Background Image
Previous Page  71 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 71 / 116 Next Page
Page Background

69

August 2016

Sojabone se waterbehoefte is die hoogste vanaf blom tot en met

die saadvulstadium. Die mid- tot laat reproduktiewe stadium is

dus baie sensitief vir enige vogstremming. Dit is dus uiters belang-

rik om die korrekte kultivarkeuse, ten opsigte van die volwassen-

heidsgroepering, te maak na gelang van die verwagte reënvalpatroon

van die gebied waarin die aanplanting gedoen word.

Die gewasfaktor dui die waterbehoefte van die gewas op die ver-

skillende groeistadiums aan. Waterstremming by sojabone wys

wanneer die jongste terminale blaar en later alle blare, na bo draai.

Groeiperiode

Die groeiperiode van ‘n sojaboonkultivar word deur die volwassen-

heidsgroepering aangedui. Kultivars met ‘n hoë volwassenheids-

groepering met byvoorbeeld ‘n 6,5 sal meer water benodig oor sy

totale groeiperiode as ‘n kultivar met ‘n volwassenheidsgroepering

van byvoorbeeld 4.

Alhoewel kultivars met ‘n hoër volwassenheidsgroepering meer

water vereis, het dit ook die potensiaal om ‘n hoër opbrengs onder

optimale toestande te lewer.

Plantpopulasie

Hoër plantpopulasies vereis meer vog en daarom word laer plant-

populasies vir droëlandtoestande aanbeveel as vir besproeiing

asook vir hoër reënvalgebiede. Sojabone beskik oor die vermoë om

in die geval van lae plantpopulasies te kompenseer deur sy groei en

ontwikkeling aan te pas deur meer sytakke en peule te produseer.

Deklaag en minimumbewerking

Minimumbewerkingspraktyke asook ‘n goeie deklaag verminder die

verdamping van vog vanaf die grondoppervlakte en verhoog ook

infiltrasie van reënwater.

Aspekte van belang

‘n Gesonde wortelstelsel wat water optimaal kan benut moet ver-

seker word deur verdigtingslae op te hef en optimale voedingstof-

status in die grond te verseker. Sojaboonwortels is egter in staat om

water tot 1,8 m diep te kan benut. Waak dus teen oorbesproeiing

omdat dreineringverlies kan plaasvind, veral vroeg in die groei-

seisoen as die tempo van waterverbruik nog laag is. Langdurige

versuiptoestande kan afsterwing van wortels laat plaasvind wat ook

opbrengsverliese veroorsaak en siektetoestande bevorder.

Veral na die blomstadium sal hergroei van die wortels gewoonlik nie

meer plaasvind nie wat opbrengs ernstig kan strem. Plantwortels het

ook suurstof nodig wat nie moontlik is as grond oorbesproei of ver-

suip nie. Die simbiotiese binding van stikstof word deur water-

stremming negatief beïnvloed. Vroegtydige onkruidbeheer verseker

hoër produksie en laer vogverliese as gevolg van waterverbruik deur

onkruide. Sojaboonsaailinge is veral kwesbaar vier tot sewe weke na

aanplanting.

Kennis van die waterbehoefte van sojabone stel dus bestuursrig-

lyne vir produsente daar om ‘n ingeligte kultivarkeuse te maak

wat die waterbehoefte van sojabone in ag neem in

vergelyking met die langtermyn verwagte totale

reënval en verspreiding in die gebied.

Literatuurverwysings

Agriculture Victoria, 2015. Growing soybean.

http://agriculture.vic.gov.au

.

FAO, 2015. Crop water information – soybean. FAO Water –

http://www.fao.org/nr/

water/cropinfo_soybean.html.

Liebenberg, A. 2012.

Sojaboonproduksiehandleiding

. LNR-Instituut vir Graange-

wasse, Privaatsak x1251, Potchefstroom.

Monsanto, 2016. Soybean water use and irrigation timing.

http://www.aganytime

.

com.

% KLEI

BESKRYWING

VELDKAPASITEIT

MM PER M

VERWELKPUNT

MM PER M

PLANTBESKIKBARE

WATER MM PER M

0 - 6

Leemsand

165

85

80

6 - 15

Sandleem

190

86

104

15 - 35

Sandkleileem

245

135

110

35 - 55 Sandklei

318

200

118

>55

Klei

373

247

126

TABEL 1: DIE STOORVERMOË EN PLANTBESKIKBARE WATER VIR VERSKILLENDE GRONDE.

Grafiek 1: Tipiese groei en waterverbruikspatroon van sojabone.

1: Die waterbehoefte is die hoogste vanaf

blom tot saadvul.

2: ‘n Goeie deklaag verminder verdam-

ping van vog.

3: Jong plante transpireer minder.

1

2

3