Background Image
Previous Page  66 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 66 / 116 Next Page
Page Background

Oliesademarkvooruitsigte

o

liesade, soos sonneblom en sojabone, wat die twee ver-

naamste oliesade is wat plaaslik verbou word, het aller-

weë bekend gestaan as alternatiewe gewasse vir mielies

in Suid-Afrika.

Gedurende tye wanneer die seisoen effe laat is en die

planttyd vir mielies min en riskant begin raak, neig produsente om

oor te skakel na oliesade – veral sonneblom. Die korter groeiseisoen

vir oliesade, sowel as die laer insetkoste, maak dit in baie gevalle

vir produsente aanloklik om eerder oor te skakel na oliesade tydens

tye wanneer die produksie van mielies ‘n uitdaging is.

Dit het egter begin verander en die produksie van oliesade het oor

die afgelope paar jaar veral onder wisselboustelsels toegeneem.

Oliesade, en veral sojabone, word nie meer net as alternatief vir

mielies gesien nie, maar die produksie sowel as die vraag na soja-

bone het begin toeneem. Sojaboonverbouing raak al hoe belangriker

in Suid-Afrika.

Internasionale marktoestande

Die plaaslike mark word tot ‘n groot mate steeds deur die interna-

sionale mark beïnvloed en dit is belangrik om die internasionale

oorsig oor die mark in gedagte te hou. Daar is egter heelwat on-

sekerheid in die internasionale sojaboonmarkte. In die VSA lyk die

oes belowend en die vooruitsig is dat die VSA ‘n groot oes in die

2016/2017-seisoen gaan hê, wat relatief naby aan die rekordoes-

vlakke van die vorige twee jaar behoort te wees.

Vooruitsigte is egter baie afhanklik van die weersomstandighede

gedurende Augustus. Alhoewel die pryse baie volatiel was en teen

redelike hoë vlakke verhandel het, het die Amerikaanse pryse effe

gedaal met die huidige vooruitsigte van goeie opbrengste in die

VSA. Die globale sojaboonproduksie word steeds op rekordvlakke

vir die 2016/2017-seisoen geskat met ‘n 3% toename in die jaar op

jaar-vlakke. Die sojabooninvoere is onveranderd gelaat, terwyl die

uitvoere aansienlik gedaal het as gevolg van die laer uitvoerbare

voorraadvlakke in Brasilië – asook die Oekraïne – wat die groter

Amerikaanse uitvoere uitgekanselleer het.

Die globale voorraadvlakke is noemenswaardig laer met die

vooruitsigte van laer oeste vir Brasilië, Uruguay en China vir die

2015/2016-bemarkingsjaar. Gegewe die kleiner uitvoersyfers so-

wel as die swakker produksie in Suid-Amerika, asook die hoër VSA

persgetalle en uitvoere, is die vooruitsigte dat die VSA, Brasilië en

China die nuwe bemarkingseisoen met laer as verwagte voorraad-

vlakke gaan ingaan.

Internasionale verhandelingsvooruitsigte vir sojabone in die

2016/2017-bemarkingseisoen lyk soos volg:

Die VSA-uitvoere sal na verwagting styg met ongeveer

409 000 ton tot 51,7 miljoen ton, wat ‘n sterk globale vraag

reflekteer.

Brasilië se uitvoere sal na verwagting daal met ongeveer

500 000 ton na 59,7 miljoen ton as gevolg van die verwagte laer

2015/2016-voorraadvlakke.

Die Oekraïne se uitvoere sal na verwagting daal met ongeveer

500 000 ton tot 2,8 miljoen ton as gevolg van verwagte laer

voorraadvlakke aan die einde van die 2015/2016-bemarking-

seisoen.

Die verwagting is dat die wêreldvraag na sojabone rekordvlakke

kan bereik in die 2016/2017-seisoen met vrese wat ontstaan in

die mark dat daar logistieke probleme by die VSA se uitvoerders

kan ontstaan en daar moontlike bottelnekke met die uitvoere kan

ontstaan. Die vooruitsigte is dat daar ook ‘n groot wêreldvraag

na Amerikaanse grane behoort te wees. Die internasionale pryse

kan dus hierdeur ondersteun word en ‘n moontlike sywaartse tot

bulmark kan op internasionale sojaboonpryse verwag word.

Plaaslike markvooruitsigte

Volgens die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) behoort

die binnelandse sojaboonverbruik in 2024 toe te neem tot en met ‘n

2,2 miljoen ton per jaar. Dit is ‘n styging van nagenoeg 120% vanaf

die huidige (2015) gemiddelde verbruik van 1 miljoen ton per jaar. Dit

dui egter op ‘n groeiende mark wat die noodsaaklikheid van die groei

in produksie en produksietegnologieë beklemtoon om sodoende te

voldoen aan die groeiende vraag na sojabone.

Grafiek 1

toon die

totale oppervlakte geplant teenoor die produksie van sojabone vanaf

2000/2001 tot en met 2015/2016.

Uit Grafiek 1 is dit duidelik dat daar ‘n stygende tendens in die

oppervlakte geplant, sowel as die produksie van sojabone oor hier-

die tydperk is. Die skerp daling in die oppervlakte aangeplant en die

produksie in die 2015/2016-seisoen kan toegeskryf word aan die

knellende droogte wat gedurende hierdie produksieseisoen oor die

grootste gedeelte van Suid-Afrika geheers het.

Aanplantings en produksie van alle gewasse in Suid-Afrika is in hier-

die produksieseisoen negatief deur die droogte beïnvloed.

Tabel 1

toon die Suid-Afrikaanse sojaboon vraag en -aanbod. Die vergrootte

Suid-Afrikaanse sojaboonperskapasiteit bring mee dat die plaas-

like vraag na sojabone toeneem. Dit is duidelik uit die vraag en aan-

bod-syfers in Tabel 1 dat Suid-Afrika tot 300 000 ton sojabone in

die 2016/2017-seisoen sal moet invoer, wat beteken dat die Suid-

Afrikaanse invoere 140% meer sal wees as in die 2015/2016-seisoen.

Die groter hoeveelheid invoere sal veroorsaak dat die plaaslike soja-

boonpryse nader aan invoerpariteitspryse verhandel en dus behoort

die internasionale pryse tesame met die wisselkoers ‘n noemens-

waardige impak op die Suid-Afrikaanse pryse te hê.

Prysverhoudings

Met die markvooruitsigte is dit egter noodsaaklik dat produsente

hulle oorwegings goed moet doen wanneer daar besluite vir die

komende produksieseisoen geneem word. Prysverhoudings kan ‘n

DIRK STRYDOM,

bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA en

LUAN VAN DER WALT,

ekonoom: Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

– 11 Julie 2016

Augustus 2016

64

Sojabone

Mini

FOKUS