Background Image
Previous Page  74 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 74 / 112 Next Page
Page Background

Produk-inligting

FOKUS

Sojabone

Mini

Wenners

vir die mark

S

ensako is terug! Dié bekende

handelsmerk is terug in die somer-

gewasmark met SNK wit- en

geelmielies (konvensioneel), SSL-

lusern-, SSG-voergars-, SSR-rog-, SSH-

hawer- vir weiding, baal en graan en

SSS-sojaboon-kultivars.

Ons is trots daarop om ‘n eg Suid-Afri-

kaanse maatskappy te wees en ontwikkel

kompeterende saadprodukte vir die plaas-

like mark met die oog daarop om produsen-

te winsgewend en in bedryf te hou.

Die maatskappy is bevoorreg om via die

teelprogram van Estación Experimental

Agroindustrial Obispo Colombres (EEAOC)

in die Tucumanprovinsie van Argentinië

toegang te verkry tot kiemplasma en

sojaboonkultivars vir die plaaslike mark.

Sensako het sojaboonkultivars (onbepaalde

groeiers met RR-weerstand) uit die pro-

gram vrygestel, wat wissel in agronomiese

eienskappe, volwassenheidsgroeperings en

aanpassing by verskillende omgewings.

Onafhanklike resultate van die kommersiële

strookproewe in samewerking met GWK,

Inteligro en verskeie studiegroepe en

boereverenigings het die uitstekende op-

brengsprestasie, aanpassing, stabiliteit en

stremmingsweerstand van die wenner-

kultivars bevestig.

Die SSS-kultivars is die volgende:

SSS 6560(tuc)

Uitstekende opbrengspotensiaal. Lang-

groeier, bosagtige kultivar met uitstekende

opbrengspotensiaal en aangepas vir die

warmer besproeiingsgebiede en die ge-

matigde en koeler gebiede, asook droëland.

SSS 5052(tuc)

‘n Stabiele en aangepaste hoë opbrengs-

potensiaalkultivar vir droëland en besproei-

ing. ‘n Bosagtige, maar regop kultivar met

goeie omvalweerstand en goeie weerstand

teen oopspring.

SSS 5449(tuc)

Oostelike Hoëveld-wenner, aangepas by

hoëopbrengspotensiaal in die koeler droë-

land en besproeiingsomgewings. Semi-bos-

agtige kultivar met onbepaalde groeiwyse,

uitstekende peulhoogte en omvalweer-

stand, asook goeie weerstand teen oop-

spring.

Ons noem dit die “Sensako-effek” – vorde-

ring deur navorsing.

Saad van die kultivars is kommersieel

beskikbaar vir aanplanting in die komende

seisoen. Kontak Sensako vir verdere

inligting oor die kultivareienskappe en

opbrengsresultate of besoek ons webtuiste

of

Facebook

-bladsy.

Sensako se saad word deur Senseed

bemark.

DR WILLEM OTTO,

Bemarking, Sensako