koring die hoofstapelvoed-
sel vir ‘n baie groot deel van die plaaslike bevolking is, is die
volhoubare verbouing van hierdie gewasse ook krities. Hier word die
oorgrote meerderheid van graangewasse onder droëlandtoestande
verbou en is die produsente meestal afhanklik van reën vir die
suksesvolle verbouing daarvan.
In hierdie konteks sal water heelwat meer effektief in graan-
produksiestelsels aangewend moet word. Oor die algemeen aanvaar
mense dat droogtes heers as gevolg van lae reënval, maar data
wys dat swak grond- en waterbestuurspraktyke eintlik die oorsaak
van “droogte” in Suider-Afrika is.
Grafiek 1
toon die verdeling van die aantal hektare mielies tus-
sen droëland en besproeiing. Dit is duidelik dat ongeveer 90% van
die mielie-oppervlakte wat aangeplant word droëland is, terwyl
die res onder besproeiing geproduseer word. Dit is daarom van
uiterste belang dat produsente praktyke toepas wat die effektief-
ste gebruik maak van reënwater vir ‘n verskeidenheid van gewasse.
Hoekom moet effektiwiteit gemeet word?
Die bepaling van die effektiwiteit van die waterverbruik is nood-
saaklik vir besproeiings- sowel as vir droëlandprodusente. Be-
sproeiingsprodusente het verskeie faktore wat oorweeg moet word
wanneer daar gewasbeplanning gedoen word.
Elektrisiteit maak ‘n groot deel van die besproeiingsprodusent se
kostes uit en daarom is dit vir dié produsent noodsaaklik om op ‘n
jaar-tot-jaar-basis vas te stel wat sy waterverbruiksdoeltreffend-
heid is en of daar ‘n stygende tendens hierin gesien kan word.
Beter effektiwiteit van die waterverbruik kan faktore soos pomp-
en waterkostes verminder – wat uit ‘n finansiële oogpunt vir die
produsent voordelig sal wees.
Hoe word waterverbruiksdoeltreffendheid
verbeter?
Die basiese beginsel vir die effektiewe gebruik van reënvalwater
vir plantproduksie lê in die optimalisering van elkeen van die
grondwaterbalanskomponente. Dit impliseer die maksimalisering
van die produktiwiteit van die grond-plant-atmosfeerstelsel per
eenheid reënval.
Die grondwaterbalanskomponente is die volgende:
Wateropname deur die plantwortels, oftewel waterverlies deur
transpirasie;
waterafloop/oploop op die grondoppervlak;
diep dreinering uit die grondprofiel, of opwaarts in die
wortelsone; en
OP PLAASVLAK
Volhoubaarheid / Waterverbruiksdoeltreffendheid / Meet
Bestuurspraktyke
LUAN VAN DER WALT,
landbou-ekonoom, Graan SA en
DR HENDRIK SMITH,
bewaringslandboufasiliteerder, Graan SA
Bron: NOK en Graan SA
*Voorlopig
Grafiek 1: Verdeling van mielie-oppervlakte aangeplant tussen droëland en besproeiing.